Spelling suggestions: "subject:"counseling off teenagers boys"" "subject:"counseling oof teenagers boys""
1 |
A lifeskill programme for high school boysLuck, Karin Elizabeth 17 October 2008 (has links)
M.A. / 1. Motivering vir die studie Die studie is ingelei met ‘n beskrywing van die historiese ontwikkeling van skool maatskaplike werk in onderwys. Daar was bevind dat die doelwitte en die karakter van skool maatskaplike groepwerk gerig is op terapie, en daarop gemik is om probleme te eliminieer wat skoliere moontlik kan kortwiek in hul skool werk. Groepwerk in die verband is ook daarop gerig om die individu in te sluit in ‘n groep sodat hy deel kan voel van die gemeenskap. In Suid Afrikaanse konteks is daar reeds geweldige vooruitgang gemaak in die geskiedenis van die Opvoedkunde, maar skool maatskaplike werk figureer steeds nie in die ontwikkelinge nie. Sommige privaat skole in Suid Afrika het hul eie residensiële maatskaplike werkers. Skole tans steun steeds meestal op die Voorligting onderwyser/es om leerlinge by te staan deur moeilike tye en om hulle toe te rus met die nodige vaardighede vir die toekoms. Tog blyk dit dat meeste van die onderwysers nie oor die nodige vaardighede beskik om leerlinge te help deur hulle toe te rus met die nodige vaardighede om moeilike tye te oorkom nie. Verder blyk dit dat programme wat tans aangebied word, nie in die behoeftes van die leerlinge voldoen nie. In die verlede was Voorligting geïgnoreer as skoolvak. Lewensvaardighede was selde aangebied in skole, en het nie deel gevorm van die skoolkurrikulum nie. Die aanleer van lewensvaardighede was oorgelaat aan toeval. Ervaringsleer is baie suksesvol in groepwerk konteks. Alle lewensvaardigheids klasse is gebaseer op die groepwerk metode. Leerlinge het ervaring daarvan om deel van ‘n groep te wees in een of ander vorm, en daarom is die maatskaplike werk metode iets waarmee leerlinge hulself kan vereenselwig. 2. Doel van die studie Voortvloeiend uit die motivering, is die navorsingsdoel van die studie die ontwikkeling en die evalueering van ‘n lewensvaardigheidsopleidingsprogram. Die opleidingsprogram is bedoel vir graad agt seuns, en die program behoort deel van die totale skool kurrikulum uit te maak. 3. Die geïntegreerde ontwikkelings- en evalueeringsmodel Om uitvoering aan die doelstellings van die studie te gee, is ‘n geïntegreerde teoretiese ontwikkelingsnavorsings- en evalueeringsmodel gekonseptualiseer (Nel en Nel 1993; Nel 1992). Die model bestaan in hoofsaak uit Thomas (1984) se vierfase model, waarin ‘n analise-, ontwerp-, ontwikkeling- en evalueeringsfase figureer. In elkeen van die fases word ‘n aantal materiële voorvereistes gestel, asook metodologieë deur middel waarvan daar aan die voorvereistes voldoen kan word. Aangesien ‘n program as deel van die totale skoolkurrikulum daargestel moes word, is daar in die ontwerpfase van Thomas (1984) se metodologieë afgewyk en hoofsaaklik op opleidingsmodelle in die Bedryfsielkunde asook kurrikuleringsnavorsing in die Opvoedkunde gesteun. De Vos (1991) se Geïntegreerde Model van Programevaluering is vir die evalueeringsfase geselekteer. 4. Die analisefase In die eerste fase is ‘n ontleding van die opleidingsprobleem onderneem, die stand van bestaande programme is ondersoek en ‘n uitvoerbaarheidstudie is onderneem en op grond waarvan daarna besluit is om met die ontwerpfase voort te gaan. 5. Die Ontwerpfase In hierdie fase is daar aan die volgende materiële voorvereistes voldoen, te wete doelstellings en doelwitte is vir die program geformuleer, ‘n praktykmodel is opgestel, ‘n tentatiewe voorstelling van die innovasie is gemaak, en die innovasieprosedures is bepaal. Wat die praktykmodel betref, is ‘n geïntegreerde praktykmodel gekonseptualiseer wat as verklaringsmodel