Spelling suggestions: "subject:"dissertations -- 6electronic engineering"" "subject:"dissertations -- belectronic engineering""
271 |
Nie-destruktiewe klankonttrekking, restourasie en spraakverheffing van Edison-fonograafsilindersVan der Westhuizen, Ewald 12 1900 (has links)
Thesis (MScEng)--University of Stellenbosch, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Two non-destructive methods of extracting audio from Edison phonographic
cylinders were investigated. A recording device with high accuracy positioning was
designed and manufactured. A microscopic image method was investigated first.
Surface images of the cylinder were obtained using a webcamera. An audio signal
was then extracted from the width modulation. Results were not pleasing as echoes
caused by intergroove modulation were perceptable. The audio also lacked resolution.
The true modulation of the audio is not embedded in the width, but in the depth of the
groove. The second audio extraction method involved using a laser pick-up from a
compact disc player to measure the depth of the groove. Three laser recording
methods were investigated. The first was forward recording, that measured the depth
modulation in the recording direction of the groove. The second method, backward
recording, was identical to forward recording with the mechanical system moving in
reverse. Four recordings from different positions in the groove were combined to
create an audio signal. This combination of recordings showed a substantial
improvement in the signal-to-noise ratio. A third recording method, transverse
recording, that measured the whole depth profile of the groove was also investigated.
The groove profile was then processed to an audio signal. A manual audio restoration
program was written to replace visible sections of distorted data with better
interpolations. Two speech enhancement methods were investigated, the first being
the most commonly used speech enhancement method for digital audio restoration,
Short-Time Spectral Attenuation (STSA). The second method is based on linear
predictive coefficient (LPC) estimation of short-time frames. The two methods were
evaluated by means of listening tests. The LPC enhancement method was preferred
because it enhanced the intelligibility of the speech. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Twee nie-destruktiewe metodes om klank van Edison-fonograafsilinders te onttrek, is
ondersoek. 'n Opneemtoestel, wat die silinders met baie hoë akkuraatheid posisioneer,
IS ontwerp en vervaardig. 'n Mikroskopiese beeldrnetode IS as eerste
klankonttrekkingsmetode ondersoek. Mikroskopiese beelde is met 'n webkamera van
die silinderoppervlak geneem. Klank is vanuit die wydtemodulasie sigbaar in die
beelde onttrek. Resultate was nie bevredigend nie weens groefintermodulasie-eggo's
en 'n tekort aan resolusie. Die ware modulasie van die klank is nie in die wydte van
die groefie gegraveer nie, maar in die diepte. Die tweede klankonttrekkingsmetode
gebruik 'n aangepaste lasersensor van 'n CD-speler om die dieptemodulasie van die
groefie te meet. Drie laseropneemmetodes is ondersoek. Die eerste is voorwaartse
opname, wat die dieptemodulasie in die opneemrigting van die groefie meet. 'n
Tweede opneemmetode, truwaartse opname, is identies aan voorwaartse opname,
behalwe dat die meganiese stelsel in trurat beweeg. Vier opnames vanuit verskillende
posisies in die groefbreedte is gekombineer om 'n klanksein te vorm. Die kombinasie
van vier opnames toon 'n beduidende verbetering op die sein-tot-ruis-verhouding. Dit
het aanleiding gegee tot die derde opneemmetode, dwarsskandering, wat die hele
profiel van die groef meet. Die groefprofiel word dan verwerk tot 'n klanksein. 'n
Handoudiorestourasieprogram is geskryf om sigbare verwringing in die klanksein met
beter interpolasies te vervang. Twee spraakverheffingsmetodes is ondersoek. Short-
Time Spectral Attenuation (STSA) is die mees gebruikte metode vir oudiorestourasie.
