Spelling suggestions: "subject:"confession anda apologia"" "subject:"confession ando apologia""
1 |
Outo-etnografie, apologie en belydenis in outobiografieë van Elsa Joubert, André P. Brink en Koos KombuisRothmann, Jan-Ben 02 1900 (has links)
Text in Afrikaans / ’n Merkbare opbloei in die publikasie van literêre niefiksietekste wêreldwyd het gelei tot die klassifikasie van sodanige tekste as ’n vierde genre. Die politieke oorgang in Suid-Afrika in 1994 het gelei tot ’n soortgelyke toename in outobiografiese tekste waarin kommentaar gelewer word op die Suid-Afrikaanse politieke werklikheid deur die vertel van sowel persoonlike as kollektiewe geskiedenisse.
Daymond en Visagie (2012) identifiseer outo-etnografie, apologie en belydenis as kenmerke van die Suid-Afrikaanse outobiografie ná 1994. In hierdie navorsingsverslag word enkele resente skrywersoutobiografieë van onderskeidelik Elsa Joubert (’n Wonderlike geweld: jeugherinneringe (2005); Reisiger (2009)), André P. Brink (’n Vurk in die pad (2009)) en Koos Kombuis (Seks & drugs & boeremusiek: die memoirs van ‘n volksverraaier (2000); Die tyd van die Kombi’s: ‘n persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie (2009)) gemeet aan die kriteria wat deur Daymond en Visagie voorgestel word. Die beskrywing en interpretasie van verskeie outo-etnografiese merkers lei daartoe dat hierdie outobiografieë as ’n vorm van kulturele introspeksie beskou kan word. / A marked proliferation in the publication of literary nonfiction globally led to the classification of such texts as a fourth genre. The political transition in South Africa in 1994 caused a similar increase in autobiographical texts in which commentary is offered on the South African political reality through the telling of both personal and collective histories.
Daymond and Visagie (2012) identify autoethnography, apologia and confession as characteristics of post-1994 South African autobiographies. In this research report some contemporary writers’ autobiographies, respectively those of Elsa Joubert (’n Wonderlike geweld: jeugherinneringe (2005); Reisiger (2009)), André P. Brink (’n Vurkin die pad (2009)) and Koos Kombuis (Seks & drugs & boeremusiek: die memoirs van ‘n volksverraaier (2000); Die tyd van die Kombi’s: ‘n persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie (2009)) are evaluated using the criteria proposed by Daymond and Visagie. The description and interpretation of various autoethnographical markers confirm that these autobiographies can be considered a form of cultural introspection. / Afrikaans and Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)
|
Page generated in 0.1109 seconds