Spelling suggestions: "subject:"dissertations -- dew testament"" "subject:"dissertations -- dew estament""
1 |
Luke and Yoder : an intertextual reading of the third gospel in the name of Christian politicsMcKay, Niall 12 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Critical New Testament study has drawn on analytical techniques and interrogatory methods from a
wide range of disciplines. In recent decades the dominance of historical and ecclesiologicallylocated
approaches have been challenged by insights from literary, sociological, anthropological,
cultural and ideological scholarship. These challenges have proved fruitful and opened biblical
scholarship to new and generative interpretation. This plurality of interpretation has in turn
challenged the reductionism of biblical scholarship, leading to the now common acknowledgement
that a particular reading or reconstruction is but one of many. Unfortunately many new readings
have been too tightly bound to a single method or insight. The broad interaction between these
readings has been often overlooked. In contrast to this trend an epistemology of text emerging from
the poststructural notion of intertextuality allows the construction of links between a range of
interpretive methods. Intertextuality emerges from literary and cultural theory but spills over to
make hermeneutical connections with historical, cultural and ideological theory. For the most part
New Testament scholars who have appropriated the term have noted this but not thoroughly
explored it. In this study an ideologically-declared overtly intertextual approach to the third
canonical gospel demonstrates the interlinking hermeneutic allowed by intertextuality. John Howard
Yoder's reading of the gospel of Luke underscores the development of a Christian social-ethic. This
reading in turn forms the framework for the more overtly intertextual reading offered here. An
intertextual reading of the New Testament Scriptures is both narratively generative and politically
directive for many Christian communities. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Kritiese Nuwe Testamentiese studies het in die verlede gebruik gemaak van analitiese tegnieke en
ondervraende metodes uit ‘n wye verskeidenheid van dissiplines. Meer onlangs is die oorheersing
van historiese en kerklik-gerigte benaderings uitgedaag deur insigte vanuit letterkundige,
sosiologiese, antropologiese, kulturele en ideologiese dissiplines. Hierdie uitdagings het vrugbaar
geblyk en het Bybelse vakkennis toeganklik gemaak vir nuwe en produktiewe interpretasies.
Hierdie meervoudige interpretasies het op hul beurt weer die reduksionisme in Bybelse geleerdheid
uitgedaag, wat aanleiding gegee het tot die nou algemene erkenning dat ‘n bepaalde vertolking of
rekonstruksie slegs een van vele is. Die breë wisselwerking tussen sulke vertolkings word dikwels
misgekyk. In teenstelling met hierdie neiging, laat ‘n epistemologie van die teks wat te voorskyn
kom uit ‘n poststrukturele begrip van intertekstualiteit toe dat verbande gekonstrueer word word
tussen ‘n verskeidenheid van vertolkingsmetodes. Intertekstualiteit spruit voort uit literêre en
kulturele teorie, maar vorm ook hermeneutiese skakels met historiese, kulturele en ideologie kritiek.
Die meeste Nuwe Testamentici wat gebruik gemaak het van hierdie term, het kennis geneem van
sulke verbande, maar dit nie altyd volledig verreken nie. In hierdie studie demonstreer ‘n
ideologies-verklaarde, openlik intertekstuele benadering tot die derde kanonieke evangelie die
gekoppelde hermeneutiek wat toegelaat word deur intertekstualiteit. John Howard Yoder se
vertolking van die Evangelie van Lukas plaas klem op die ontwikkeling van ‘n Christelike sosiale
etiek. Hierdie interpretasie vorm op sy beurt weer die raamwerk vir die meer openlik intertekstuele
vertolking wat hier aangebied word. ‘n Intertekstuele interpretasie van die Nuwe Testamentiese
geskrifte is beide verhalend produktief asook polities rigtinggewend vir talle Christelike
gemeenskappe.
|
2 |
The song of Moses in the book of Revelation : allusions, memories, and identityKim, Jin Gyo 12 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This research aims to trace the exodus motif in the book of Revelation in general and Rev.
12-20 in particular, and to examine the socio-rhetorical function of the use of the exodus
motif. Our hypothesis is that Rev. 12-20 constitutes a coherent unit in terms of narratology
and that the exodus motif plays a significant role in forming the structure and the message of
the book of Revelation, specifically of Revelation 12-20. Significantly, the song of Moses and
the Lamb in Rev. 15 plays a pivotal role in the development of the thread of the chapter 12-20
as a plot.
In the chapter 2, an overview of the history of interpretation of Revelation is provided and
also the limitation of current studies of the song of Moses is highlighted. In addition, a new
approach to the song of Moses in Revelation is suggested.
The main goal of the chapter 3 is to examine Rev. 12-20 according to four narrative elements
and from which Rev 12-20 can be deduced as a discrete literary unit constituting a plot. It
will be argued that Rev. 12-20, as a plot, is highly stylized in the chiastic structure which has
the song of Moses and the Lamb at the centre.
Chapter 4 investigates Exod. 1-15 as a coherent story and explains how the author of
Revelation adopts the exodus motifs in forming both the theme and the structure of
Revelation. Moreover, it will be argued that the exodus motif generated certain sociorhetorical
meanings to the audiences or the readers who were assimilated into the Roman
Empire. For understanding the socio-rhetorical meanings, we examine the socio-rhetorical
context, namely Asia Minor as part of the Roman Empire, and deal with the socio-rhetorical
role of the exodus motif in the book of Revelation.
