• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die bydrae van dr J D [Koot] Vorster tot die kerkregtelike ontwikkeling van die Ned Geref Kerk - met besondere verwysing na die kerkverband en sy aandeel in die totstandkoming van die Algemene Sinode in 1962 (Afrikaans)

Louw, Reinier Willem 25 September 2009 (has links)
AFRIKAANS: As oudste kerk in Suid-Afrika is die Ned Geref Kerk in haar moeisame pad van kerkregtelike ontwikkeling andermaal gestrem toe ´n hofuitspraak tydens die Sinode van 1862 aanleiding gegee het tot die totstandkoming van afsonderlike sinodes. Hierdie ongelukkige gebeurtenis het lidmate diep teleurgestel maar terselfdertyd aangespoor om nie te rus voordat die breuk weer herstel is nie. Met die oog hierop is die Raad van Kerke gestig en sou hierdie raad op sy talle vergaderings onvermoeid ywer om die kerk weer te verenig. Intussen het ´n jong boorling van die geharde Stormberge in die Oos-Kaap, Jacobus Daniël Vorster, in 1935 predikant geword in die Ned Geref Kerk Tafelberg. Hy was lief vir die vak kerkreg en het ook daarin ´n M Div verwerf met die titel: “Kerk en Kerkregering van die Voortrekkers” terwyl sy Th D-proefskrif gehandel het oor: “Die Kerkregtelike Ontwikkeling van die Kaapse Kerk onder die Kompanjie 1652 tot 1795" As jong predikant moes Koot Vorster talle operasies ondergaan en daar is dikwels gevrees vir sy lewe, maar hy was bestem vir groter dinge want as Gereformeerde kerkregkundige sou hy algaande in statuur groei tot een van die grootste en kleurrykste kerkleiers wat die kerkverband nog opgelewer het. Hy dien vir dekades as skriba van die Ring van Kaapstad en as aktuarius van die Kaapse Kerk, maar waarvoor hy altyd onthou sal word is sy bydrae tot die totstandkoming van die Algemene Sinode in 1962. Na die Algemene Sinode het Vorster sy diepe insig in die Gereformeerde Kerkreg verder geopenbaar in die talle publikasies, artikels, adviese en optredes in sinodale vergaderings. Hy was meester van sy vak. Hy het telkens sy vermoë om duidelik te onderskei tussen die beginsels van die verskillende Kerkregstelsels getoon deur die Kerk en vergaderings terug te lei na die Gereformeerde kerkregtelike beginsels. So het hy ´n groot bydrae gelewer om die Ned Geref Kerk op die Gereformeerde spoor te hou of soms selfs te bring. Met sy agtergrond, sy akademiese onderlegdheid, sy deeglikheid en sterk standpuntinname rondom belangrike kerkregtelike sake was hy die regte persoon om die kerk kerkregtelik te begelei om die lang gekoesterde ideaal van kerkhereniging te bereik. In die Raad van Kerke en in Sinodes het hy die saak op ´n wyse gestel wat vertroue by afgevaardigdes en die gewone lidmate ingeboesem het. Hy het hom daarvoor beywer dat die Ordonnansie no 7 van 1843 geskrap word en dat ´n Kerkorde vir die verenigde kerk op die voetspoor van die Kerkorde van Dordrecht opgestel word. Daarom was dr Vorster dan ook die aangewese kerkregkundige om vir die Kerk, weliswaar gegrond op die Dordtse Kerkorde van 1618-1619, in 1962 ´n Gereformeerde Kerkorde voor te berei. In die finale voorbereiding van ´n Kerkorde vir die eerste Algemene Sinode is hy aangewys as voorsitter van die kommissie van Aktuarii wat die taak moes verrig. In hierdie belangrike voorbereidingswerk het hy, volgens die ander lede van die kommissie, die meeste van die werk vir eie rekening geneem. Hy is ook gevra om die voorgestelde Kerkorde by die onderskeie Sinodes voor te dra in afwagting vir vrae en kommentaar. Op die wyse het hy die voorreg gehad om binne ´n jaar of twee al die Sinodes by te woon. Die voorgestelde Kerkorde was so deeglik voorberei dat dit met min wysigings aanvaar is. Met hierdie Kerkorde het hy veral ´n groot bydrae gelewer om die Kerk te suiwer van die stille insypeling van Kollegialistiese denke, begrippe en taalgebruik, wat via die “Algemeen Reglement” van 1816 die Kaapse Kerk se Kerkwet ingedring het en later ook weerklank gevind het in die Kerkwette van die noordelike Ned Geref Kerke. Dit was ´n moeilike taak, aangesien veel Kollegialisties na jare vir selfs teoloë in die Ned Geref Kerk Gereformeerd voorgekom het, ten spyte van pogings om dit uit die Kerkwette te suiwer. Die Kerkorde van 1962, wat al die Kerkwette vervang het, was, as die breinwerk van dr Vorster, die finale sif. Met die totstandkoming van die Algemene Sinode van die Ned Geref Kerk in 1962 is die honderdjaar-oue droom van die kerkverband bewaarheid. Dr Koot Vorster het nie alleen die Sinode se nuwe naam gegee nie, maar ook die Algemene Sinode se eerste Aktuarius geword. Dit het hy vir baie jare gebly totdat hy binne die kerkverband tot Moderator van die Algemene Sinode verkies is. Dr Koot Vorster was índerdaad ´n merkwaardige kerkleier wie se groot bydrae tot die Ned Geref Kerk se kerkregtelike ontwikkeling verdere navorsing en optekening verdien. ENGLISH: The development of the Church Order of the Dutch Reformed Church was obstructed by a court order during its 1862 Synod which provocated the formation of seperate synods. Church members were prompted to restore church unity and therefore the Council of Churches was established. Dr Jacobus Daniel Vorster, as minister of the Dutch Reformed Church, Tafelberg in Cape Town, loved the subject on Church Law and obtained a MDiv degree with the title: Church and church rule of the Voortrekkers while the title of his Th D reads: The canonical development of the Cape Church under the VOC from 1653 to 1795. Allthough the young Koot Vorster was very ill, he was destined for greater things. He became one of the greatest and most distinguished leaders of the D R C denomination. For decades he ministered as secretary of the Circuit of Cape Town and as Actuary of the Cape Synod but he will always be remembered for his contribution to the establishing of the 1962 General Synod. He was a master in his field. He had the ability to distinguish between the principles of the different church law systems and to take them back to the Reformed canonical principles. Vorster led the church in church law to reach the longstanding ideal of church unity. He did his best to remove the Ordonance nr 7 of 1843 from the lawbook and to bring about a Church Order based on the Order of Dordt of 1618- 1619. Vorster was chosen as Chairman of the Commission of Actuaries during the final preparation of the Order for the first General Synod. He was also asked to submit the proposed Order at the various Synods and it was accepted with very little change. vii With this Order, he made a large contribution towards purification of the quiet infiltration of Collegialistic thinking, expressions and use of language which entered the church law of the Cape Church through the “General Reglement” of 1816 and also affected the church law of the Northern churches. The Church Order of 1962 was to supersede all previous orders and is in its final form the brainchild of dr Vorster. With the establishing of the 1962 General Synod, a hundred year old dream of the church denomination, became a reality. Dr Koot Vorster became the first actuary of the General Synod and filled this post for many years until he was elected as Moderator of the General Synod. Dr Vorster was a remarkable church leader whose contribution to the D R C’s canonical development deserve further research and recording. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2009. / Church History and Church Policy / unrestricted

Page generated in 0.2803 seconds