• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Oorsig van fonologiese ontwikkeling by kinders

Roux, Cheryl January 1994 (has links)
Magister Artium - MA / Daar is 'n toenemende belangstelling in die rol wat die linguistiek speel ten opsigte van die hantering van taalgebreke by kinders. Hierdie verskynsel kan gedeeltelik aan twee ontwikkelings in die linguistiek toegeskryf word, nl. (a) die bekendmaking van 'n transformasionele grammatika soos vervat in Noam Chomsky se Syntactic Structures in 1957 en (b) die feit dat transformasionele grammatici beklemtoon dat 'n linguistiese teorie moet kan verklaar hoe kinders taalstrukture verwerf. Dit het tot 'n hernieude belangstelling in taalverwerwing aanleiding gegee. Volgens Ingram (1976:6) kan linguiste 'n bydrae t.o.v. ten minste vyf aspekte lewer: (a) 'n boek t.o.v. algemene fonologiese aspekte moet saamgestel word; (b) 'n omvattende boek ten opsigte van die wyse waarop normale kinders die fonologie van hulle taal verwerf, moet saamgestel word; (c) 'n versameling tegnieke t.o.v. die verkryging en ontleding van kindertaal moet ontwikkel word; (d) 'n boek wat die aard van fonologiese afwykings in kinders beskryf, moet saamgestel word; (e) 'n versameling terapeutiese riglyne vir die behandeling van fonologiese afwykings moet ontwikkel word. Wanneer ons gekonfronteer word met kinders wat aan die een of ander taalgebrek ly, ontstaan daar onmiddellik die behoefte om die kind se taalsisteem te beskryf. Die deskriptiewe metode wat gebruik word, moet effektief genoeg wees om die kind se eie reëlsisteem uit te beeld asook die kompleksiteit van die strukture wat verwerf is. Sommige linguiste glo dat die TGG die regte stap in hierdie rigting is.

Page generated in 0.071 seconds