• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die moontlike uitwerking van groepgebaseerde dramaterapie op die selfagting van die kind met leerhindernisse (Afrikaans)

De Jager, Liesl Mari 26 July 2010 (has links)
In hierdie studie is psigoterapeutiese uitkoms navorsing gedoen (Lindegger, 1999). Die navorser het as intern opvoedkundige sielkundige ‘n groepgebaseerde gestalt-dramaterapie program van 12 sessies ontwikkel ten einde selfagting-ontwikkeling by die kind met leerhindernisse aan te spreek. Gebrekkige motivering, ongunstige selfagting, sowel as problematiese sosiale vaardighede word geassosieer met leerhindernisse (DSM-IV-TR, 2000). Die Self-Esteem Index (SEI) is as meetinstrument gebruik en met aanvang en terminering van die intervensie afgeneem. Sekere strategieë is toegepas ten einde leerhindernisse te akkommodeer tydens die afneem van die meetinstrument. Na afloop van die intervensie, wat hoofsaaklik bestaan het uit dramatisering en rollespelle in kleingroep-verband, is die versamelde data statisties geanaliseer ten einde te bepaal of die intervensie moontlik tot die ontwikkeling van gunstige selfagting by die betrokke leerdergroep bygedra het. Die steekproef (n=17) is vanuit die SEI-vraelysdata van die Afrikaanssprekende Graad 4-leerders (tussen die ouderdomme van 10 tot 12 jaar) verbonde aan die betrokke remediërende skool, wie aan die LOD-program deelgeneem het, op sistematiese wyse getrek. Gepaarde t-toetse is gedoen ten einde te bepaal of daar enige statisties betekenisvolle verskille tussen die voortoets-/natoets-data bestaan. Die terapeutiese proses waartydens die data gegenereer is vir hierdie studie, was soortgelyk aan die pre-eksperimentele een groep voortoets-/natoets ontwerp. Die navorsingsresultate het aangedui dat die nulhipotese nie verwerp kan word nie. Die alternatiewe hipotese moet dus verder ondersoek word en vele moontlikhede vir toekomstige navorsing het vanuit die studie ontwikkel. ENGLISH : In this study psychotherapy outcome research was conducted (Lindegger, 1999). The researcher developed a group based gestalt drama therapy program during her internship as educational psychologist in a remedial school. The main therapeutic aim was to develop the self-esteem of the child with barriers to learning. Demoralization, low self-esteem, and deficits in social skills may be associated with barriers to learning (DSM-IV-TR, 2000). The intervention was facilitated over 12 sessions and all the Grade 4 pupils of the specific school participated in the intervention. The Self-Esteem Index (SEI) was administered during the beginning and at the end of the intervention. Certain strategies were used to accommodate barriers to learning during the administration of the SEI. After termination of the intervention the data were statistically analysed. The pretest/posttest results were compared in order to determine if the intervention contributed to self-esteem development of the participants. A data-sample (n=17) was systematically drawn from the Afrikaans speaking Grade 4 learner participants’ (between the ages of 10 to 12 years) SEI questionnaires. The therapeutic process during which the data was generated resembled a pre-experimental one group pretest/posttest design. Paired t-tests were used and the research results indicated no statistical significance which means that the null hypothesis could not be rejected. This resulted in the formulation of further hypothesis. The aim of this study therefore was to explore the possible effect of the intervention on the self-esteem development of the child with barriers to learning. Possibilities for further research emerged from this research study. Copyright / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2010. / Educational Psychology / unrestricted

Page generated in 0.1415 seconds