Spelling suggestions: "subject:"apples -- color"" "subject:"apples -- dolor""
1 |
Consumer reference (of red-fleshed apples) an quantification of quality related traits, particularly skin and flesh colour, in apple breeding familiesThovhogi, Fhatuwani 12 1900 (has links)
Thesis (MScAgric (Horticulture))--University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: In order to develop a novel pink- or red-fleshed apple for the fresh consumer market,the red-fleshed genotype, ‘KAZ 91’ (Malus niedzwetzkyana Dieck.), was crossed with
‘Meran’ (M. domestica Borkh) at the Agricultural Research Council (ARC) apple breeding programme in South Africa. The objective of this study was to evaluate and quantify colour variability in the flesh and peel of this progeny (Family 1), to assess quality traits (i.e., acidity and total soluble solids) and phenolic levels in fruit peel and flesh, and to investigate consumer preference for the taste and appearance of redfleshed
apples. All data, except for consumer preference, were also collected on two
white-fleshed M. domestica Borkh families, i.e., ‘Reinette Burchardt’ x ‘Treco Red
Gala’ (Family 2) and ‘Meran’ x ‘Treco Red Gala’ (Family 3). Fruit of Family 1 seedlings were on average darker red with greater blush coverage
and higher anthocyanin and phenolic levels compared to fruits of Family 2 and 3. The
proportion of bearing trees with red-fleshed fruits in Family 1 increased from 25% in
2007 to 35% in 2008. The intensity and distribution of red pigmentation in the flesh
varied considerably between seedlings and even between individual apples from the
same tree. A high intraclass correlation coefficient was found for red-flesh coverage
within Family 1, indicating a high level of genetic determination that can be used in
breeding. When only red-fleshed seedlings were considered, an intermediate
repeatability coefficient (0.54) for red-flesh coverage indicates that the extent of red
flesh coverage varies to some extent between seasons. The effect of environmental
factors on red flesh colour needs to be assessed and breeders need to take care to
select for genotypes with stable flesh colour intensity and coverage. Small intraclass
correlations were found between families for other traits. No correlation was found for
anthocyanin and total phenolics in both peel and flesh or between anthocyanin levels
in the peel and flesh of Family 1 fruit. This suggests that red-fleshed fruit will not
necessarily be high in antioxidants – since phenolics is by far the greatest contributor
to fruit antioxidant capacity. The lack of a correlation between peel and flesh
anthocyanin levels also suggest that fruit with dark red flesh will not necessarily have
a dark red skin colour. Family 1 fruit were more prone to flesh browning and were
more acidic compared to fruit of Families 2 and 3. With regard to consumer preference for flesh colour, 74% of South African
consumers preferred white flesh while 64% preferred an attractive “floral” pattern
created by the combination of a red cortex and white core. Consumers indicated a
much lower liking for other distribution patterns and lower intensities of red flesh
colour. Consumers preferred the taste of apples that were crisp, crunchy and high in
apple flavour irrespective of flesh colour. Red-fleshed fruit were generally acidic or
had poor texture, and some were also astringent. However, despite a general dislike in
acidic fruit, consumers showed a preference for acidic fruit if that fruit also had high
red-flesh coverage. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Appeltelers van die Suid-Afrikaanse Landbounavorsingsraad (LNR) Infruitec-
Nietvoorbij poog om unieke appelkultivars met ‘n pienk of rooi vleiskleur te
ontwikkel. Vir hierdie doel het hulle die rooivleis genotipe, ‘KAZ 91’ (Malus
niedzwetzkyana Dieck), gekruis met ‘Meran’ (M. domestica Borkh). Hierdie studie is
uitgevoer ten einde kleurvariasie, interne kwaliteitseienskappe (i.e., suurheid en totale
oplosbare vastestowwe) en vlakke van fenole in die vleis en skil van bogenoemde
kruisingkombinasie se nageslag (Familie 1) te evalueer en te kwantifiseer asook om
verbruikersvoorkeure vir die smaak en voorkoms van rooivleis appels te bestudeer.
Buiten vir verbruikersvoorkeure, is alle data ook ingesamel vir twee witvleis M.
domestica families, naamlik ‘Reinette Burchardt’ x ‘Treco Red Gala’ (Familie 2) en
‘Meran’ x ‘Treco Red Gala’ (Familie 3).
