• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Groot-Brittanje se aanspraak op die suidelike gedeelte van Delagoabaai, 1822 - 1875

Edwards, Peter 25 November 2020 (has links)
Afrikaans: In die tydperk 1822 tot 1875 het Groot-Brittanje verskeie aansprake rakende eienaarskap op die suidelike gedeelte van Delagoabaai gemaak wat tot ‘n aantal insidente met Portugal gelei het. Hierdie aansprake het nie ‘n spesifieke patroon gevolg nie. Kaptein William Fitzwilliam Owen kan as die grondlegger van Britse aansprake op die suidelike gedeelte van Delagoabaai beskou word. Sy ooreenkomste met die inheemse leiers van Tembe en Maputo in 1823 het die grondslag vir Britse aansprake op die suidelike gedeelte van Delagoabaai gelê. Portugese protes teen Owen se aggressiewe bevordering van Britse belange in Delagoabaai het reeds in 1826 tot die eerste korrespondensie op diplomatieke vlak gelei. Hierdie korrespondensie, en veral die verskil in interpretasie oor die Anglo- Portugese konvensie van 1817, sou in 1875 die grondslag van die Delagoabaaiarbitrasie vorm. Hernude Britse belangstelling in die handelsmoontlikhede van die suidelike gedeelte van Delagoabaai het in November 1861 tot die Britse besetting van Inyackeiland in die monding van die baai gelei. President M.W. Pretorius se poging in 1868 om die Zuid-Afrikaansche Republiek se grondgebied tot Delagoabaai uit te brei en sy daaropvolgende erkenning van Portugal se aanspraak op die suidelike gedeelte van die baai, het protes van die Britse regering ontlok. Langdurige Anglo-Portugese onderhandelinge het uiteindelik tot ‘n gesamentlike besluit gelei om hul opponerende aansprake aan die arbitrasie van die Franse president, maarskalk Patrice MacMahon, voor te lê. Op 27 Julie 1875 het MacMahon uitspraak ten gunste van Portugal gelewer. / In the period of 1822 to 1875, Great Britain made various claims regarding ownership of the southern part of Delagoa Bay which led to a number of incidents with Portugal. These claims did not follow any specific pattern. Captain William Fitzwilliam Owen can be regarded as the champion of the British claim to the southern part of Delagoa Bay. His agreements with tribal leaders of Tembe and Maputo in 1823 lay the foundation for the British claim to the southern part of Delagoa Bay. Portuguese protests against Owen’s aggressive advancement of British interests in Delagoa Bay led to the first correspondence on diplomatic level in 1826. This correspondence and especially the difference of interpretation of the Anglo- Portuguese convention of 1817, would form the foundation of the Delagoa Bay arbitration in 1875. Renewed British interest in the possibility of trade relations with the southern part of Delagoa Bay led to the British occupation of Inyack Island in the mouth of the Bay in November 1861. The attempts of President M.W. Pretorius in 1868 to expand the Zuid-Afrikaansche Republiek’sZ.A.R.’s territory to Delagoa Bay and his recognition of Portugal’s claim to the southern part of the bay, led to protestation from the British government. Lengthy Anglo-Portuguese negotiations would eventually lead to a combined decision to have the issue of their opposing claims arbitrated by the French president, Marshal Patrice MacMahon. On 27 July 1875 MacMahon decided in favour of the Portuguese. / Thesis (PhD (Geskiedenis))--University of Pretoria, 2020. / Historical and Heritage Studies / PhD (Geskiedenis) / Unrestricted

Page generated in 0.0104 seconds