• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 3
  • 1
  • Tagged with
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Development of gene-linked molecular markers in South African abalone (Haliotis midae) using an in silico mining approach

Rhode, Clint 03 1900 (has links)
Thesis (MSc (Genetics))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: The South African abalone, Haliotis midae, is the only endemic species of commercial value. Aquaculture remains the only avenue for expanding the industry, since the closure of the fishery. The current focus is on implementing a molecular breeding programme; thus the development of molecular markers for linkage mapping and QTL analysis is a priority. Various markers, mainly anonymous, have been developed for H. midae; however emphasis is being placed on the development of gene-linked type I molecular markers. The present study investigates and demonstrates the use of public sequence collections to develop type I markers for a species with limited genomic resources, via three strategies: Surveying anonymous H. midae microsatellite markers’ flanking regions to find homology to gene sequences in public databases, cross-species marker transfer of anonymous markers from H. rubra and H. discus hannai demonstrating putative gene associations and lastly EST marker mining (SNP and microsatellites) from various Haliotids and testing transfer to the target species. Approximately 17% of H. midae anonymous markers showed significant similarity to genes. The current study also reports higher cross-species transferability from both H. rubra and H. discus hannai to H. midae (39% and 20.5%, respectively) than previously demonstrated and 15 EST-microsatellites and 16 EST-SNPs were successfully mined. Furthermore, the non-random distribution of microsatellites and high nucleotide diversity in the H. midae genome was confirmed. This is a low cost and time effective method for marker development and presents a continuous and dynamic resource that could be used for future marker development and characterisation as sequence information in public databases grow exponentially. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse perlemoen, Haliotis midae, is die enigste van vyf inheemse spesies van kommersiële waarde. Na die noodgedwonge sluiting van die vissery, is akwakultuur die mees praktiese oplossing om die perlemoen industrie uit te brei. Die huidige fokus is gerig op die implementering van ‘n molekulêre teel-program en dus is die ontwikkeling van molekulêre merkers vir genetiese kartering en kwantitatiewe kenmerk lokus analise, van uiterste belang. Tipe II merkers is voorheen vir die perlemoen ontwikkel, maar huidige tendense lê klem op die ontwikkeling van geen-gekoppelde tipe I merkers. Die huidige studie ondersoek die gebruik van publieke databasisse vir die ontwikkeling van tipe I molekulêre merkers vir ‘n spesie met beperkte genomiese bronne. Drie strategieë is geïmplementeer: Eerstens is ‘n opname gemaak van die homologie van perlemoen tipe II merker-vleuelende volgordes met geen volgordes in databasisse. Verder is die oordraagbaarheid van tipe II merkers vanaf H. rubra en H. discus hannai wat assosiasie met gene toon ondersoek. Laastens is ‘n Uitgedrukte Volgorde Merk (UVM) (Expressed Sequence Tag, EST) merker-ontginnings metode vanaf verskeie Haliotis spesies en toetsing van oordraagbaarheid na die teiken spesie uitgevoer. Ongeveer 17% van die tipe II H. midae merkers het geniese assosiasie getoon. ‘n Hoër tussen-spesie oordraagbaarheid vanaf beide H. rubra en H. discus hannai na H. midae (39% en 20.5%, onderskeidelik) word gerapporteer in vergelyking met vorige studies en 15 UVM-mikrosatelliete en 16 UVM-enkel nukleotied polimorfismes (single nucleotide polimorphism, SNP) is ontwikkel. Verder bevestig die studie die nie-lukrake verspreiding van mikrosatelliete en hoë nukleotied diversiteit in die perlemoen genoom. Die gebruik van publieke databasise vir die ontwikkeling en karakterisering van tipe I molekulêre merkers is tyd- en koste-besparend en bied ‘n volgehoue en dinamiese bron vir toekomstige gebruik.
