Spelling suggestions: "subject:"church growth -- case studies"" "subject:"church growth -- base studies""
1 |
'n Verkennende analise van Willow Creek gemeente, Barrington, IllinoisDick, Ferdinand Herman Bernard 12 1900 (has links)
Thesis (MDiv) -- Stellenbosch University, 2002. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Willow Creek is 'n kerk wat alreeds die afgelope paar jaar die kerk aan die gons het. Ek
wil amper sover gaan om die stigting van die Willow Creek model as 'n tweede
reformasie te beskou, veral te midde van die drastiese teruggrype na die Nuwe
Testamentiese kerk. Nes Martin Luther het Bill Hybels ook 'n stap van geloof geneem, en
'iets nuuts' begin wat anders was as waaraan almal gewoond was, om 'n gemeenskap van
gelowiges op te rig wat leef volgens die beginsels waarvolgens die vroee kerk geleef het.
Net soos wat Hybels besefhet dat die ongelowiges op 'n sensitiewe manier geevangeliseer
moet word, so het Luther ook die opmerking gemaak dat diegene wie se
geloof aan dade gekoppel is, teruggelei moet word na die geloof, soos wat jy 'n siek
persoon sou begelei, dus baie versigtig. Hy kon maar net sowel die woord 'sensitief
gebruik het. Haendler ( 1981 :28) stel dit soos volg:
In his "Treatise on good works" Luther declared, "Therefore, we must not despise those of little
faith who cling to their ceremonies and perform them as though they were lost in their faith
without them. They would gladly do right and learn better, but they are as yet unable to grasp it
all. Instead one should blame their ignorant, blind teachers, who have never taught them what
faith is, and have led them so deeply into works. " The responsibility for these abuses is therefore
that of the ministers rather than the congregation. Luther drew the following pastoral
conclusion: "One should gently lead them back to faith in their good time, as one would treat a
sick person. "
Dus is ek van mening dat beide Hybels en Luther binne hulle konteks bedienaars is en
was van die boodskap wat hulle glo en geglo het, relevant vir hulle samelewing is en was.
Carron ( 2000:51) beskryfWillow Creek as een van 'n aantal posttradisionele kerke, wat
in duidelike kontras teenoor die konvensionele kerke staan. Kenmerke wat Carron aan
hierdie posttradisionele kerke toeskryf, stem baie ooreen met Willow Creek t.o.v. sy
Soekersensitiewe kerkmodel, en die inligting wat ek daaroor verskaf oorvleuel wel.
Carroll stel die kenmerke van 'n posttradisionele kerk soos volg:
Groot getalle in vergelyking met die Protestantse kerke
Gewilligheid om eeue-oue tradisies prys te gee, met 'n Bybelse uitgangspunt as
rede
Teologiese konserwatisme, sonder om fundamentalisties te raak
Tekort aan denominale bande
Sterk, entrepreneuriese leierskap, ondersteun deur opgeleide personeel, met baie
klem op leke-oefening van geestelike gawes
Het 'n spesifieke doel, vera! t.o.v. die identifisering van maniere om 'n spesifieke
gehoor aan te spreek
Getrou daaraan om lede te lei tot toegewyde dissipels van Christus
Geboue wat geen ooreenkomste toon met tradisionele kerke nie, en wat gelee is
om mense van 'n streek te trek, en nie net 'n spesifieke gemeenskap nie.
Vermyding van die meeste tradisionele en klassieke vorme van kerkmusiek, om
eerder kontemporere musiek in die kerk in te bring.
Kleredrag is informeel
Dienste is uiters profesioneel, en daar word geen druk op besoekers geplaas nie.
Groot klem op kleingroepe.
Geleenthede vir lede om betrokk:e te raak by 'n verskeidenheid bedieninge, veral
op plaaslike vlak.
Verwag 'n hoe vlak van toewyding van diegene wat aansluit, wat gepaard gaan
met toewyding aan uitmuntendheid t.o.v. die bedieninge.
Wat ek met hierdie studie poog, is om 'n verkennende analise te maak, in sover moontlik
volgens die formaat soos deur Hendriks (1992: 134) voorgehou. Die motivering agter
hierdie studie is die vraag na werkbare bedieningsvorme binne die N. G Kerk tradisie,
omrede daar 'n afname in lidmaat getalle is, en diegene wat nie meer kerk toe gaan nie,
terug 'gelok' moet word, sonder om hulle weg te jaag. Juis omrede Willow Creek so
suksesvol is om ongelowiges te evangeliseer, en dit 'n taak is waarna die N.G Kerk
ernstig sal moet terugkeer, kan daar by Willow Creek geleer word ten opsigte van hulle
funksionering.
