• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die Vernederlandsing van Afrikaans (Afrikaans)

Uys, Mariette Deleen 27 October 2008 (has links)
AfrikaansIn die vroeë Transvaalse koerante se korrespondensiekolomme, sowel as in die eerste Afrikaanse Bybel en die spelreëls vanaf 1875, is ‘n verskynsel bemerk waarvoor daar in dié studie rekenskap gegee word, naamlik dat daar n tydstip was waarin daar ‘n tipe Afrikaans (ATA) bestaan het wat van sowel huidige AB-Afrikaans as AB-Nederlands van die begin van die eeu verskil het. Hiérdie Afrikaans bewys dus dat daar iewers in die ontwikkelingsgang van Afrikaans ‘n proses van vernederlandsing moes plaasgevind het, want ABA en ABN vertoon tans groot ooreenkomste, terwyl die vroeë Transvaalse Afrikaans ‘n karakteristieke eiesoortigheid weerspieel. Vernederlandsing impliseer taalverandering en taalverandering geskied op verskeie wyses: deur middel van natuurlike ontwikkeling, taalkontak, taalversteuring, ensovoorts. In hierdie studie word veral gelet op die produktiewe prosesse van taalverandering wat in Afrikaans werksaam was, te wete sosiale verandering en grammatikale verandering/reëluitbreiding. Laasgenoemde begin in die vorm van variante/wisselvorme - heel moontlik as gevolg van botsende lae, naamlik tussen ‘n standaardnorm en nie-standaardnorm. Die variante vertoon ‘n kenmerkende verspreiding wat in die formule Informele taalgebruik gaan formele taalgebruik voorafuitgedruk kan word. In die meertalige situasie aan die Kaap het daar verskeie nie-standaardvorme van die doelwittaal, Nederlands, bestaan. Omdat taalverandering vanuit die nie-standaardlaag (hierdie informele vlak) van ‘n taal plaasvind, het een van die nie-standaardvorme van Nederlands sekere veranderinge as gesproke taal begin vertoon en sodoende is die proses van die verafrikaansing van die nie-Standaardnederlands vol trek. Tydens die Engelse periode in Suid-Afrika moes Nederlands en Afrikaans hul kragte saamsnoer om teen die magtige kultuurtaal, Engels, te bly voortbestaan. Die aanslag is inderdaad afgeweer en hierna het Afrikaans Nederlands geleidelik as hoëfunksietaal begin vervang. Afrikaans is in 1925 as amptelike taal naas Engels erken – ‘n taal wat in daardie stadium nog nie volle wasdom bereik het nie, maar volgens Regeringsordonnansie sy plek as volwaardige taal as Engels moés inneem. Die eie Afrikaanshede wat diensbaar was aan die nuwe omstandighede van die bestaan is behou, maar verder is daar in hierdie wordingstryd na Nederlands teruggegryp ten opsigte van die woordeskat, spreekwoorde, sinsbou, woordorde, spelling en spelreëls, die wetenskaplike en tegnologiese terminologie, selfs in die daarstelling van ‘n eie Afrikaanse Bybel - die proses van vernederlandsing waaroor hierdie studie dit het. English In this study an account is given of a phenomenon which becomes apparent when studying correspondence columns of the earliest Transvaal papers, the first Afrikaans Bible as well as Afrikaans spelling rules (as from 1875), viz. that there is a distinguishable difference between early written Afrikaans as used in the Transvaal, and modern Afrikaans, and even between this early Afrikaans and Dutch. This clearly proves that there was a time when Afrikaans did not resemble presentday Afrikaans. Why the change? Change in a language is a natural phenomenon. If change takes place in a multilinguistic situation, it may result in the development of so-called non-standard varieties of the dominant language. From 1652 onwards there existed a multilinguistic speech community in South Africa in which different non-standard varieties of the dominant language, Dutch, were found. One of these non-standard varieties developed into Afrikaans (the process of change always originates at a stage of non-standard usage) . In this way the process of Afrikaansification ("verafrikaansing") became complete. When English became the dominant language in South Africa, Dutch as the formal "high" language and Afrikaans as the so-called "low" variety had to combine forces in order to survive the onslaught of Anglicising influences. Afrikaans eventually replaced Dutch as the "high" language and even became one of the official languages of South Africa in 1925. This meant that Afrikaans had to hold its own in opposition to English, but it was a question of whether Afrikaans was vigorous enough to do so. As it obviously was not, it had to borrow from the Dutch lexicon, spelling system, word order and syntactic patterns, as well as from Dutch scientific definition and technical terminology. It even took Dutch as a model for the translation of the first Bible in Afrikaans. Thus, the process of the Dutchification of Afrikaans became a reality. This process may be illustrated as follows: Dutch -----> Afrikaansification -----> Back to Dutch (Thus: Dutchification). staan(en) -----> staat ----> staan / Thesis (DLitt)--University of Pretoria, 2008. / Afrikaans / unrestricted

Page generated in 0.0809 seconds