'n Tweede spraakverheffingsmetode wat van 'n lineêre voorspellingskoëffisiëntafskatting
(LPC-afskatting) van korttydraampies gebruik maak, is ook
toegepas. Die twee metodes is deur luistertoetse teen mekaar opgeweeg. Die LPCmetode
is verkies aangesien dit die verstaanbaarheid van die spraak beter behoue laat
bly.
|
272 |
The development of a mass memory unit for a micro-satellite using NAND flash memoryHorsburgh, Ian J. 04 1900 (has links)
Thesis (MScEng)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis investigates the possible use of NAND flash memory for a mass memory unit
on a micro-satellite. The investigation begins with an analysis of NAND flash memory devices
including the complexity of the internal circuitry and the occurrence of bad memory
sections (bad blocks). Design specifications are produced and various design architectures
are discussed and evaluated. Subsequently, a four bus serial access architecture using 16-
bit NAND flash devices was chosen to be developed further.
A VHDL design was created in order to realise the intended system functionality. The
main functions of the design include a sustained write data rate of 24 MB/s, bad block
management, multiple image storing, error checking and correction, defective device handling
and reading while writing. The design was simulated extensively using NAND flash
simulation models.
Finally, a demonstration test board was designed and produced. This board includes an
FPGA and an array of 16 8-bit NAND flash devices. The board was tested sucessfully
and a write data rate of 12 MB/s was achieved along with all the other main functions. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek die moontlike gebruik van NAND flash tegnologie as die geheue
eenheid van ’n mikrosatelliet. As ’n beginpunt word NAND flash tegnologie ondersoek
in terme van die kompleksiteit van interne stroombane en die voorkoms van defektiewe
geheuesegmente. Daarna word ontwerpspesifikasies voortgebring en verskillende
ontwerpsmoontlikhede met mekaar vergelyk. Vanuit hierdie oorwegings is daar besluit
om die oplossing te implementeer met ’n vier-bus seri¨ele struktuur bestaande uit 16-bis
NAND flash toestelle.
Om die ontwerpspesifikasies te realiseer, is ’n VHDL stelsel geskep. Die belangrikste
funksies van hierdie stelsel is ’n konstante skryftempo van 24 MB/s, die bestuur van
defektiewe geheuesegmente, die stoor van meer as een beeld, foutopsporing en -herstel,
optimale werking in die geval van defektiewe geheuetoestelle en laastens, die gelyktydige
lees en skryf van data. Die stelsel is breedvoerig getoets met NAND flash simulasiemodelle.
Ten slotte is ’n fisiese demonstrasiebord, bestaande uit ’n FPGA en 16 8-bis NAND flash
toestelle, ontwerp en gebou. Fisiese metings was ’n sukses. ’n Skryftempo van 12 MB/s
is gehaal, tesame met die korrekte werking van die ander hooffunksies.
|
273 |
3-D face recognitionEriksson, Anders 12 1900 (has links)
Thesis (MEng) -- Stellenbosch University , 1999. / ENGLISH ABSTRACT: In recent years face recognition has been a focus of intensive research but has still not
achieved its full potential, mainly due to the limited abilities of existing systems to cope
with varying pose and illumination. The most popular techniques to overcome this problem
are the use of 3-D models or stereo information as this provides a system with the necessary
information about the human face to ensure good recognition performance on faces with
largely varying poses.
In this thesis we present a novel approach to view-invariant face recognition that utilizes
stereo information extracted from calibrated stereo image pairs. The method is invariant
of scaling, rotation and variations in illumination. For each of the training image pairs a
number of facial feature points are located in both images using Gabor wavelets. From
this, along with the camera calibration information, a sparse 3-D mesh of the face can be
constructed. This mesh is then stored along with the Gabor wavelet coefficients at each
feature point, resulting in a model that contains both the geometric information of the
face as well as its texture, described by the wavelet coefficients. The recognition is then
conducted by filtering the test image pair with a Gabor filter bank, projecting the stored
models feature points onto the image pairs and comparing the Gabor coefficients from the
filtered image pairs with the ones stored in the model. The fit is optimised by rotating and
translating the 3-D mesh. With this method reliable recognition results were obtained on
a database with large variations in pose and illumination. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Alhoewel gesigsherkenning die afgelope paar jaar intensief ondersoek is, het dit nog nie sy
volle potensiaal bereik nie. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die feit dat huidige
stelsels nie aanpasbaar is om verskillende beligting en posisie van die onderwerp te hanteer
nie. Die bekendste tegniek om hiervoor te kompenseer is die gebruik van 3-D modelle of
stereo inligting. Dit stel die stelsel instaat om akkurate gesigsherkenning te doen op gesigte
met groot posisionele variansie.