Wat ek dus in hierdie studie doen, is om eerstens te gaan kyk na die geskiedenis van
Willow Creek, waar die kerk vandaan kom, en die groeipyne wat die kerk ervaar het.
Hierdie afdeling is vir my van uiterste belang, omrede die feit dat jy nie iemand regtig
ken indien jy nie weet waarvandaan hy kom nie. Dus, om vir Willow Creek te analiseer,
moet jy weet waarvandaan die kerk kom, en wie die kerk is.
Die daaropvolgende hoofstuk handel oor die Soekersensitiewe model waarvolgens
Willow Creek funksioneer, ingesluit al die areas binne die kerk wat daardeur geaffekteer
word, asook die gevare en voordele van hierdie model.
In die laaste hoofstuk gee ek die feitelike data en gegewens weer t.o.v. wat Willow Creek
hied, en wie die kerk is. Dit sluit in wat die kerk t.o.v. homself se, wie die kerk is en waarvoor die kerk staan, asook alle geleenthede waar lidmate betrokke kan raak. Laastens
toon ek die opset en ligging d.m.v. kaarte aan.
|
2 |
Discerning congregational growth : a case study - Vineyard Christian Fellowship Tygerberg, 1992-2000 with special reference to leadershipGoddard, C. R. 03 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2001 / ENGLISH ABSTRACT: The basic premise of this study is that when a comprehensive analysis is
made of the Vineyard Christian Fellowship Tygerberg's current status and
growth, it will provide a sound basis for discerning that growth. This will in
some measure open the way for the leadership of the congregation to be able
to make decisions for the future that are better informed and more aware of
the way God has worked with the congregation thus far. This in turn will
hopefully keep the congregation on the path to further growth toward
maturity.
The research has been structured in such a way, that it conforms to a
practical theological framework and attempts a description of the current
reality of the congregation by means of a mechanical, cultural and leadership
analysis. A practical theological ecclesiology follows in order to provide the
basis for a correlational hermeneutic. After analysis and reflection,
possibilities for future strategies are proposed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die basiese uitgangspunt van hierdie studie is dat wanneer In goed
gefundeerde gemeente analise van die 'Vineyard Christian Fellowship
Tygerberg' se huidige status en groei gedoen word, dit 'n gesonde basis vir
oordeel oor die groei van die gemeente sal gee. Dit behoort tot ' n mate die
weg te baan vir die leierskap van die gemeente om beter ingeligte besluite
rakende die toekoms van die gemeente te neem omdat daar dan ' n
bewustheid is van God se werking in die gemeente tot dusver. Hopelik sal
dit ook die gemeente help om voorts op die pad van groei tot volwassenheid
te bly.
Die navorsing is so gestruktureer dat dit 'n praktiese teologiese raamwerk
gebruik en poog om die huidige realiteite van die gemeente deur 'n
meganiese, kulturele en leierskap analise te beskryf. 'n Praktiese teologiese
ekklesiologiese uiteensetting volg wat moet dien as die beginpunt van 'n
korrelatiewe hermeneutiese proses. Moontlike strategice vir die toekoms
word voorgestel nadat analise en refleksie gedoen is.
|
3 |
Breaktrhru [i.e breakthru] Restoration Community Church (Wellington): konteks, identiteit en uitdagingsMourries, Eben Jacques Philip 12 1900 (has links)
Thesis (MTh (Practical Theology and Missiology))--University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In ‘n sosio-ekonomies minder bevoorregte bruin gemeenskap is misdaad, alkohol- en dwelmmisbruik, werkloosheid, en armoede alledaagse verskynsels. Hoe begelei ‘n mens ‘n gemeente om ‘n missionale gemeente binne so ‘n gemeenskap te word? Kan ‘n gemeente wie se lidmate in die greep van armoede en verwante verskynsels vasgevang is, omvorm word tot ‘n gemeente wat nie net bakhand staan om
te ontvang nie? Kan so ‘n gemeente se lidmate bemagtig word om self betrokke te word by hul uitdagings in die gemeenskap? Wellington is ‘n besonderse dorp met besonderse mense en ‘n unieke, historiesekarakter en geskiedenis wat wêreldwyd bekend is op kulturele, musikale, opvoedkundige, landbou- en Christelike gebied. Die inwoners van die dorp is oorwegend bruin Afrikaanssprekendes met baie blanke en swart inwoners - oorwegend Christene met ‘n baie klein Moslem komponent. Wellington is wel ‘n klein dorpie, maar die wyse waarop globale tendense soos globalisasie, godsdiens, taal, bendes, misdaad, alkohol- en dwelmmisbruik, armoede, en werkloosheid ‘n rol speel, is onrusbarend.