2

Critical assessment of the “internal reference” method to eliminate non-genetic effects within a Combined Family Selection program on the abalone species (Haliotis midae)

Difford, Gareth Frank 12 1900 (has links)
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study was to critically assess the implementation of the internal reference method within the most recent 173 full-sibling growth trial of the Innovation Fund Abalone Breeding Project. The trial was conducted over two locations for a period of five years, with minimal replication for the majority of test families and a single full-sibling family was entered into each experimental unit (basket) as an internal reference group. The primary focus was firstly, to validate the performance of the internal reference group as a control for comparisons and correction of environmental variation in test family performances. Secondly, to identify areas of weakness and either make recommendations to remedy areas of weakness or justify devoting resources to alternative methods of reducing extraneous environmental variance with limitations on replication. The efficiency and statistical power associated with utilising internal reference information as a covariate and for manual correction respectively were examined for the 6 full-sibling test families that were replicated. This study reports on the evaluation of factors which are potential sources of bias in the internal reference method, the first of which, tag loss, was found to be significant after 6- 12 months. However, it was not found to bias internal reference group performances as the factors which contribute to tag loss were found to act randomly. Variability in size ratio of internal reference to test family at co-stocking proved a significant source of bias, as reference groups smaller than their test family counterparts had reduced performances. Testing for genotype by environment interactions was precluded due to the inherent lack of replication and the subsequent confounding of genotype effects with inter-rearing structure effects at one of the locations. However, significant differences were detected for both traits of interest of the internal reference group over the two locations. Significant antagonistic interactions were detected and identified as a source of bias for average daily weight gain of replicate test families. The evaluation of average daily length gain for the efficiency of adjustment when the internal reference is a covariate and the change in statistical power when the internal reference is used for a manual correction, yielded conflicting results. The latter shows a decrease in statistical power and the former shows an increase in efficiency, both resulting in poor goodness of fit in the respective models. There was however evidence that when no antagonistic interactions occurred “between replicate variance” decreased and therefore the internal reference method has statistical merit provided all critical success factors are satisfied. Recommendations were made for future implementation of the internal reference method to facilitate adequate statistical testing for sources of bias and the prevention thereof. Additionally, an alternative method which may have merit in decreasing environmental variance and the need for replication, is discussed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie was om die gebruik van ʼn interne verwysingsgroep te ontleed, soos toegepas tydens die evaluering van 173 volsib families as deel van die Innovasiefonds Perlemoen Teelprogram. Die evaluering is gedoen op twee lokaliteite oor 'n tydperk van vyf jaar, met minimale replikasie van die toets families en die gebruik van ‘n enkele volsib familie as 'n interne verwysingsgroep in elke eksperimentele eenheid (mandjie). Die primêre fokus was eerstens om die gebruik van die interne verwysingsgroep vir die korreksie van omgewingsvariasie in die toets familie optredes te evalueer. Tweedens, om spesifieke gebreke te identifiseer ten opsigte van die gebruik van die interne verwysingsgroep en aanbevelings maak dit reg te stel en om die meriete van alternatiewe metodes te oorweeg. Die doeltreffendheid en statistiese onderskeidingsvermoë van die gebruik van interne verwysingsgroep as 'n kovariaat is ondersoek met betrekking tot die 6 volsib groepe wat oor voldoende replikasies beskik het. Die studie doen voorts verslag oor die evaluering van potensiële oorsake van sydigheid ten opsigte van die gebruik van die interne verwysingsgroep, insluitend die beduidende verlies van identifikasie vanaf 6 tot 12 maande. Geen aanduiding van sydigheid is egter gevind en die aanleidende oorsake van verlies van identifikasie blyk van ʼn ewekansige aard te wees. Verskille in die grootte tussen die interne verwysingsgroep en toets-families met aanvang van evaluering blyk 'n belangrike bron van sydigheid te wees, waar die kleiner groepering aan verminderde prestasie gekoppel word. Bepaling van genotipe-omgewing-interaksies kon nie uitgevoer word nie as gevolg van die inherente gebrek van replisering oor lokaliteite. Beduidende verskille is egter waargeneem tussen interne verwysingsgroepe oor die twee lokasies ten opsigte van die beide groei eienskappe. Beduidende antagonistiese interaksies is waargeneem en geïdentifiseer as 'n bron van sydigheid ten opsigte van die gemiddelde daaglikse gewigstoename van replikaat toetsfamilies. Die evaluering van gemiddelde daaglikse lengtetoename met die interne verwysingsgroep as is 'n kovariaat en die verandering in statistiese ontledingsvermoë tydens die gebruik van die interne verwysingsgroep het teenstrydige resultate opgelewer. Laasgenoemde toon 'n afname in statistiese ontledingsvermoë en die eersgenoemde toon 'n toename in doeltreffendheid, met beide swak passing op die onderskeie modelle. In die afwesigheid van antagonistiese interaksies tussen replikasies het variansie afgeneem en beskik die interne verwysingsgroep oor die nodige statistiese meriete indien daar aan al die kritiese vereistes voldoen word. Aanbevelings is gemaak ten opsigte van die toekomstige implementering van die interne verwysingsmetode met verwysing na voldoende statistiese toetsing vir bronne van sydigheid en die voorkoming daarvan. 'n Verdere metode wat oor die nodige meriete beskik om die omgewingsvariasie en die noodsaaklikheid vir replikasie te verminder, word bespreek.
