Return to search

‘n Evaluering van onderwysmetodes in musiekteoretiese vakke en gehoorontwikkeling

Magister Artium - MA / Praktiese ondervinding van die onderrig van Musiek op skoolvlak het getoon dat Musiekteoretiese vakke en Gehoorontwikkeling nie voldoende gestrukrureerd en gebaseer op wetenskaplik gefundeerde onderrigmetodes aangebied word nie. 'n Gebrek aan integrasie tussen Gehoorontwikkeling en die Musiekteoretiese vakke word vermoed. Innerlike gehoor is noodsaaklik is vir die musikus, maar bly grootliks onderontwikkel Hierdie studie konsentreer op die integrasie wat nodig is tussen die Musiekteoretiese vakke en Gehoorontwikkeling, en toets empiries die mening van musiekstudente by wyse van 'n vraelys en dié van musiekdosente by wyse onderhoude. Die ondersoek spreek die algemene metodes aan waardeur die betrokke vakke onderrig word, asook die probleme wat daarmee gepaard gaan. Die musiekstudent se mening omtrent sy tersiêre musiekopleiding word gevra. Daar is bevind dat die twee dissiplines nie doelmatig geïntegreerd aangebied
word nie en voorstelle om die situasie te verbeter, word gemaak ..

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/8596
Date January 1991
CreatorsLochner, Maria Magdalena
ContributorsVan der Merwe, E.
PublisherUniversity of the Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
RightsUniversity of the Western Cape

Page generated in 0.0029 seconds