Familie 1 saailinge se vrugte was gemiddeld donkerder rooi met ‘n groter rooi blos en
hoër antosianien- en fenoolvlakke in vergeleke met vrugte van Families 2 en 3. Van
die Familie 1 saailinge wat wel vrugte gedra het, het 25% en 35% in onderskeidelik
2007 en 2008 vrugte met rooi vleis gehad. Die intensiteit en verspreiding van rooi
pigmentasie in die vleis het aansienlik varieer tussen saailinge en selfs tussen
individuele appels van dieselfde boom. ‘n Hoë intraklas korrelasie koëffisiënt is
gevind vir die proporsie van die vleis met rooi pigmentasie in Familie 1 nageslag. Dit
dui op ‘n hoë vlak van genetiese determinasie en vinnige vordering met teling vir
hierdie eienskap. Indien net rooi-vleis saailinge egter oorweeg word, word ‘n
intermediêre herhaalbaarheid koëffisiënt (0.54) vir die proporsie van die vleis wat rooi
is verkry, wat dui op aansienlike variasie tussen seisoene in die omvang van rooi
pigmentasie. Die effek van omgewingsfaktore op rooi vleiskleur behoort dus
bestudeer te word en telers moet let daarop om te selekteer vir genotipes met stabiele
vleiskleur intensiteit en bedekking. Die intraklas korrelasies tussen families vir ander
vrugeienskappe was klein. Antosianienvlakke en totale fenole in die skil en vleis van
Familie 1 vrugte het nie gekorreleer nie. Dit dui daarop dat rooivleis appels nie
noodwendig ‘n hoër antioksidantkapasiteit het nie – fenole maak by verre die grootste
bydrae tot die antioksidantkapisiteit van vrugte. Antosianienvlakke in die skil en vleis
van Familie 1 vrugte het ook nie gekorreleer nie wat daarop dui dat vrugte met ‘n
donker rooi vleis nie noodwendig ook ‘n donker skilkleur sal hê nie. Familie 1 vrugte was gemiddeld suurder as vrugte van Families 2 en 3 en Familie 1 vrugte se vleis het
gemiddeld ook meer verbruining ondergaan.
Ten opsigte van verbruikersvoorkeur vir vleiskleur is gevind dat 74% van verbruikers
‘n wit vleiskleur verkies het terwyl 64% gehou het van die aantreklike “blom” patroon
gevorm deur ‘n rooi korteks en wit kern. Verbruikers het aansienlik minder gehou
van enige ander verspreiding van rooi pigment in die vleis of van ‘n laer intensiteit
rooi kleur. In terme van smaak is geurige appels met ‘n bros tekstuur verkies ongeag
hul vleiskleur. Rooivleisappels was oor die algemeen suur met ‘n swak tekstuur.
Sommige rooivleisappels was ook frank. Tog, ten spyte van ‘n algemene afkeur in
suur appels, het verbruikers ‘n voorkeur getoon vir vrugte met ‘n kombinasie van hoë
suur en ‘n hoë proporsie vleis met rooi pigmentasie.
|
2 |
Postharvest manipulation of fruit colour in apples and pearsMarais, Evelyn 04 1900 (has links)
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Red colour development on bi-coloured apples and pears ensures better prices for
producers. The use of postharvest irradiation to improve colour has been successful on
apples, and the objectives of this thesis were to optimise conditions during irradiation for
apples and to evaluate the effects of irradiation on pears.
'Cripp's Pink' apples responded to postharvest irradiation with high-pressure sodium
(HPS) lights by developing a red blush, whereas the response to irradiation with UV 8
plus incandescent lights was less effective. '8raeburn' apples held at -0.5°C for 4 or 8
weeks prior to irradiation showed a decrease in hue angle and an increase in
anthocyanin concentration after 72 hours of irradiation with HPS lamps. In 'Forelle'
pears treated in the same way, neither colour development nor anthocyanin synthesis
was affected by irradiation.
'8raeburn' and 'Cripp's Pink' apples picked weekly for 5 weeks until the optimum harvest
date were irradiated with HPS lights. A significant increase in fruit colour was only
measured in mature fruit of both cultivars.
'Cripp's Pink' apples were harvested from two production areas with different
microclimates, namely, Ceres and Grabouw, and stored for 0, 2 or 5 days at -0.5 °C
before irradiation for 120 hours at either 6°C or 20°C. Fruit from Ceres that were
irradiated immediately after harvest developed better colour at 6 °C than at 20°C. The
differences between fruit irradiated at the two temperatures were no longer significant
after 5 days of cold storage prior to irradiation. Fruit from Grabouw consistently
developed better colour when irradiated at 6°C than at 20°C. Colour development slightly after 5 days of cold storage prior to irradiation. In another experiment, fruit from
both areas were stored at -0.5°C for 20 days before irradiation at either 6°C or 6/20°C.
