• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die Nederduitse Gereformeerde kerk en die owerheid oor apartheid : 1948- 1991 - 'n kerkhistoriese studie

Tolmay, Barry John January 1994 (has links)
Die historiese wortels van apartheid is vasgele in die tydperk tussen 1652 en 1948. Die Ned. Geref. Kerk het vanaf die dertigerjare van die twintigste eeu die regering versoek om apartheid statuter uit te bou. Met die bewindsverandering in 1948 het 'n nuwe fase van meer as veertig jaar in Suid-Afrika aangebreek. Gedurende hierdie tydperk vind ons 'n hegte band tussen die owerheid en die Ned. Geref. Kerk. Die Ned. Geref. Kerk het in 1948 apartheid vanu it die Skri f geregverd i g en het sy profetiese getuienis daarmee sterk onder verdenking gebring. Die statutere implementering van apartheid het hierna gevolg. Die Ned. Geref. Kerk en die owerheid het hulle standpunte gegrond op die beginsel van voogdyskap. Hiervolgens was blankes die voogde van nie-blankes wat hulle tot mondigheid moet begelei. Na republiekwording is die tuislandbeleid ontwikkel sodat swartmense onafhanklikheid kon verkry. In die praktyk het swartes afhanklik en ondergeskik aan blankes gebly. In 1974 verskyn Ras, Volk en Nasie as amptelike beleidsdokument van die Ned. Geref. Kerk. Die Skriftuurlike begronding verdwyn en apartheid word om praktiese redes onderskryf. Die onluste van 1976 het 'n fase van kritiese evaluering van apartheid ingelei. Die regering het begin om toegewings oor apartheid te maak. As gevolg van die diep kloof tussen politieke oortuigings van Ned Geref. Kerklidmate was die vroee tagtigerjare 'n fase vol huiwering vir die Ned. Geref. Kerk oor apartheid. Die besluit tydens die Algemene Sinode van 1986 dat die Ned. Geref. Kerk "oop" is, was in beginsel 'n sprong weg van apartheid soos gereflekteer in die nuwe beleidsdokument, Kerk en Samelewing. In die fase tussen 1986 en 1991 vind die besliste ontstrengeling van apartheid plaas. Die Ned. Geref. Kerk en die owerheid het dus saam apartheid geimplementeer en saam daarvan weg beweeg. Die Ned. Geref. Kerk het met sy ondersteuning van apartheid en hegte band met die owerheid meegewerk om sy baie "bevoorregte" posisie ten opsigte van die owerheid ongedaan te maak. 'n Era is afgesluit en in die nuwe Suid-Afrika is daar nou 'n nuwe owerheid met nuwe vennote. Indien die Ned. Geref. Kerk nuwe geleenthede aangryp, kan sy Skriftuurlike opdrag, met 'n duidelike profetiese stem, 66k teenoor die owerheid, gehoor word. Die alternatief is 'n eensame pad ... / Thesis (DD)--University of Pretoria, 1994. / gm2014 / Practical Theology / Unrestricted

Page generated in 0.0212 seconds