3

Microsatellite markers as a tool in genetic enhancement and husbandry of Haliotis midae : a South African case study

Swart, Liana 03 1900 (has links)
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The decline of Haliotis midae (perlemoen) populations together with the ensuing collapse of commercial abalone fisheries in South Africa have shifted the responsibility to abalone farms to meet the demand for perlemoen. Attention has recently turned to the genetic enhancement of cultured abalone in order for the farms to remain competitive in the international aquaculture market. To develop a successful breeding programme it is imperative to draw on a good foundation of high levels of genetic diversity and to successfully maintain these levels in order to create an enhanced strain of cultured abalone. A Performance Recording Scheme (PRS) was established as the first breeding programme for Haliotis midae to utilise molecular tools. This programme was aimed at enhancing the growth rate of abalone in order to shorten the production times on farms. The current study made use of 12 species-specific microsatellite markers to assign parentage to a group of faster-growing PRS animals, as selected by the abalone farms, in order to select a diverse on-farm generation of broodstock. Additionally, the influence of standard selection practises on the genetic diversity of a population compared to genotypic selection was investigated. This data was also used to study the differentiation and levels of genetic diversities within and between cultured and wild populations. Selection based on genotypic traits successfully retained genetic diversity while some diversity was lost in phenotypically selected populations. These phenotypic populations differed significantly from each other and wild populations, while the genotypic populations were similar in genetic composition to each other and wild populations of the West coast. The broodstock populations used in the PRS spawning event were representative of the wild populations from where they were sourced, with no significant differentiation between the broodstock and West coast population. When these broodstock populations were compared to their corresponding offspring populations, only two populations displayed a significant loss in diversity; although all of the offspring populations showed significant differentiation with their corresponding broodstock populations. This was attributed to the differential contribution of broodstock and the effect of artificial selection. It was established that the cultured populations of the participating abalone farms should be used with caution in ranching and reseeding programmes. These populations differed significantly from both the East and West coast wild populations. This study concluded that it is possible to retain genetic diversity by selecting breeding animals based on genotypic traits. The loss of diversity in some cultured populations and significant differentiation from the wild populations indicate that animals are exposed to different selection pressures in the cultured environment. The results found in this study highlight the need for the effective management of hatchery practices and the genetic monitoring of the breeding animals. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die afname in Haliotis midae (perlemoen) populasies en die daaropvolgende ineenstorting van die kommersiële perlemoen bedryf in Suid-Afrika het die verantwoordelikheid om in die aanvraag na perlemoen te voorsien, na perlemoen plase verskuif. Die genetiese verbetering van verboude perlemoen geniet tans aandag in ‘n poging om kompeterend te bly in die internasionale mark. Dit is noodsaaklik vir die sukses van ‘n broeiprogram om gebruik te maak van ‘n goeie genetiese basis met hoë vlakke van genetiese diversiteit en die suksesvolle behoud van die vlakke om so ‘n verbeterde lyn te skep. ‘n Groeiprestasie aanteken stelsel [Performance Recording Scheme (PRS)] is gestig as die eerste broeiprogram vir Haliotis midae wat gebruik maak van molekulêre tegnieke. Die doel van hierdie program was om die groeitempo van verboude perlemoen te verbeter om produksie tye te verkort. Die huidige studie het gebruik gemaak van 12 spesie-spesifieke mikrosatelliet merkers om ouerskap toe te ken aan ‘n groep vinnig-groeiende PRS-diere, soos geselekteer deur die perlemoen plase, om ‘n diverse generasie