The fluctuating temperature regime resulted in decreases in hue angle of 70° and 65° for
the fruit from Grabouw and Ceres, respectively. The decreases were smaller (±200)
when fruit were irradiated at 6°C.
The hue angle value of well-coloured 'Cripp's Pink' apples held at 3rC under HPS lights
for 144 hours increased from 29.3° to 48.3°, and anthocyanin concentration decreased
from 739.9 IJg·g·1to 283.6 IJg·g·1. Control fruit held at the same temperature in the dark
did not show any change in hue angle value or anthocyanin concentration.
'Bon Rouge' and 'Red d' Anjou', two full red pear cultivars, irradiated with HPS lights for
72 hours, showed no significant changes in hue angle. 'Forelle' pears, harvested with or
without attached leaves, were irradiated with HPS at two temperature regimes, 20°C and
200/6°C. The resulting decreases in hue angle were attributed to yellowing and not red
colour formation.
In conclusion, the response of apples to postharvest irradiation was affected by maturity
and temperature, while pears failed to respond at all. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Rooikleurontwikkeling van twee-kleur appels en pere verseker beter pryse vir die
produsente. Na-oesbestraling om kleur te verbeter is al suksesvol uitgevoer op appels,
en die doelwit van hierdie tesis was om die kondisies vir appels gedurende bestraling te
optimaliseer en om die effek van bestraling op pere te evalueer.
'Cripp's Pink' appels het reageer op na-oesbestraling met hoëdruk-natriumligte (HDN)
deur 'n rooi blos te ontwikkel, terwyl die reaksie op bestraling met UV-B plus
gloeilamplig minder effektief was. 'Braebum' appels opgeberg by -O.5aC vir 4 of 8 weke
voor bestraling het 'n afname in die kleurskakeringswaarde getoon, asook 'n toename in
antosianienkonsentrasie na 72 uur se bestraling met HDN ligte. 'Forelle' pere wat
dieselfde behandeling ontvang het, het geen kleurontwikkeling en geen
antosianienontwikkeling getoon na bestraling nie.
'Braebum' en 'Cripp's Pink' appels wat weekliks geoes is vir 5 weke tot die optimum
oesdatum is bestraal met HDN ligte. Slegs die volwasse vrugte van beide kultivars het
'n betekenisvolle toename in kleur getoon.
'Cripp's Pink' appels is geoes in twee produksie areas met verskillende mikroklimate,
naamlik Ceres en Grabouw. Vrugte is opgeberg vir 0, 2 of 5 dae by -O.5aC voor
bestraling vir 120 uur by of 6aC of 20aC. Vrugte van Ceres wat onmiddellik na oes
bestraal is het beter kleur ontwikkel by 6aC as by 20aC. Kleurontwikkeling by vrugte
bestraal by 6 of 20aC het nie verskil wanneer vrugte vooraf opgeberg was by -~5ac vir 5 dae nie. Vrugte van Grabouw het konstant beter kleur pntwikkel wanneer bestraling by
6°C eerder as 20°C plaasgevind het. In die volgende eksperiment, was beide die vrugte
van Ceres en Grabouw vir 20 dae opgeberg by -o.soC voor bestraling by 6°C of
6°/20°C. Die flukturerende temperatuur regime het afnames van 70° en 65° in
kleurskakeringswaarde getoon vir die vrugte van Grabouw en Ceres, respektiewelik.
Die afname was kleiner (±200)wanneer vrugte by 6°C bestraal is.
'Cripp's Pink' appels wat goed gekleur was en opgeberg is by 3rC terwyl dit blootgestel
is aan HDN ligte vir 144 uur, het 'n toename van 29.30 tot 48.3° getoon vir die
kleurskakeringswaarde, en antosianienkonsentrasie het afgeneem van 739 I'g.g-1 tot
283.6 I1g.g-1. Die kontrole vrugte opgeberg by dieselfde temperatuur in die donker het
geen verandering in beide die kleurskakeringswaarde of die antosianienkonsentrasie
getoon nie.
'Bon Rouge' en 'Red d' Anjou', twee volrooi peerkultivars, is bestraal met HDN ligte vir
72 uur en het geen betekenisvolle verandering in kleur getoon nie. 'Forelle' pere, geoes
met of sonder 'n aangehegte stingelsegment, is bestraal met HDN ligte by twee
verskillende temperatuur regimes, nl. 20°C of 20/6°C. Die afname in
kleurskakeringswaarde is aan vergeling toegeskryf eerder as aan rooikleurontwikkeling.
