• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Coert Steynberg se vertolking en uitbeelding van Paul Kruger

Lugtenburg, A January 1989 (has links)
Die probleemstelling in hierdie skripsie en die hipotese wat gemaak word sentreer random die beeldhouer Coert Steynberg, die Krugerkop en die jarelange polemiek random hierdie saak. Die hipotese wat bewys moet word is dat Coert Steynberg as gevolg van die jarelange polemiek random die president S.J.P. Kruger Monument in die Kruger-wildtuin 'n proses van introspeksie en geestelike verdieping ondergaan het. Hierdie geestelike verdieping het gelei tot 'n bewuste diep deurdagte vertolking van Paul Kruger as gevolg waarvan Coert Steynberg sy beste beeldhouwerke geskep het. 'n Sinvolle bespreking van Coert Steynberg en sy siening van Paul Kruger kan alleen gedoen word deur sisternatiese analise van aspekte waaraan in die volgende hoofstukke aandag gegee is: Hoofstuk II: 'n Kort lewensbeskrywing van Coert Steynberg, die beeldhouer, word geskets in die konteks van sy tyd. Deur sy historiese gesitueerdheid is Coert Steynberg noodwendig betrokke met die opkoms van 'n nasionale bewussyn en die behoefte aan monumente. Coert Steynberg is dan die logiese keuse om die Afrikaner Volksbeeldhouer by uitstek te word. Hoofstuk III: President S.J.P. Kruger as politieke leier en as die vader van natuurbewaring word deur die Afrikaans- en Engels sprekende bevolkingsgroepe as gevolg van bulle verskillende geskiedbeskouinge verskillend en meestal teenstrydig geinterpreteer. Paul Kruger is vir vele 'n enigma en 'n histories omstrede figuur. Alleen aan die geskiedbeelde van die blanke bevolkingsgroepe word aandag gegee omdat die swart geskiedskrywing in konteks van hierdie skripsie nie relevant is nie. Hoofstuk IV: Coert Steynberg se uitbeelding van pres. Kruger word kronologies behandel; dit wys sy betrokkenheid vanaf sy jeug met Paul Kruger en weerspieël sy heldeverering van Paul Kruger, die gevoel wat die Afrikaner vir sy volkshelde koester. Hoofstuk V: Die voorspel tot die Krugerkop uit die koppie word geskets. Die reuse Krugerkop is die oorsaak van die jarelange polemiek. Die polemiek wys die algehele betrokkenheid van die blanke bevolking wat telkemale beswaar maak teen die reusekop omdat dit die natuur sal skend en esteties onaanvaarbaar is. Egter die grootste faktor wat bydra tot die vurige drif is die omstrede figuur van pres. Kruger. Die reaksie van Coert Steynberg op die polemiek en in die besender op die gevoelens wat oor Kruger geopenbaar word kom tot uiting in sy skeppinge van Paul Kruger. In die laaste deel van hierdie hoofstuk word die verskillende stadia van die Pres. S.J.P. Kruger Monument by die Paul Kruger-hek van die Kruger-wildtuin bespreek. Hoofstuk VI: Nadat bogenoemde aspekte in aanmerking geneem is, sal daar ten slotte tot 'n slotsom gekom word of bogenoemde hipotese bewys is. / Dissertation (Hons.)--University of Pretoria, 1989. / gm2013 / Historical and Heritage Studies / Unrestricted

Page generated in 0.0447 seconds