gedien het waarbinne die inhoude van die laboratotiumprogram verantwoord kon word. Uit die praktykmodel is kritieke rolbeskrywings afgelei, asook ‘n vaardigheidsrepertoire is opgestel wat in die program aangespreek work. Gedurende die ontwerpfase was dit ook nodig om die bepaling van programinhoude, die spesifisering van onderigstrategieë en onderigbronne te doen. 6. Die ontwikkelingsfase Nadat ‘n ontwikkelingsplan geformuleer is, het daar ‘n operasionele voorbereiding ten opsigte van die beplande loodsgebruik en ontwikkelingstoetsing plaasgevind. Met implementering van die program het dit geblyk dat sekere verstellings nodig is. Insluitend in die ontwikkelingsfase is daar hoofsaaklik gekonsentreer op programmoniteringevalueering (kwalitatiewe ondersoek) en impakevalueering (kwantitatiewe ondersoek). Vir hierdie doeleindes is ‘n kwasi-eksperimentele navorsingsontwerp benut, waarin voorsiening gemaak is vir ‘n voor- en nameting. Die kontrolegroep het bestaan uit graad agt seuns van King Edward VII School. Die evalueringsinstrument waarvan gebruik gemaak was gedurende die impakevalueringsfase het die Psigo-sosiale Funksionerings Inventaris ingesluit, wat bestaan uit ‘n pen en papier selfevalueringsmetode wat gebruik work om sosiale funksionering te meet. Toepaslike hipoteses is geformuleer en die parametriese hipotese vir twee steekproewe gemiddelde toets: onafhanklike steekproewe is gebruik. 7. Hoofbevinding Daar is in hoofsaak bevind dat ‘n lewensvaardigheidsopleidingsprogram daargestel kon word wat in die navorsingsdoel beantwood het. Wat die programdoelstellings en –doelwitte betref, is bevind dat die program oor die algemeen aan die programdoelstellings en doelwitte beantwoord het / Prof. J.B.S Nel
|
2 |
Reviving a forgotten custom : an evaluation of a community based mentoring intervention - the Jamestown USIKO Youth ProjectFabrik, Carmen Janine 03 1900 (has links)
Thesis (MA (Psychology))--University of Stellenbosch, 2007. / While children are young, they look to their parents for all their needs; they expect them to have the answers to all their questions. When they enter adolescence they go in search of their own answers. If they do not find guidance at home or with other responsible adults within their community, they may start to look to their peers for advice, information, and direction.
“Earlier work on gangs in South Africa has suggested that the effects of poverty and Apartheid’s massive social engineering created social stress to which gangs were a teenage response. The result of this uprooting and neglect is that the solid core of contributing adult members crumbles, and the institutions that provide the foundations of community fall apart. The community safety net is left in tatters. Parents, exhausted by long hours required to make ends meet or demoralized by their inability to cope with the hardships of poverty, may turn to drugs and alcohol. Kids are left on their own in …. adultless communities.” (Sarah Van Gelder as cited in Pinnock, 1997, p.5)
To counteract these negative social patterns that prevail in disadvantaged communities, a community based intervention was conceptualised to provide youth at risk with a rites of passage diversion programme. In 2001, a programme called the Community Building Leadership Programme was developed and piloted by USIKO in partnership with the University of Stellenbosch and a peri-urban community in Jamestown, near Stellenbosch.
Twenty-one boys (mentees) and thirteen men (mentors) from Jamestown and the surrounding areas were selected to be pioneers in this process. This thesis expounds the experiences and recommendations of the thirteen men who were the entrepreneurs of the first Jamestown USIKO Youth Project.
|
Page generated in 0.1035 seconds