• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Population genetics of the Mediterranean fruit fly Ceratitis capitata in the Western Cape Province, South Africa : invasion potential and dispersal ability

Karsten, Minette 12 1900 (has links)
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The Mediterranean fruit fly (medfly), Ceratitis capitata, is a highly invasive species throughout the world and considered as one of the most successful agricultural and economical pests. The increase of global trade in fruit and human travel combined with the biology of the medfly has allowed the species to spread from its proposed Afrotropical origin, to a number of locations throughout the world. In the Western Cape various control strategies have been implemented to control medfly populations, including insecticides and more environmentally-friendly techniques such as the Sterile Insect Technique (SIT). In order to be effective, however, an SIT program requires some knowledge of the population structure and the movement of individuals between pest-occupied sites. The identification of sites from which re-invasion is most likely to occur and knowledge regarding the primary routes through which pests are likely to re-establish are critical to ensure successful SIT programmes. To provide this important information to SIT and area-wide pest control programs in South Africa, sampling at two different spatial scales (regional- and fine-scale) in South Africa was undertaken. Regional scale sampling was done at 13 locations in the Western Cape and fine scale sampling was done at 13 locations within the Ceres-valley. All individuals were genotyped at 11 polymorphic microsatellite markers and selected individuals from the regional scale were sequenced for the mitochondrial gene COI. Our results show that populations at regional- and fine-scale in the Western Cape are characterized by high levels of genetic diversity (HEregional = 0.805; HEfine = 0.803). Little or weak population differentiation was detected at the regional- and fine-scales, suggesting overall high levels of gene flow among sampling locations. These findings were supported by coalescent based methods indicating sufficient levels of gene flow to prevent population differentiation between neighbouring (200m) and distant (350km) populations. However, natural dispersal in C. capitata has been shown to rarely exceed 10 km. As such, high levels of gene flow between distant populations are more likely the result of humanmediated dispersal, linked to the movement of fresh produce within South Africa. This high level of gene flow has important implications for pest management practices, as my results suggests that area-wide pest management should be undertaken at a regional scale, rather than on a farm or valley scale. My results are placed within a management framework, and I argue for more stringent control when fruit are transported within South Africa. Of particular interest for future studies is the investigation of gene flow at broader spatial scales (i.e. the whole of South Africa) and a comparison of the genetic diversity, population differentiation and gene flow patterns of C. capitata with that of Ceratitis rosa will be important to establish a successful pest management strategy in South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Mediterreense vrugtevlieg (medvlieg), Ceratitis capitata, is ‘n indringerspesie wêreldwyd en word beskou as een van die mees suksesvolle ekonomiese en landbou peste. Die medvlieg het ‘n Afrotropiese oorsprong, maar die toename in wêreldwye handel en reis, gekombineer met die biologie van die medvlieg het gelei tot die verspreiding van die spesie na ‘n groot aantal bestemmings regoor die wêreld. Die Wes-Kaap provinsie van Suid-Afrika implementeer tans verskeie strategieë om medvlieg bevolkings te beheer. Hierdie strategieë sluit in die gebruik van plaagdoders sowel as meer omgewingsvriendelike tegnieke soos die Steriele Insektegniek (SIT). Om ‘n effektiewe SIT program te implementeer vereis basiese kennis ten opsigte van die genetiese struktuur van die bevolking sowel as van die beweging van individue tussen verskillende pesvoorkomsgebiede. Die identifisering van areas van waar herkolonisering mees waarskynlik kan plaasvind en kennis in verband met die primêre roetes waardeur pes spesies hervestig, is van kritiese belang om ‘n suksesvolle SIT program te verseker. Medvlieg individue is op twee verskillende ruimtelike skale (streeks- en plaaslike-skaal) versamel om die nodige inligting aan SIT en area-wye pes beheer programme in Suid-Afrika te verskaf. Streeks-skaal individue is by 13 lokaliteite regoor die Wes-Kaap versamel en plaaslike-skaal individue by 13 lokaliteite in die Ceres-vallei. Alle versamelde individue is vir 11 polimorfiese mikrosatelliet merkers gegenotipeer en DNS volgordebepaling van geselekteerde individue vanuit die streek-skaal is gedoen vir die mitochondriale geen COI. My resultate toon dat bevolkings op beide skale gekarakteriseer word deur hoë vlakke van genetiese diversiteit (HEstreeks = 0.805; HEplaaslik = 0.803) en geen of swak bevolkings differensiasie. Hierdie resultate dui daarop dat daar hoë vlakke van geenvloei tussen bevolkings is. Hierdie bevindinge word verder ondersteun deur metodes gebaseer op die statistiese eienskappe van die genealogiese verhouding tussen allele onder sekere mutasie en demografiese modelle, wat voldoende vlakke van geenvloei aandui tussen nabye (200m) sowel as verafgeleë (350km) bevolkings om bevolkings differensiasie te verhoed. Natuurlike beweging in C. capitata is egter selde meer as 10 km, sodanig kan die hoë vlakke van geenvloei toegeskryf word aan die verspreiding van individue met menslike hulp, spesifiek in die vervoer van varsprodukte in Suid-Afrika. Hierdie hoë vlak van geenvloei het verreikende implikasies vir pes beheer praktyke, omdat my resultate voorstel dat area-wye pes beheer onderneem moet word op ‘n streeks-skaal eerder as op ‘n plaas-tot-plaas of vallei wye area. Ek plaas my resultate in ‘n bestuursraamwerk, waarin ek streng beheer van vrugtevervoer in Suid-Afrika beklemtoon. Verdere navorsing moet fokus op die ondersoek van geenvloei op ‘n landswye skaal (hele Suid-Afrika) in C. capitata, sowel as die vergelyking van die genetiese diversiteit, bevolkings differensiasie en geenvloei patrone van C. capitata met die van Ceratitis rosa om ‘n suksesvolle pes beheer strategie vir Suid-Afrika te formuleer.

Page generated in 0.1186 seconds