• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

White maize futures contracts in South Africa / Louisa Jacoba Krugel

Krugel, Louisa Jacoba January 2003 (has links)
Produsente van landboukommoditeite, veral in ontwikkelende lande, word blootgestel aan prysrisiko's. Markte vir landboukommoditeite in Suid-Afrika, soos in die res van die wêreld, is die afgelope aantal jare gekenmerk deur prosesse van deregulering. Die bemarkingsrade wat aanvanklik verantwoordelik was vir die bemarking van landbouprodukte, het ontbind en produsente van landbouprodukte moes nuwe metodes vind om hulle produkte te bemark. Een van die metodes wat gebruik word, is termynkontrakte. Witmielies en geelmielies is die twee landboukommoditeite wat in die grootste hoeveelhede geproduseer word in Suid-Afrika. Witmielies en geelmielies word as twee afsonderlike kommoditeite verhandel op die termynbeurs. Witmielies word hoofsaaklik aangewend vir menslike verbruik en geelmielies vir dierevoer. Hierdie studie fokus hoofsaaklik op witmielies. Die prys van mielies word beïnvloed deur veranderinge in die vraag daarna en aanbod daarvan. Faktore wat die vraag en aanbod van mielies beïnvloed is, onder andere, oesskattings, reënval, die wisselkoers en die pryse van mielies op die buitelandse mark, veral die markte in die VSA. In Suid-Afrika vorm die invoerpariteit en uitvoerpariteit 'n band waarbinne die prys van mielies varieer. Die doel van hierdie studie is om 'n regressievergelyking te konstrueer ten einde prys van die witmielietermynkontrakte te verklaar. Die regressie-analise word deur middel van 'n foutherstellende model met outoregressiewe foutterme behartig. Die regressie-analise slaag daarin om die prys van witmielietermynkontrakte te verklaar. / Thesis (M.Com. (Economics))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2004.
2

Page generated in 0.3659 seconds