Hierdie werk beskryf 'n nuwe metode om posisie-onafhanklike gesigsherkenning te doen
deur gebruik te maak van stereo beeldpare. Die metode is invariant vir skalering, rotasie
en veranderinge in beligting. 'n Aantal gesigspatrone word gevind in elke beeldpaar van die
oplei-data deur gebruik te maak van Gabor filters. Hierdie patrone en kamera kalibrasie
inligting word gebruik om 'n 3-D raamwerk van die gesig te konstrueer. Die gesigmodel wat
gebruik word om toetsbeelde te klassifiseer bestaan uit die gesigraamwerk en die Gabor
filter koeffisiente by elke patroonpunt.
Klassifisering van 'n toetsbeeldpaar word gedoen deur die toetsbeelde te filter met 'n Gabor
filterbank. Die gestoorde modelpatroonpunte word dan geprojekteer op die beeldpaar en
die Gabor koeffisiente van die gefilterde beelde word dan vergelyk met die koeffisiente wat
gestoor is in die model. Die passing word geoptimeer deur rotosie en translasie van die
3-D raamwerk. Die studie het getoon dat hierdie metode akkurate resultate verskaf vir 'n
databasis met 'n groot variansie in posisie en beligting.
|
274 |
Analysis of voltage regulation and network support technologiesRossouw, Frans Jacobus 12 1900 (has links)
Thesis (MEng)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Recent advances in semiconductor device development pushed a large number of network
devices onto the market. These devices can solve network problems more effectively and
economically than ever before. Network planners need tools to analyse and implement such
devices to help solve the largest network problem in South Africa: voltage regulation. Rural
networks experience the majority of voltage-regulation problems in South Africa. The
networks are long sub-transmission and reticulation networks and are modelled by two
generic networks, namely a radial network and a two-source ring network. The equations
describing voltage regulation for the generic networks are developed and implemented in
PSAT, a software analysis tool. The voltage regulation for two case studies that represent the
two generic networks are analysed. Four generic network devices are defined and various
control methods for these devices are developed to solve the network problem. The aim of
PSAT is to help the network planner to quickly evaluate a number of possible solutions and to
choose the best solution for further studies. This is demonstrated with the aid of the case
studies. PSAT provides a sturdy platform on which future developments, such as stability
analyses, can be built. However, PSAT can already function as a stand-alone analysis tool to
solve voltage regulation as a network problem. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Onlangse vooruitgang in halfgeleier ontwikkeling het 'n groot aantal netwerktoestelle op die
mark geplaas. Hierdie toestelle kan netwerk probleme doeltreffender en meer ekonomies
oplos as ooit vantevore. 'n Behoefte aan 'n pakket wat netwerkbeplanners in staat stelom die
netwerktoestelle te analiseer, is geïdentifiseer. So 'n pakket sal hulle help om die vernaamste
netwerkprobleem in Suid-Afrika, nl. spanningsregulasie, op te los. Die oorgrote meerderheid
spanningsregulasie probleme word op die platteland ondervind. Plattelandse netwerke word
gekenmerk deur lang sub-transmissie en retikulasie netwerke. Hierdie netwerke word met
behulp van twee generiese netwerke gemodelleer. 'n Radiale netwerk en 'n dubbelbron ringnetwerk
word aangewend om enige plattelandse netwerk te analiseer. Vergelykings is vir
spanningsanalise ontwikkel en in PSAT, 'n analitiese sagteware pakket, geïmplementeer.
