• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die Britse beleid teenoor en administrasie van die Swartes in Transvaal, 1877-1881

Stals, Willem Adriaan January 1985 (has links)
Die tydperk in die Transvaalse geskiedenis wat met hierdie werkstuk bestryk word, het al heelwat aandag van sowel tydgenootlike skrywers as latere historici ontvang. Uit die aard van die saak het die aandag in die eerste instansie op die meer dramatiese geval - die Boere se stryd teen Britse oorheersing en hulle pogings om hulle onafhanklikheid terug te kry, wat ten einde laaste op die Eerste Vryheidsoorlog van 1880-1881 uitgeloop het. 'n Verdere faset waaraan reeds aandag bestee is, is die wyse waarop die Engelse Transvaal in hierdie jare regeer het. Waarskynlik omdat dit as 'n aparte tema beskou is, het die skrywer van hierdie werk egter geen aandag aan die Britte se administrasie van die Swartes bestee nie. Die aspek van die Britse tydperk in Transvaal het tot dusver weinig aandag ontvang. Weliswaar is sekere aspekte daarvan reeds aangesny, maar met enkele uitsonderings was dit nog nie die onderwerp van wetenskaplike ondersoek waarin die tema in al sy fasette nagevors is nie. In sy The History of Native Policy in South Africa from 1830 to the Present Day (1927), gee E.H. Brookes as 'n onderdeel van 'n breer onderwerp kortliks aandag aan die Britte se administrasie van die Transvaalse Swartes. In sy werk Grensbakens tussen Blank en Swart in Suid-Afrika (1947) raak ook P. van BiIjon 'n aspek van hierdie tema aan, hoewel sy behandeling daarvan in meer as in een opsig bevraagteken moet word. Hierna het ook die skrywer hiervan 'n beskrywing gegee van die Tussenregering se beleid met betrekking tot die verkryging van eiendomsreg op grand deur die Swartes. Origens het die tema braak gele. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1985. / gm2013 / Historical and Heritage Studies / unrestricted

Page generated in 0.1129 seconds