• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Troos in Deutero-Jesaja - Ondersoek na die voorkoms van die werkwoord נחם

Odendaal, A.G. (Andre Gerhard) January 2014 (has links)
Jesaja 40:1 begin met die werkwoord נחם wat ‘troos’ beteken. Die studie was gedoen omdat daar min literatuur oor die werkwoord נחם beskikbaar is. Die woordeboeke gee ‘n samevatting oor die werkwoord en die betekenis teen die Semitiese agtergrond. Die doel van die studie was om aan te toon dat נחם ‘n verdere tema van Deutero-Jesaja is. Die temas wat gewoonlik in Deutero-Jesaja aanvaar word, is verlossing en skepping. Hoofstuk 1 gee ‘n uiteensetting van die doel en metode waarvolgens dit uitgevoer gaan word. Hoofstuk 2 gee ‘n oorsig van die navorsing en die outeurskap van Jesaja en Deutero-Jesaja. Dit blyk dat die tendens verskuif het vanaf die standpunt om Jesaja te hanteer as ’n boek met verskillende outeurs, naamlik Proto-Jesaja, Deutero-Jesaja en Trito-Jesaja, na die standpunt om Jesaja as een boek te behandel. Daar word steeds werke gepubliseer onder albei die temas, naamlik waar Jesaja as boek hanteer word en onder temas uit Deutero-Jesaja. Die meeste werke wat gebruik is, verwys net na die werkwoord נחם en verkies om dan die verhouding tussen JHWH en die volk, die verlossing of skepping te bespreek, in Deutero-Jesaja. Die werkwoord נחם word gewoonlik onder ‘n ander tema as ‘n onderdeel bespreek. Hoofstuk 3 het die beskikbare inligting omtrent die werkwoord נחם in die teologie van die Ou Testament, artikels en kommentare in die algemeen en in Deutero-Jesaja nagegaan. Die werkwoord נחם word nie as ‘n enkele tema bespreek nie. In hoofstuk 4 is ‘n ondersoek gedoen na die tekste waar die werkwoord נחם in Deutero-Jesaja voorkom sowel as die boek Jesaja. Dit is gedoen omdat die tendens bestaan om Jesaja as een werk te beskou. Daar is ‘n verskeidenheid kommentare geraadpleeg, om die tendens waar te neem, oor die bespreking rondom die werkwoord נחם en daar is bevind dat die meeste eksegete vinnig oor ‘troos’ na ‘n volgende onderwerp beweeg. Hoofstuk 5 toon aan hoe JHWH die ‘troos’ waarborg. Die werkwoord ברא ‘skep’ en die werkwoord en selfstandige naamwoord גאל ‘verlos’ en ‘verlosser’ is ondersoek in tekste saam met die werkwoord נחם om te sien hoe hulle ‘troos’ in Deutero-Jesaja ondersteun. Hoofstuk 6 hanteer die werkwoorde ידע ‘ken’ of ‘weet’ en רחם ‘ontferm’ en hulle ondersteuning aan נחם in Deutero-Jesaja. Hoofstuk 7 is die samevatting waar daar aangetoon word dat die doel en metode in hierdie tesis toegepas is. Die gevolgtrekking wat bereik is, is dat ‘troos’ ‘n tema in Deutero-Jesaja is, saam met die temas van verlossing en skepping. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2014. / gm2014 / Old Testament Studies / unrestricted

Page generated in 0.024 seconds