Twee gevallestudies is gedoen om die twee netwerke afsonderlik voor te stel en die
vergelykings van PSAT te evalueer. Alle netwerktoestelle is in een van vier generiese
kategorieë geklassifiseer. Modelle is vir elk van die kategorieë ontwikkel vtr
spanningsregulasie analise. Die doel van PSAT is om die netwerk beplanner te help om
vinnig en effektief soveel moontlik opsies te ondersoek as oplossings vir 'n spesifieke
netwerk probleem. PSAT is reeds 'n alleenstaande pakket wat in die toekoms uitgebrei sal
word om na die analise van stabilitietsprobleme te kyk.
|
275 |
Aspects affecting the design of a low earth orbit satellite on-board computerGrobler, H. 12 1900 (has links)
Thesis (MEng)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Satellites are not all made equal. The large number of possible orbits, desired functionality
and budget constraints are but a few of the factors that influence the design of a satellite.
Given a particular set of design requirements, a number of designs may meet these
requirements. Each of these designs will typically entail a trade-off between a number of
(conflicting) parameters, whilst still satisfying the system requirements.
The On-Board Computer (OBC) of a satellite, the satellite subsystem primarily responsible
for the operational control of a satellite, can consequently be designed in any of a number
of different ways. As the factors that influence the flight performance of an OBC differs
to those of a terrestrial computer, the OBC design will therefore be significantly different.
A high-level overview of the factors that impact OBC design and operation is presented.
Improvements to the existing designs are proposed. In conclusion, a number of guidelines
for a future OBC design also are given. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Elke satelliet het unieke eienskappe wat bepaal word deur onderandere, die teiken wentelbaan,
verwagte funksionaliteit en koste oorweegings. Vir 'n spesefieke stelselontwerp
bestaan daar 'n aantal moontlike ontwerpe wat aan die stelsel vereistes voldoen. Elk van
hierdie ontwerpe sal tipies behels dat verskillende parameters teen mekaar afgespeel word,
terwyl die stelsel vereistes steeds aan voldoen word.
Die Aanboord Rekenaar (AR) van 'n satelliet, die satelliet substelsel hoofsaaklik verantwoordelik
vir die beheer van die satelliet, kan vervolgens uit een van veele moontlike ontwerpe
bestaan. Aangesien die faktore wat die werkverrigting van 'n AR beinvloed verskil
van die van 'n rekenaar wat op die aard oppervlak gebruik word, sal die AR ontwerp
dienooreenkomstig verskil. 'n Hoevlak oorsig van die faktore wat AR ontwerp beinvloed
sal gegee word. Verbeteringe wat aan die huidige AR ontwerpe gedoen kan word sal bespreek
word. Ter afsluiting sal 'n aantal riglyne vir toekomstige AR ontwerpe gegee word.
|
276 |
A 10 GHz oversampling delta modulating analogue-to-digital converter implemented with hybrid superconducting digital logicFourie, Coenrad Johann 03 1900 (has links)
Thesis (MScEng)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Rapid Single Flux Quantum (RSFQ) logic cells are discussed, and new cells
developed. The expected yield of every cell is computed through a Monte Carlo
analysis, and where necessary these cells are optimized for use in a complex system.
A mathematical study of the Josephson junction and SQUIDs (Superconducting
Quantum Interference devices) as switching elements precede a discussion on the
operation of RSFQ and COSL (Complementary Output Switching Logic.) These
logic families are implemented in low temperature niobium technology, and require
liquid helium cooling. A 10 GHz oversampling delta modulating analogue-to-digital
converter is then designed and constructed using RSFQ and COSL building blocks in
a hybrid configuration. The design emphasis is on devising ways to test the operation
of RSFQ with limited equipment. Yield analysis procedures on the complex system
are discussed, followed by a detailed discussion on the circuit layout and layout
problems. Software routines are developed to calculate the required dimensions of
layout structures. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Rapid Single Flux Quantum (RSFQ) logiese selle word bespreek, en enkele nuwe
selle word ontwikkel. Die verwagte opbrengs, of kans dat 'n sel sal werk, word
bereken deur 'n Monte Carlo analise. Waar nodig word selle met behulp van die
analise verbeter vir gebruik in 'n komplekse stelsel. 'n Wiskundige studie van die
Josephson-vlak en SQUIDs (Superconducting Quantum Interference devices) word
gevolg deur 'n bespreking oor die werking van RSFQ en COSL (Complementary
Output Switching Logic.) Hierdie logiese families word geïmplementeer in
laetemperatuur niobiumtegnologie, en vereis vloeibare helium-verkoeling. 'n Deltamodulerende
analoog-na-digitale omsetter met 'n intree-monstertempo van 10 GHz
word ontwerp en vervaardig met 'n hibriede samestelling van RSFQ en COSL
boublokke. Die ontwerp fokus op maniere om die werking van RSFQ teen 10 GHz te
kan toets met die beperkte toerusting wat beskikbaar is. Opbrengsanalise op die
komplekse stelsel word bespreek, gevolg deur 'n volledige bespreking van die
stroombaanuitlegprosedure en uitlegprobleme. Roetines word in sagteware ontwikkel
om die nodige dimensies van uitlegstrukture te bereken.
