• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Wetenskaplike en tegniese verslagliteratuur : die waarde , ontsluiting en bibliografiese beheer met verwysing na toestande in Suid-Afrikaanse spesiale biblioteke

Lombard, Beatrix Adriana January 1980 (has links)
Die doelstelling van hierdie verhandeling is om te bepaal of die verslag die draer van waardevolle wetenskaplike en tegniese inligting is, of hanteervorms die gebruik van verslae beinvloed, of die ontsluiting en bekendstelling doeltreffend is, en of die verslagliteratuur as inligtingsbron onbekend is. 'n Literatuur- sowel as 'n empiriese ondersoek na die stand van sake in Suid-Afrika is onderneem. Die literatuurondersoek asook die hoe benuttingsintensiteit van verslagliteratuur deur SuidAfrikaanse wetenskaplikes dui ondubbelsinnig die onmisbaarheid van verslae as inligtingsbron ter bevordering van wetenskapsarbeid aan. Dit blyk dat daar nog verwarring bestaan by bibliotekarisse oor die hantering en ontsluiting van verslae. Deeglike kennis van die aard en kenmerke van die verslag en die hantering daarvan blyk noodsaaklik te wees vir doeltreffende inligtingsvoorsiening aan die gebruiker. Aanbevelings word gedoen vir die ontsluiting van klein-tot-medium en groat verslagversamelings tot die effek dat so ver moontlik van rekenaarmatige stelsels gebruik gemaak meet word. Indien dit onprakties is, word die Termatrex of 'n soortgelyke stelsel aanbeveel. / Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1980. / gm2014 / Information Science / unrestricted

Page generated in 0.1205 seconds