Ter opsomming, die reaksie van appels op na-oes bestraling is beïnvloed deur rypheid
en temperatuur, terwyl pere geen reaksie getoon het nie.
|
3 |
Fruit pigmentation studiesRoberts, Stephanie Catherine 12 1900 (has links)
Thesis (MscAgric (Horticulture))--University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: For many apple (Malus domestica Borkh.) and pear (Pyrus communis L.)
cultivars, attractive colour is essential to their profitability on export markets. This
study focuses on problems related to poor green colour of ‘Granny Smith’ apples
and insufficient red colour of bi-coloured pear cultivars.
‘Granny Smith’ apples often suffer from poor green colour. Green colour of fruit
from various orchards was already found to differ midway through fruit
development, with these differences being carried through to harvest. In a trial
where nitrogen (N) fertilisers were applied using different forms at different times,
there was no improvement in green colour. In another trial, artificial shading was
applied to fruit only during their early development. Fruit that were shaded during
this time were less green at harvest than unshaded fruit. Additional N
applications may only improve colour where a deficiency exists. However, green
colour may be improved by increasing light distribution early during fruit
development.
Bi-coloured pears attain their maximum red colour midway through their
development, and this desired red colour is mostly lost prior to harvest. Red
colour can also increase transiently with the passing of cold fronts. Anthocyanins,
responsible for this red colour, may have a photoprotective function which would
explain this pigmentation pattern, as photosystems are particularly sensitive to
light damage at low temperatures. As ‘Rosemarie’ fruit bent over from a vertical
to hanging position during development, peel photoinhibition was reduced as
anthocyanins were synthesised. ‘Forelle’ peel was found to be very sensitive to
high light levels at low temperatures. Substantial anthocyanin development took
place in ‘Cripps’ Pink’ apples when weather conditions were cold, but clear
following a cold front. A photoprotective role seems to explain daily changes in
anthocyanins in response to temperature, but not the seasonal progression of
colour development. For many apple (Malus domestica Borkh.) and pear (Pyrus communis L.)
cultivars, attractive colour is essential to their profitability on export markets. This
study focuses on problems related to poor green colour of ‘Granny Smith’ apples
and insufficient red colour of bi-coloured pear cultivars.
‘Granny Smith’ apples often suffer from poor green colour. Green colour of fruit
from various orchards was already found to differ midway through fruit
development, with these differences being carried through to harvest. In a trial
where nitrogen (N) fertilisers were applied using different forms at different times,
there was no improvement in green colour. In another trial, artificial shading was
applied to fruit only during their early development. Fruit that were shaded during
this time were less green at harvest than unshaded fruit. Additional N
applications may only improve colour where a deficiency exists. However, green
colour may be improved by increasing light distribution early during fruit
development.
Bi-coloured pears attain their maximum red colour midway through their
development, and this desired red colour is mostly lost prior to harvest. Red
colour can also increase transiently with the passing of cold fronts. Anthocyanins,
responsible for this red colour, may have a photoprotective function which would
explain this pigmentation pattern, as photosystems are particularly sensitive to
light damage at low temperatures. As ‘Rosemarie’ fruit bent over from a vertical
to hanging position during development, peel photoinhibition was reduced as
anthocyanins were synthesised. ‘Forelle’ peel was found to be very sensitive to
high light levels at low temperatures. Substantial anthocyanin development took
place in ‘Cripps’ Pink’ apples when weather conditions were cold, but clear
following a cold front. A photoprotective role seems to explain daily changes in
anthocyanins in response to temperature, but not the seasonal progression of
colour development. Dwarfing rootstocks are known to improve red colour of bi-coloured pears due to
improved light distribution. ‘Forelle’ fruit from six rootstocks of varying vigour were
harvested from exposed positions only, so as to establish the effect of rootstock
on red colour development independent of the effect of rootstock on canopy light
distribution. Fruit from trees on quince (Cydonia oblonga Mill.) rootstocks were
found to have redder fruit than those from vigorous BP pear rootstocks. This may
be due to higher chlorophyll and carotenoid concentrations present in the peel of
fruit from BP rootstocks, whose leaf and peel N were also high. The use of
quince rootstocks is recommended where red colour development of bi-coloured
pears is a problem.
An early season bi-coloured cultivar with good red colour is required. Breeding
trials to find such a cultivar are resource intensive. To streamline the process, a
method to preselect immature seedlings for their future fruit colour is required.