|
277 |
Middleware for the SUNSAT field stationCardoza, Andrew Robert 12 1900 (has links)
Thesis (MEng)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: SRMA currently used on the SUNSAT field station is an effective MAC layer protocol but lacks
several features. Sufficient support for flexible communication, acknowledgement of individual
data packets, simultaneous communication of multiple instances from a higher layer over a
single underlying layer, and a robust FTP procedure to transfer large amounts of data are some of
the features that the SUNSA T field station should cater for.
ORBCOMM, GSM and WAP implementations are discussed. Some features from these
implementations that are useful in the LEO communication environment are designed into an
additional layer of software. This additional layer, called middleware, is proposed and uses
SRMA services to deliver store-and-forward services. It supports high volumes of short
transactions and session suspend and resume facilities between the SUNSA T satellite and field
station.
Keywords: SUNSAT, Communication, Field station, WAP, GSM, ORBCOMM / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die SRMA pakketkommunikasie-protokol op SUNSA T se prototipe grondterminaal is
voldoende om die oordrag van boodskappe oor die kommunikasieverbinding te reguleer. Dit is
onvoldoende om fasiliteite soos kommunikasie van 'n aantal instansies in 'n hoër kommunikasie
laag oor 'n enkele laer laag en om 'n robuuste data oordrag protokol vir groot hoeveelhede data
van 'n grondterminaal te ondersteun.
ORBCOMM, GSM en WAP stelsel toepassings word bespreek. Resultate wat spruit uit die drie
toepassings word gebruik om kommunikasie in 'n lae wentelbaan kommunikasie omgewing te
bevorder. 'n Bykomende sagteware laag, bekend as middle-ware, word aanbeveel om
voorafgenoemde funksionaliteit mee te implimenteer. Die middle-ware gebruik die beskikbare
dienste van die SRMA pakketkommunikasie-protokol om toegang te verkry na die
kommunikasie kanaal. Sodoende kan hoë volumes kort transaksies, en sessie-stop en hervat
fasiliteite 'n werklikheid gemaak word.
Sleutelwoord: SUNS AT, Kommunikasie, grondterminaal, WAP, GSM, ORBCOMM
|
278 |
The evaluation of an ARM-based on-board computer for a low earth orbit satelliteDreijer, Gregor (Gregor Steve) 12 1900 (has links)
Thesis (MScEng)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: The use of commercial-off-the-shelf (COTS) components and emerging technologies in
satellite systems has become increasingly popular over the past few years. This is mainly due
to advances in radiation shielding and system-level reliability improving techniques. The use
of a new generation commercial processor in the design of a satellite's on-board computer
(OBC) is now considered a feasible option.
The aim of this thesis was to evaluate the use of a commercial grade ARM processor in a low
earth orbit (LEO) microsatellite on-board computer. The process began with the selection of
the most suitable ARM processor for an aBC design. A typical aBC system was developed
for the chosen processor, in order to test its functionality and performance in anOBC design. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die afgelope paar jaar het die gebruik van gewone kommersiële komponente en die nuutste
tegnologie in satelliet stelsels heelwat toegeneem. Dit kan grootliks toeskryf word aan die
vordering in bestralings afskerming en stelselvlak betroubaarheid tegnieke. Die gebruik van
'n nuwe generasie kommersiële verwerker in die ontwerp van 'n satellite aanboord rekenaar
(AR) is nou prakties uitvoerbaar.