gekultiveerde diere te selekteer wat as broeidiere kan dien. Die invloed van standaard seleksie metodes op die genetiese diversitiet van ‘n populasie in vergelyking met genotipiese seleksie is ook ondersoek. Die ouerskap data is ook gebruik om differensiasie en vlakke van genetiese diversiteit tussen verboude perlemoene en wilde populasies vas te stel. Seleksie gebasseer op genetiese eienskappe het daarin geslaag om genetiese diversiteit te behou, terwyl diversiteit verlore gegaan het in die fenotipies geselekteerde populasies. Hierdie fenotipiese populasies het ook beduidend met mekaar sowel as met die wilde populasies verskil, terwyl genotipiese populasies soortgelyk was in hul genetiese samestelling en nie van die wilde populasies van die Weskus verskil het nie. Die broeidiere wat in die PRS broeiprogram gebruik is, was verteenwoordigend van die wilde populasies vanwaar hulle oorspronlik gekom het, met geen beduidende differensiasie tussen die broeidiere en die Wes kus populasies nie. Met die vergelyking van die broeidiere en hul ooreenstemmende nageslag, het dit geblyk dat slegs twee populasies ‘n beduidende verlies aan genetiese diversiteit getoon het, alhoewel al die nageslag beduidende populasie differensiasie met hul ouers getoon het. Hierdie bevindinge is toegeskryf aan oneweredige bydraes van die broeidiere tydens gameetvrystelling en die invloed van kunsmatige seleksie. Hierdie studie het ook vasgestel dat die verboude perlemoen populasies met sorg gebruik moet word om wilde populasies te herstel, aangesien hierdie populasies beduidend verskil het van wilde populasies van beide die Oos en Wes-kus. Hierdie studie het gevind dat dit moontlik is om genetiese diversiteit te behou deur diere te selekteer op grond van genotipiese eienskappe. Die verlies van diversiteit in sommige van die verboude perlemoen populasies en die beduidende verskil met die wilde populasies dui daarop dat diere in die gekultiveerde omgewing blootgestel word aan verskillende tipes seleksiedruk. Hierdie bevindinge beklemtoon die belang vir effektiewe bestuur van broeiery praktyke en genetiese monitering van broeidiere.
4

Linkage mapping in Haliotis midae using gene-lnked markers

Jansen, Suzaan 03 1900 (has links)
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Haliotis midae, or more commonly known as Perlemoen, is an abalone species found along the coast of South Africa. It is the only cultured abalone species in South Africa and has a high demand abroad. Due to its popularity as a seafood delicacy, illegal harvesting has taken its toll on Perlemoen numbers. This increases the need for sustainable farming efforts and efficient implementation of law enforcement practices against poachers. Abalone farms make use of a limited number of broodstock for breeding, so it is necessary to ensure that genetic effects such as inbreeding and bottlenecks do not interfere with the viability of the offspring. Research that focuses on the genetics of Perlemoen will greatly aid the farms to continue sustainable production of this species as well as enhance their breeding efficiency. This study focuses on the construction of a linkage map for H. midae that will allow the future identification of markers associated with genes important to production, such as growth and disease resistance. Identification of these genes will allow breeders to select genetically superior abalone that will be used for breeding programmes in which the phenotype of the offspring will be enhanced. For the construction of a linkage map it is necessary to have enough informative markers for mapping. In this study, gene-linked microsatellite markers were developed by screening a contig assembly of H. midae’s transcriptome. Ninety-eight primer pairs could be developed from the contigs and 60 loci produced amplification products. Twenty-six microsatellites were found to be polymorphic (27% success rate). In addition to these markers, 239 previously developed microsatellites and 48 gene-linked SNPs were used to develop sex-average and sex-specific linkage maps in four full-sib families consisting of approximately 100 offspring each. Of these markers 99 were informative in family DS1 (31% success rate), 81 in family DS2 (26%), 77 in family DS5 (24%) and 71 in family DS6 (23%). These markers were used for linkage analysis (LOD>3). The average number of linkage groups for the sex-average maps ranged from 17-19. The