• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die geskiedenis van die ng sendinggemeente Kakamas (1936-1986)

Isaks, Saul Jeremia January 2000 (has links)
Magister Theologiae - MTh / Van kleins af wou ek graag weet wat die naam arbeidskolonie beteken. Met die jare wat gekom en gegaan het, het ek besef dat daar heelwat meer in die naam "arbeidskolonie" moet sit as bloot maar nog net 'n naam vir 'n plek. Die leesstof wat ek van tyd tot tyd gelees het, het my gemotiveer om meer van die naam te wete te kom. Daarom is die voltooiing van hierdie verhandeling vir my In persoonlike en besondere hoogtepunt en oorwinning in my lewe wat terselfdertyd aan my groot bevrediging verskaf. In die eerste plek wil ek graag my studieleier, prof. J.C. Adonis bedank vir sy professionele voorligting, persoonlike aandag, belangstelling en gereelde terugvoering wat vir my besonder baie beteken het. Vir mnr. Patrick van Wyk van die N.G. Kerkargief, Kaapstad, mev. M. de Wee, die scribakassiere van die NG endinggemeente Kakamas vir hulle vriendelike hulpvaardigheid te alle tye. Ten tweede wil ek my innige dank en waardering uitspreek teenoor die personeel van die Staatsargief Kaapstad, die Nederduitse Gereformeerde Kerkargief Kaapstad, die Biblioteke van die Universiteite van Stellenbosch, Wes-Kaapland, die NGKerk Kakamas, die NG Sendinggemeente Kakamas en die Openbare Biblioteek Kakamas vir die toegang wat ek gehad het tot die gemeentelike verslae, notules en boeke. Ook aan prof. C.J. Kriel, die eerste leraar van die NG Sendinggemeente Kakamas vir sy bydrae om die publikasie moontlik te maak. Ook 'n woord van dank aan my eggenote vir haar hulp en ondersteuning en aan mev Petite Hoffman vir haar nuttige wenke en pynlik netjiese tikwerk. Ten slotte my nederige dank en lof aan God vir sy genade en krag wat my in staat gestel het om die tesis tot Sy eer daar te stel. Ek hoop en vertrou van ganser harte dat hierdie verhandeling in een of ander bestaande behoefte, hetsy vir die gebruik in die Katkisasieklas, Sondagskool, die Christelike Jeugvereniging en selfs die dagskool bevredigend sal voorsien.

Page generated in 0.0485 seconds