Fruit colour from bearing seedlings was compared with colour of their immature
leaves. Trees with red leaves were likely to produce fruit that were too red for the
breeders’ requirements. Trees with green or blushed leaves were capable of
producing blushed fruit. It would be feasible to cull red-leaved seedlings with
minimal risk of losing potential bi-coloured cultivars. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Verskeie appel (Malus domestica Borkh.) en peer (Pyrus communis L.) kultivars
se winsgewendheid word bepaal deur hul aantreklike kleur. In hierdie studie word
die swak groen kleur van ‘Granny Smith’ appels asook rooi kleurontwikkeling van
blospere ondersoek.
Die groen kleur van ‘Granny Smith’ appels is dikwels onvoldoende. Verskille in
groen kleur tussen boorde was reeds gedurende vroeë vrugontwikkeling
aanwesig, en hierdie verskille het voortgeduur tot met oes. Groen kleur kon nie
deur verskillende bronne en tye van stikstofbemesting verbeter word nie.
Stikstofbemesting verbeter groen kleur moontlik net in boorde met ‘n
stikstoftekort. Vrugte wat gedurende hul vroeë ontwikkeling oorskadu is, se groen
kleur was swakker by oes in vergelyking met vrugte wat nie oorskadu is nie.
Groen kleur kan moontlik verbeter word deur ligverspreiding tydens vroeë
vrugontwikkeling deur middel van snoei aksies te verhoog.
Blospeerkultivars bereik hul maksimum rooi kleur halfpad deur hul ontwikkeling,
maar is geneig om hul rooi kleur grootliks voor oes te verloor. Rooi kleur mag
egter kortstondig toeneem in reaksie op die lae temperature gepaardgaande met
koue fronte. Antosianiene, wat verantwoordelik is vir die rooi kleur, het moontlik
‘n beskermende funksie teen hoë ligvlakke, en hierdie funksie mag moontlik die
bogenoemde patroon van rooikleurontwikkeling verklaar. Die natuurlike buiging
van ‘Rosemarie’ pere van hul aanvanklike regop oriëntasie tot hul karakteristieke
hangende posisie, is gekenmerk deur ‘n afname in fotoinhibisie van die skil en ‘n
gelyklopende sintese van antosianien. ‘Forelle’ skil was uiters sensitief vir hoë
ligvlakke in kombinasie met lae temperature (16 ºC). ‘Cripps’ Pink’ appels het ‘n
vinnig toename in rooi kleur getoon met die koue, maar helder, weerstoestande
wat gevolg het op ‘n kouefront. Dit is welbekend dat dwergende onderstamme die rooi kleur van blospere
verbeter deur ligverspreiding in die boom te verhoog. Ten einde die effek van
onderstam op rooi kleurontwikkeling onafhanklik van die effek van onderstam op
ligverspreiding te ondersoek, is ‘Forelle’ pere wat blootgestel was aan vol son
geoes van bome geënt op ses onderstamme met verskillende groeikrag.
Kweperonderstamme (Cydonia oblonga Mill.) het rooi kleur verbeter in
vergelyking met die groeikragtige BP peeronderstamme. ‘n Moontlike rede vir die
verbetering is die laer chlorofiel- en karotenoïedkonsentrasies in die skil van
vrugte op kweperonderstamme. Bome op peeronderstamme het ook hoër blaaren
skil stikstofvlakke gehad. Kweperonderstamme word aanbeveel in gevalle
waar rooi kleurontwikkeling van blospere ‘n probleem mag wees.
Die RSA vrugtebedryf benodig ‘n vroeë blospeerkultivar met goeie rooi
kleurontwikkeling. Die teling van so ‘n kultivar is hulpbronintensief en baie duur.
Ten einde die teelproses meer effektief te maak, word ‘n metode benodig om
saailinge al voor uitplanting in die boord te selekteer na gelang van hul
toekomstige vrugkleur. Die vrugkleur van oesryp pere van draende saailinge is
vergelyk met die kleur van hul onvolwasse blare. Bome met rooi blare is geneig
om vrugte te dra wat té rooi is om te kwalifiseer as blospere. Die meerderheid
blospere is afkomstig van bome met blos of groen onvolwasse blare. Dit is
prakties haalbaar om rooiblaarsaailinge uit te dun, met net ‘n klein, aanvaarbare
risiko om ‘n moontlike blospeerkultivar in die proses te verloor. / medg2010-1 / Imported from http://etd.sun.ac.za April 2010.
|
4 |
Optimum temperatures for colour development in applesGouws, Anton 23 November 2010 (has links)
Thesis (MScAgric (Horticulture))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Peel colour is an important quality factor in the production of bi-coloured apple fruit. Most markets set minimum requirements for red colour coverage. Fruit that do not meet these requirements are downgraded and has a major impact on the profitability of apple production
in South Africa. South African apple production areas are amongst the warmest in the world.