Die doel van hierdie tesis was om die gebruik van 'n ARM verwerker in 'n lae
aardwentelbaan mikrosatelliet aanboord rekenaar te evalueer. Eerstens moes die mees
geskikte kommersiële ARM verwerker vir 'n AR ontwerp gevind word. Daarna is 'n tipiese
AR stelselontwikkel om die verwerker se funksionaliteit en werkverrigting te toets.
|
279 |
Investigation of a high-speed serial bus between satellite subsystemsRetief, Francois 04 1900 (has links)
Thesis (MScEng)--University of Stellenbosch, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this thesis is to investigate the implementation of a high-speed serial bus based
on the IEEE Std 1394-1995 specification for use in a microsatellite.
Earth observation microsatellites carry imagers (or cameras) that take photographs of
the earth. Each photograph generates a large volume of digital data that has to be
transferred to either a storage device, a RF transmission unit or a video processing device.
Traditionally, the connection between such systems were dedicated serial bus systems that
were custom designed for just that purpose.
This thesis will investigate the the implementation of a generic alternative to such a
custom serial bus. The IEEE 1394 serial bus will allow many devices and subsystems to
be connected to the serial bus and will allow these different subsystems to exchange data
between each other.
As an example implementation, a real-time video link between two points using the IEEE
1394 serial bus will be developed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie tesis is om ondersoek in te stel na die bou van 'n hoëspoed seriebus
vir gebruik in 'n mikrosatelliet gebaseer is op die IEEE Std 1394-1995 spesifikasie.
Aardobservasie-mikrosatelliete bevat kameras wat fotos van die aarde neem. Elke foto
genereer groot volumes digitale data wat na óf 'n massastoor, óf 'n RF-sender, óf 'n
video-verwerkingseenheid gestuur word. Tradisioneel is elkeen van hierdie verbindings
met 'n toegewyde seriebus gedoen wat spesiaal vir daardie doel gemaak is.
Hierdie tesis het dit ten doelom ondersoek in te stel na 'n generiese alternatief vir hierdie
toegewyde seriële busse. Die IEEE 1394 seriebus sal toelaat dat verskeie eenhede en
substelsels aan mekaar gekoppel kan word en dat hulle data tussen mekaar kan uitruil.
Ter demonstrasie sal 'n intydse videoskakel ontwerp word wat die IEEE 1394 seriebus
gebruik om data tussen twee punte oor te dra.
|
280 |
Java implementation of AX.25 link-layer protocol for future micro-satellitesRamonyalioa, Thethe Tshepo 04 1900 (has links)
Thesis (MScEng)--University of Stellenbosch, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis investigates the viability of implementing the AX.25 protocol in Java, for
satellite applications. The AX.25 protocol forms part of the Communications subsystem
of a micro-satellite. It describes the implementation of a standard packet-radio link-layer
communication protocol in Java, for future use on satellite on-board computers, allowing
amongst other things, a reliable communications platform.
An investigation into factors that make AX.25 preferable over other communication
protocols, as well as advantages of Java as a language used in the implementation, is
made. The design of the implementation is described. Finally, efficiency of the Java
implementation is evaluated and optimizations identified and recommended. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis bespreek die lewensvatbaarheid van 'n Java implementering van die AX.25
protokol vir satelliet toepassings. AX.25 is deel van die kommunikasie stelsel van 'n
mikro-satelliet. Dit beskryf die implementering van 'n standaard radio data kommunikasie
intervlak in Java vir die toekomstige gebruik op die aanboord-rekenaarstelsels van
satelliete. Hierdie intervlak bied, insluitende ander eienskappe, 'n betroubare
kommunikasie platform.
In Deeglike ondersoek na die faktore wat AX.25 meer aanloklik maak vir satellite
toepassings is gemaak, asook hoe 'n Java implementering vergelyk met ander beskikbare
tegnologie. Die geskiktheid van Java vir die implementering word ook bespeek in die lig
van evaluerings wat gedoen is op die finale protokol.
|
Page generated in 0.1905 seconds