Return to search

Humor en prediking in ’n veranderende Suid-Afrikaanse konteks

Hierdie verhandeling is geplaas binne die studieveld van Praktiese teologie, spesifiek
homiletiek. Die studie geskied deur middel van ’n literatuurstudie om die
oorkoepelende vraag te bedink: Is die sinvolle/effektiewe gebruik van humor in
prediking moontlik?
Die studie is aan die hand van Osmer (2008) se vier vrae beantwoord: Wat is aan die
gang? (“What is going on?”) – ʼn Beskrywende empiriese ondersoek. Waarom is dit
aan die gang? (“Why is it going on?”) – ʼn Interpretasie van die redes waarom dit
plaasvind. Hoe behoort dit te wees? (“What ought to be going on?”) – ʼn Normatiewe
teologiese toetsing van die verskynsel. Hoe kan ons reageer? (“How might we
respond?”) – Hoe die gemeente kan optree om die probleem aan te spreek?
In die homiletiekveld is daar ’n vlaag van handleidings en publikasies oor die kuns van
prediking. Daar is egter ’n groot leemte in die oorgrote meerderheid resente
handleidings. Selde word die tema van humor aangespreek in homiletiekhandboeke.
As die tema aangespreek word, bestaan dit dikwels net uit aanhalings, outeurs se kort
menings oor humor of staaltjies. Dit is duidelik dat daar ’n navorsingsgaping is vir die
studie van humor in prediking.
’n Kort blik op die fenomeen humor, maak dit duidelik dat die betekenis van humor nie so voor die hand liggende onderwerp is nie. Daar word ’n hoofstuk opgedra aan die
vraag: wat is humor? Dit bied ’n oorsig oor die enorme veld van humor met verskeie
uitgangspunte.
’n Studie van humor in die Bybel is ook aangepak. Die hoof vraag wat uit hierdie
hoofstuk gekom het, is: is daar humor in die Bybel en is dit van toepassing in
prediking? Die oorgrote meerderheid teoloë en Bybelkundiges bevestig die voorkoms
van humor in beide die Ou en die Nuwe Testament, alhoewel daar ’n uiteenlopende
hoeveelheid meningsverskille is oor wat as humor gesien kan word. Uiteindelik word
daar tot die gevolgtrekking gekom dat die Bybel oor die algemeen nie op sigself humor
bevestig nie, maar dit wys ook nie humor af nie. Die woord ‘humor’ kom byvoorbeeld
nie in die Bybel voor nie. Humor in die Bybel is duidelik nie in alle gevalle baie voor
die hand liggend nie en somtyds is dit ook nie noodwendig baie snaaks nie. Daar is
egter verskeie elemente van Bybelse humor wat van groot belang is vir humoristiese
prediking.
In ’n laaste hoofstuk spesifiek oor humor in homiletiek is daar oorkoepelend ’n paar
vrae gevra: Moet/mag ‘n preek snaaks wees? Behoort ’n preek lag aan te moedig?
Hierdie vrae word beantwoord deur die voorafgaande hoofstukke se insigte. Dit het duidelik geword dat navorsing oor humor geen grap is nie. Nie alle humor soorte is
toepaslik vir die gebruik in prediking nie en daar is talle slaggate waarin ’n prediker
kan trap met die poging om humor te gebruik in prediking. Daar is egter verskeie ander
‘veiliger’ humor soorte wat die prediker tot sy of haar beskikking het om te gebruik. / Dissertation (MTh)--University of Pretoria, 2017. / Practical Theology / MTh / Unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/66360
Date January 2017
CreatorsBodenstein, Gerbrand
ContributorsWepener, Cas, 1972-, gerrie.bodenstein@gmail.com
PublisherUniversity of Pretoria
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 2018 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0027 seconds