Since anthocyanin accumulation requires induction at low temperature and synthesis require
mild temperatures, experiments were conducted to investigate optimum day and night temperatures for red colour development throughout fruit development for red and bi-coloured apple cultivars grown in South Africa. We found that redder strains of bi-coloured apple cultivars did not appear to owe their enhanced pigmentation to higher temperature optima for anthocyanin synthesis. The optimum day temperatures for red colour development in the
different cultivars seemed to differ between seasons, but not between production areas. In
general, red colour in the cultivars evaluated developed maximally between 17 ºC and 25 ºC.
The optimum day temperature for red colour development remained constant throughout fruit
development for most cultivars, but increased roughly from 14 ºC to 22 ºC in ‘Cripps’ Pink’
between January and April. The extent of red colour development increased during fruit development in all the cultivars assessed. We were unable to determine optimum induction temperatures for red colour development. ‘Royal Gala’ from Ceres seemed to benefit from
induction at 4 ºC while red colour in ‘Fuji’ decreased with decreasing temperature.
To explain the presence of anthocyanins in immature apple fruit, we tested the hypothesis
that anthocyanins protect the peel from photoinhibition and photooxidative damage during
conditions of increased light stress. First we established that the rate of colour change in
response to a passing cold front appears to be sufficient to provide photoprotection during a
cold snap. Also in agreement with the hypothesis, ‘Cripps Pink’ peel incurred significantly
more photoinhibition at low temperature (16 ºC) compared to mild (24 and 32 ºC) and high (40
ºC) temperature under high irradiance with visible light. Recovery rate was temperaturedependent,
being the slowest at low temperature and increasing with temperature. The photoapparatus in ‘Cripps Pink’ peel appears to be particularly sensitive to light stress at low temperature throughout the season, with significant photoinhibition occurring even at
moderate temperature (24 ºC). The sensitivity of the apple peel to photoinhibition increased throughout the season at lower irradiance levels, but remained the same at higher irradiance.
In our final experiment, fruit were exposed to high irradiance at low and mild temperature before exposure to high temperature in combination with high irradiance. This was done to test the hypothesis that photoinhibition incurred during cold snaps predisposes peel to photothermal damage when temperature increases again after the cold snap. Unfortunately, due to the severity of the stress incurred in response to high temperature treatment, the
results were inconclusive. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Vrugkleur is ‘n belangrike kwaliteitsfaktor in die produksie van tweekleurappels. Die meeste markte stel minimum vereistes vir rooi kleurbedekking. Vrugte wat nie aan hierdie vereistes voldoen nie, word afgegradeer. Suid-Afrika se appel produksie areas word beskou as van die warmste ter wêreld. Antosianien akkumulasie benodig induksie by lae temperature gevolg
deur sintese in lig by matige temperature. Gevolglik het swak rooi kleurontwikkeling onder
plaaslike toestande ‘n groot impak op die winsgewendheid van appelproduksie in Suid-Afrika.
Eksperimente is uitgevoer om die optimum dag- en nagtemperature vir rooi kleurontwikkeling tydens vrugontwikkeling vir die rooi en tweekleur appel kultivars wat in Suid-Afrika geproduseer word te bepaal. Ons het gevind dat die verhoogde pigmentasie van rooier
seleksies van tweekleurappel kultivars nie aan ‘n hoër temperatuur optimum vir antosianiensintese toegeskryf kan word nie. Die optimum dag temperature vir rooi kleurontwikkeling vir die onderskeie kultivars verskil klaarblyklik tussen seisoene, maar nie tussen produksie areas nie. Oor die algemeen het kleurontwikkeling maksimaal plaasgevind tussen 17 ºC en 25 ºC. Die optimum dagtemperatuur vir rooi kleurontwikkeling het konstant
gebly tydens vrugontwikkeling, buiten vir ‘Cripps’ Pink’ waar dit toegeneem het van ongeveer
14 ºC tot 22 ºC vanaf Januarie tot April. Die mate van rooi kleurontwikkeling het in al die
kultivars toegeneem deur die loop van vrugontwikkeling . Ons kon nie daarin slaag om optimum induksie temperature vir rooi kleurontwikkeling vas te stel nie. Rooi kleurontwikkeling
van ‘Royal Gala’ uit Ceres is moontlik bevorder deur induksie by 4 ºC, terwyl ‘Fuji’ se rooi
kleur afgeneem het met ‘n verlaging in induksie temperatuur.
