• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die taak van die AGS-Kerk ten opsigte van die moreel-etiese toerusting van middel-adolessente - met spesiale verwysing na die invloed van musiek / Daniël Jan du Plessis

Du Plessis, Daniël Jan January 2015 (has links)
Die moreel-etiese ontwikkeling van middel-adolessente in die een en twintigste eeu word deur talle faktore beïnvloed. In hierdie studie val die klem spesifiek op die invloed wat sommige tipes musiek in die middel-adolessent se lewe uitoefen. Veral gedurende adolessensie wat as ‘n tyd van onsekerheid gekenmerk word, kan die invloed van sommige musiek ‘n negatiewe uitwerking op hulle lewe uitoefen. Middel-adolessente moet gedurende hierdie lewensfase die versekering hê dat hulle hulself na hulle ouers en kerkleiers kan wend, ten einde leiding te ontvang en toegerus te word om enige negatiewe boodskappe wat in sommige musiek voorkom, te identifiseer en pro-aktief daarmee te handel. Hierdie studie is onderneem vanuit die Pinkstertradisie en spesifiek die AGS-Kerk, met die doel om die kerk se moontlike rol in die moreel-etiese toerusting van middel-adolessente te bespreek. In hierdie navorsing is beide kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes gebruik wat getoon het dat musiek ‘n negatiewe invloed op die ontwikkeling van middel-adolessente se lewe kan uitoefen. Daar is gevind dat musiek middel-adolessente onder meer kan aanmoedig om alkohol en dwelmmiddels te misbruik, seksueel losbandig te wees, gewelddadig en rebels op te tree, by homoseksuele praktyke betrokke te raak, eiesinnig te wees en leuens te vertel. Middel-adolessente benodig hulp en volgens die Bybel het ouers en kerkleiers die verantwoordelikheid om kinders moreel-eties toe te rus. In hierdie studie is die grammaties-historiese metode van eksegese ingespan om vanuit die Efésiërsbrief riglyne neer te lê wat AGS pastore/jeugpastore kan gebruik om middel-adolessente moreel-eties toe te rus. / MA (Pastoral studies), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.0232 seconds