Oral in dié gemeenskappe is probleme en uitdagings en ons as die kerk mag nie langer stilbly oor dinge wat in die gemeenskap gebeur nie. Met die uitdagings en behoeftes wat in ons konteks beskryf word en die feit dat die meeste probleme sosiaal-maatskaplik en sosio-ekonomies is, staan die kerk sentraal as ‘n agent van
verandering. Die Breakthru Restoration Community Church (BRCC) is ‘n geordende gemeente wat, te midde van ‘n see vol probleme, ‘n eiland van hoop is. As ‘n gemeente wat omgee deur God se liefde in aksie te wees binne ‘n sosio-ekonomies, onderontwikkelde gemeenskap, is ons die sout en die lig van die wêreld. Breakthru het binne ‘n bestek van vyf jaar die landskap van Wellington en omgewing onherroeplik verander deurdat ons Bybels, aanpasbaar, ekumenies, relevant en effektief is. Ons leuse is, every member a minister, wat al ‘n refrein in ons gemeente geword het. Ons streef daarna om die “sout” en die “lig” te wees en ons doen dit deur ons grootste bate, ons lidmate, te bemagtig en te mobiliseer om eienaarskap van die gemeente se visie te neem. As kerk spreek ons die geestelike, maatskaplike en sosio-ekonomiese probleme holisties aan deur die Woord van God sowel as in vennootskap met ander organisasies. Ons wil as draers van hoop in ons gemeenskap leef. ‘n Beskrywende studie van die gemeente is gedoen deur ‘n prakties-teologiese metodiek te gebruik. Dit word in hoofstuk een as die inleiding beskryf. In hoofstuk twee word ‘n kontekstuele analise van die gemeenskap gedoen. Hoofstuk drie verskaf ‘n profiel van BRCC en stippel die werksaamhede, visie, missie en doelwitte van die gemeente uit. Hoofstuk vier fokus op die identiteit en kultuur van die gemeente. In hoofstuk vyf het die navorser ‘n strategie vir ‘n missionale identiteit vir die Breakthru Restoration Community Church uitgestippel. / ENGLISH ABSTRACT: In a socio-economic disadvantaged coloured community where poverty, alcohol and drug abuse, unemployment and crime are everyday realities, how do you guide a
congregation to be a missional congregation amidst these challenges? Can a congregation, whose members are caught in the grip of poverty and related challenges, as described above, be transformed into a missional congregation,
with members who are actively involved in tackling these issues? Wellington is a unique town with unique people and a unique historical
character and history, which is widely known. The population comprises predominantly Afrikaans speaking coloured people together with many white and African people who are predominantly Christian, with a small Muslim population. Wellington is a small town but the way that global tendencies, such as globalization, religion, language, gangs, crime, alcohol and drug abuse, unemployment, and poverty have
plagued our community is a matter of concern.
Every community has its own challenges and problems, but the church can no longer keep silent about issues in this community. The church should break its silence on issues. Among the challenges and needs that are described in the context, and the fact that most of these challenges are social and socio-economic by nature, the church stands central as an agent of change. The Breakthru Restoration Community Church (BRCC) is an ordained congregation
that, amidst a sea of challenges, is prominent as an island of hope. As a congregation that cares by demonstrating God’s love by means of various activities in this sosio-economically disadvantaged community, we are indeed the salt and light of the world. Within a space of five years, Breakthru has changed the landscape of Wellington completely by means of our vision for this community. Our vision includes: being
Biblical, ecumenical, relevant and effective. Our slogan is: every member a minister, which means motivating the members of the church to be actively involve in the missio Dei. We do this by empowering and mobilizing our greatest asset, i.e. our members, to take ownership of the congregation’s vision. Furthermore, we believe in the concept: “Together we can do more.” As a church, we addresses the spiritual, social and socio-economic challenges holistically through the
Word of God and also by partnering with other organizations. Our vision is to live as
bearers of hope in our community. The descriptive study of the congregation was done by using a practicaltheological methodology, which chapter one, as the introduction, describes. Chapter two contains a contextual analysis of the community.
Chapter three provides a profile of the BRCC that focuses on our vision, mission, functions and goals. Chapter four emphasizes the identity and culture of the congregation and in chapter five the researcher has mapped out a strategy for a missional identity for the Breakthru Restoration Community Church.
|
Page generated in 0.061 seconds