Ten einde die teenwoordigheid van antosianien in onvolwasse appelvruggies te verduidelik,
het ons die hipotese getoets dat antosianien die vrugskil beskerm teen fotoinhibisie en fotooksidatiewe beskadiging gedurende tydperke van verhoogde ligstres. Eerstens het ons
bevestig dat die tempo van kleurontwikkeling in reaksie op ‘n koue front waarskynlik vinnig
genoeg is om fotobeskerming te verleen. Vervolgens is gevind dat ‘Cripps’ Pink’ vrugskil
aansienlik meer fotoinhibisie ervaar het by lae temperatuur (16 ºC) in vergelyking met matige
(24 ºC en 32 ºC) en hoë (40 ºC) temperatuur onder hoë irradiasie met sigbare lig. Die hersteltempo was temperatuur-afhanklik; dit was die stadigste by lae temperatuur en het toegeneem met ‘n toename in temperatuur. Die foto-apparaat in ‘Cripps’ Pink’ vrugskil blyk
besonder sensitief te wees vir ligstres by lae temperatuur regdeur die groeiseisoen met
aansienlike fotoinhibisie by selfs matige temperatuur (24 ºC). Die sensitiwiteit van die vrugskil
vir fotoinhibisie het toegeneem deur die groeiseisoen by laer ligvlakke, maar het dieselfde
gebly by hoër vlakke van irradiasie. Laastens is vrugte blootgestel aan hoë irradiasie by lae en matige temperatuur voordat dit vervolgens blootgestel is aan hoë temperatuur in kombinasie met hoë irradiasie. Dit was om die hipotese te toets dat fotoinhibisie wat
opgedoen word gedurende ‘n onverwagte koue periode, die skil meer vatbaar maak vir fototermiese
skade sodra die temperatuur weer styg na die koue periode verby is. Ongelukkig het
die hoë temperatuur stres al die behandelings tot so ‘n mate geaffekteer dat dit onmoontlik
was om enige gevolgtrekkings vanuit ons resultate te maak.
|
5 |
Increasing class one fruit in 'Granny Smith' and 'Cripps' Pink' appleFouche, Jacques Roux 12 1900 (has links)
Thesis (MscAgric (Horticulture))--University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: Experiments were conducted to increase the percentage class one ‘Granny Smith’ and ‘Cripps’ Pink’ apples. ‘Granny Smith’ is the most widely grown apple cultivar in South Africa, but its profitability is compromised by the high incidence of sunburn, red blush and poor green colour development. ‘Cripps’ Pink’ is a very lucrative cultivar and producers are striving to maximise the production of fruit that qualify for export. Fruit technologists and growers are debating whether it is best to maximise class one fruit in ‘Cripps’ Pink’ by increasing total yield or by increasing fruit quality.
The relationship between ‘Granny Smith’ canopy position and external fruit quality was investigated. Light exposure, peel temperature, green colour development, sunburn and red blush development was followed for individual fruit from the outer, intermediate and inner canopy. Dark green fruit were exposed to moderate to high light levels (25-50% full sun) during the first half of fruit development, similar to fruit that eventually developed sunburn and red blush. The difference came in during the latter half of fruit development when dark green fruit became shaded (3% full sun). Pale green fruit contained less chlorophyll due to consistent low light levels (2% full sun). Fruit at partially shaded canopy positions had a lower occurrence of sunburn and red blush than outside fruit and better green colour development than fruit from the heavily shaded inner canopy.
Based on these data, pruning strategies and mulching were evaluated to alter canopy vigour and the light environment in such a way that green colour development is promoted and the occurrence of sunburn and red blush is reduced. In an older, vigorous orchard with a dense canopy, pruning was done to increase light distribution for green colour development and to induce more growth on the side of the trees that are prone to sunburn and red blush. Pruning improved green colour development without affecting sunburn or red blush. In a younger, non-vigorous orchard, pruning and mulching were used to invigorate the canopy to increase shading of fruit and thereby decrease sunburn and red blush. However, these treatments were not effective. Further research should focus on the use of shade nets, accompanied by rigorous pruning, to reduce sunburn and red blush while not decreasing green colour.