average genome length for these maps ranged from 700cM to 1100cM with an average marker spacing of 8cM. The sex-specific maps’ linkage groups ranged from 13-17 with an average genome length of 600cM to 1500cM. The average marker spacing was approximately 16cM. The integrated map was constructed by merging the sex-average maps. This map contained 25 linkage groups with an average genome length calculation of 1700cM and an average marker spacing of 9.3cM. The linkage maps created in this study are the first to utilize SNPs in H. midae. Further incorporation of SNPs into linkage maps will enhance the density. The maps created in this study are of medium-density (65%) and provide a link to the development of high-density linkage maps to facilitate associations of phenotypic traits to certain markers, to so that QTL mapping can be performed. This information can be used for marker-assisted selection to produce genetically superior abalone. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Haliotis midae, of meer algemeen bekend as Perlemoen, is 'n klipkous spesie wat langs die kus van Suid-Afrika voorkom. Dit is die enigste gekweekte klipkous spesie in Suid-Afrika en het 'n hoë aanvraag in die buiteland. As gevolg van sy gewildheid as 'n seekos lekkerny, het onwettige stropery sy tol geneem op Perlemoen getalle. Hierdie verhoog die behoefte vir volhoubare boerdery pogings en doeltreffende implementering van wetstoepassing teen stropers. Perlemoenplase maak gebruik van 'n beperkte aantal broeidiere vir teling, dus is dit nodig om te verseker dat genetiese effekte soos inteling en genetiese bottelnekke nie inmeng met die lewensvatbaarheid van die nageslag nie. Navorsing wat fokus op die genetika van Perlemoen sal grootliks die plase steun om die volhoubare produksie van hierdie spesie voort te sit, sowel as hul teling doeltreffendheid te verbeter. Hierdie studie fokus op die ontwikkeling van 'n genetiese koppelingskaart vir H. midae, wat die toekomstige identifisering van die merkers wat verband hou met die gene wat belangrik is vir die produksie, soos groei en weerstand teen siektes sal verbeter. Identifisering van hierdie gene sal toelaat dat telers genetiese voortreflike Perlemoen kan kies vir teelprogramme waartydens die fenotipe van die nageslag sal verbeter word. Vir die ontwikkeling van 'n genetiese koppelingskaart is dit nodig om genoeg informatiewe merkers vir die kartering te hê. In hierdie studie, is geen-gekoppelde mikrosatelliet-merkers ontwikkel deur ‘contig’ data van H. midae se transkriptoom te ondersoek. Agt en negentig inleier pare kon ontwikkel word uit die ‘contigs’ en 60 loki kon ‘n amplifiseringsproduk lewer. Ses-en-twintig mikrosatelliete was polimorfies (27% suksessyfer). Bykomend tot hierdie ontwikkelde merkers is 239 voorheen ontwikkelde mikrosatelliete en 48 geen-gekoppelde SNPs gebruik om geslagsgemiddelde en geslagspesifieke koppelingskaarte in vier volsib families, wat uit ongeveer 100 nageslag elk bestaan, te ontwikkel. Van hierdie merkers was 99 informatief in familie DS1 (31%), 81 in die familie DS2 (26%), 77 in die familie DS5 (24%) en 71 in die familie DS6 (23%). Hierdie merkers is gebruik vir 'n koppelingsanalise (LOD>3). Die gemiddelde aantal koppelingsgroepe vir die geslagsgemiddelde kaarte het gewissel van 17-19. Die gemiddelde genoom lengte vir hierdie kaarte het gewissel van 700cM tot 1100cM met 'n gemiddelde merker spasiëring van 8cm. Die koppelingsgroepe van die geslagspesifieke kaarte het gewissel van 13-17 met 'n gemiddelde genoom lengte van 600cM tot 1500cM. Die gemiddelde merker spasiëring was ongeveer 16cm. Die geïntegreerde kaart is saamgestel deur die samesmelting van die geslagsgemiddelde kaarte. Die kaart toon 25 koppelingsgroepe met 'n gemiddelde berekende genoom lengte van 1700cM en' n gemiddelde merker spasiëring van 9.3cM. Die genetiese koppelingskaarte wat in hierdie studie ontwikkel is, is die eerste om SNPs te gebruik in H. midae. Verdere insluiting van SNPs in koppelingskaarte sal die digtheid verhoog. Die kaarte wat in hierdie studie ontwikkel is, is van medium digtheid (65%) en bied 'n stap nader aan die ontwikkeling van hoë digtheid koppelingskaarte om fenotipiese eienskappe met sekere merkers te assosieer, vir kwantitatiewe kenmerk lokus kartering. Hierdie inligting kan gebruik word vir merker bemiddelde seleksie om geneties verbeterde Perlemoen te produseer.

Page generated in 0.0695 seconds