Five different crop loads were established in an exceptionally high yielding (averaging over 100 ton·ha1) ‘Cripps’ Pink’ orchard by first the thinning of clusters, then the removal of small fruit and, finally, the selective removal of fruit from the shaded inner canopy. Treatments had no effect on
iv
fruit quality in the first season. The most severe thinning treatment increased the percentage class one fruit in the second season by increasing the number of fruit with adequate red blush. However, seen cumulatively, the higher crop loads yielded more class one fruit per hectare than the lower crop loads, without affecting reproductive and vegetative development or fruit storability. Producers should strive for the highest crop loads allowed by the fruit size limitations in cultivars that are not prone to alternate bearing / AFRIKAANSE OPSOMMING: Eksperimente is uitgevoer om die persentasie uitvoerkwaliteit ‘Granny Smith’ en ‘Cripps Pink’ appels te verhoog. ‘Granny Smith’ maak die grootste deel uit van appel aanplantings in Suid Afrika, maar die winsgewendheid daarvan word beperk deur `n hoë voorkoms van sonbrand, rooi blos en swak groen kleurontwikkeling. ‘Cripps’ Pink’ is `n baie winsgewende kultivar en produsente streef daarna om die persentasie uitvoerkwaliteit vrugte te maksimaliseer. Vrugte tegnoloë en produsente debatteer oor die wenslikheid daarvan om uitvoerkwaliteit vrugte te maksimeer deur totale produksie te verhoog of deur vrugkwaliteit te verbeter.
Die verband tussen ‘Granny Smith’ draposisie in die blaredak en eksterne vrugkwaliteit is ondersoek. Ligvlakke, skiltemperatuur, groen kleurontwikkeling, sonbrand en rooi blos ontwikkeling is deur die loop van die seisoen gevolg vir individuele vrugte aan die buitekant, binnekant en intermediêre posisies binne die blaredak. Daar is gevind dat die donkerste groen vrugte, nes vrugte wat uiteindelik sonbrand en rooi blos ontwikkel het, blootgestel was aan matige tot hoë ligvlakke (25-50% vol son) gedurende die eerste helfte van vrugontwikkeling. Donker groen vrugte is egter oorskadu (3% vol son) tydens die tweede helfte van vrugontwikkeling. Vanweë konstante lae beligting (2% vol son) het binne vrugte min chlorofiel geakkumuleer en daarom is hierdie vrugte lig van kleur. Vrugte in gedeeltelike skadu ontwikkel min sonbrand en rooi blos in vergelyking met buite vrugte en toon beter groen kleurontwikkeling as vrugte in diep skadu binne die boom.
Gegrond op bogenoemde resultate is die gebruik van snoei strategieë en deklae om die groeikrag en die ligomgewing van die boom te modifiseer, ten einde groen kleur ontwikkeling te bevorder en sonbrand en rooi blos te verminder, geëvalueer. In ‘n ouer, groeikragtige boord met ‘n digte blaredak is snoei gebruik om ligverspreiding te verbeter vir groen ontwikkeling en om meer groei te stimuleer aan die buitekant van die boom wat meer geneig is tot sonbrand en rooiblos. Groen kleur is wel verbeter, maar sonbrand en rooi blos is nie geaffekteer nie. In `n jonger, minder groeikragtige boord is ‘n deklaag aangebring en eenjarige lote getop, sodoende groei te stimuleer om sonbrand en rooi blos te verminder deur oorskaduwing van vrugte. Hierdie behandelings was egter nie effektief nie. Toekomstige navorsing moet fokus op die gebruik van skadunette tesame met ‘n nougesette snoei strategie om sonbrand en rooi blos te verminder sonder om groen kleur te verswak.
Vyf verskillende vrugladings is geskep in `n uitermatig produktiewe (gemiddeld meer as 100 ton·ha-1) ‘Cripps’ Pink’ boord deur eers vrugtrosse uit te dun, gevolg deur die verwydering van klein vrugte en, laastens, die selektiewe verwydering van vrugte in die diep skaduwee van die binneste blaredak. Vrugkwaliteit is nie in die eerste seisoen nie deur oeslading geaffekteer nie. Die strafste uitdunbehandeling het wel die persentasie uitvoerbare vrugte in die tweede seisoen verhoog deur die aantal vrugte met voldoende rooi blos te vermeerder. Kumulatief gesien, het die hoër oesladings egter meer klas een vrugte per hektaar opgelewer sonder om die reproduktiewe en vegetatiewe ontwikkeling of die stoorvermoë van vrugte te affekteer. Produsente moet strewe na die hoogste oesladings wat toegelaat word deur vruggrootte beperkings in kultivars wat nie geneig is tot alternerende drag nie
|
Page generated in 0.0465 seconds