In the chapter 5, firstly, drawing on the theoretical assumptions from social psychology, we
build up a framework in which we can deal with Rev. 12-20 in terms of identity issues. Then,
the covenantal identity based on the covenant in the book of Exodus will be suggested as an
alternative identity. Thus, the exodus motif in Rev. 12-20 challenges the assimilated identity
of the audiences or the readers to be renewed in the covenantal identity, so that they may be
holy apart from the culture and the structure of the Roman Empire. The song of Moses and
the Lamb reinforces the covenantal identity. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing ondersoek die gebruik van die eksodus-motief in Openbaring in die
algemeen en in Op 12-12 in die besonder, terwyl dit ook die sosio-retoriese funksie van
hierdie motief bestudeer. Die hipotese is dat Op 12-20 in terme van narratologiese analise ‘n
koherente eenheid beslaan, en dat die eksodus-motief ‘n betekenisvolle rol speel in die
struktuur en boodskap van Openabring, en Op 12-20 in besonder. Verder is dit betekenisvol
dat die Lied van Moses en die Lam in Op 15 ‘n kernrol speel in die deurlopende lyn van Op
12-20 as plot.
In hoofstuk 2 word ‘n oorsig oor die interpretasiegeskiedenis van Openbaring aangebied en
beperkinge ten opsigte van huidige studies oor die Lied van Moses beklemtoon. In aanvulling
daarby word ‘n nuwe benadering ten opsigte van die Lied van Moses in Openbaring
voorgestel.
Die hoofdoel van hoofstuk 3 is om Op 12-20 aan die hand van vier naratiewe elemente te
ondersoek. As resultaat kan Op 12-20 as diskrete literêre eenheid sowel as die plot van
Openbaring beskou word. As plot vertoon Op 12-20 ‘n noukeurige styl, met chiastiese
strukture waarvan die Lied van Moses en die Lam die middelpunt vorm.
Hoofstuk 4 ondersoek Eks 1-15 as koherente narratief en verduidelik hoe die outeur van
Openbaring die eksodus-motief in die vorming van beide die tema en struktuur van die boek
ingespan het. Die eksodus motief sou ook sekere sosio-retoriese betekenisse onder die gehore
of lesers wat met die Romeinse Ryk geassimileer was, gegenereer het. Twv die beter verstaan
van sulke sosio-retoriese betekenisse, word die sosio-historiese konteks naamlik Klein-Asië
as deel van die Romeinse Ryk bestudeer. Vervolgens word die sosio-retoriese rol van die
eksodus-motief in die boek van Openbaring behandel.
In hoofstuk 5 word eerstens van teoretiese uitgangspunte binne die sosiale sielkunde gebruik
te maak vir die konstruering van ‘n raamwerk om identiteitsake in Opn 12-20 te hanteer.
Vervolgens word verbondsidentiteit soos dit voortvloei uit die verbond in Eksodus as
alternatiewe identiteit voorgestel. Die eksodus motief in Op 12-20 daag die gehore of lesers
van die boek uit om hul verbondsidentiteit te hernu, sodat hulle heilig en dus anders as die
kultuur en strukture van die Romeinse Ryk kan wees. Die Lied van Moses en die Lam versterk Openbaring se gehore of lesers se verbondsidentiteit.
|
3 |
Die “beklee-” metafoor by Paulus : semantiese valensie en teologiese belang op weg na ’n gesprek oor die doopDu Toit, Philip la Grange 12 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the “clothe-” metaphor in the Pauline literature in terms of
its contribution toward a Pauline baptismal theology. The relevant “clothe-” terms
are identified via an analysis of the semantic domain of cloting, which are then
grammatically analysed for specific tendencies. This poses certain constraints to
the meaning of the metaphors on the way to exegesis. An exegetical study of
nine Scripture portions that are identified via the semantical study follows: Gal
3:19-29; Col 2:11-15; 3:8-17; Eph 4:22-25; 1 Cor 15:49,53-54; 2 Cor 5:2-4; Rm
13:12-14; 1 Thes 5:8 and Eph 6:11-15. These texts are analysed exegetically
with a specific focus on the theological meaning of the “clothe-” metaphors in
Pauline theology. The usage of the “clothe-” metaphor is also considered in the
non-Pauline and non-biblical texts, and the social and cultural context in which the
metaphors are employed. The main meanings of the “clothe-” metaphor that
emerges from the semantic, exegetical and contextual study, can be summarised
as follows: 1) it is mostly used in close connection with baptism, 2) it mainly has a
reciprocal function as a result of the middle voice in which it is typically used, and
functions within a theologically imperative context where the subject of the action
is personally and consciously involved, 3) it is used as a metaphor to resist evil, 4)
it is used in an eschatological context, 5) it is closely related to the actualisation of
the new identity in Christ, and 6) the socially participating character of the
baptismal candidate at baptism is constituted by the “clothe-” metaphor. The
meaning of the “clothe-” texts does not only contribute to a better understanding
of Paul’s baptismal theology, but also to a better understanding of baptism from
the perspective of the believer’s baptismal tradition. The suggestions towards the
discussion about baptism focus on the deeper theological meaning of baptism, a
better understanding of the points of departure in the respective baptismal
traditions, and the contribution that the study of the Pauline “clothe-” metaphors
make to the debate. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die “beklee-” metafoor in die Pauliniese literatuur met
die oog op die bydrae wat dit lewer tot ’n Pauliniese doopteologie. Die relevante
“beklee-” terme word geïdentifiseer deur ’n analise van die semantiese domein
van kleding, waarna dit grammatikaal ontleed word en sekere tendense uitgewys
word. Dit stel bepaalde grense aan die betekenis van die metafore op weg na
eksegese. Hierná volg ’n eksegetiese studie van nege skrifgedeeltes wat aan die
hand van die semantiese ondersoek geïdentifiseer is: Gl 3:19-29; Kol 2:11-15;
3:8-17; Ef 4:22-25; 1 Kor 15:49,53-54; 2 Kor 5:2-4; Rm 13:12-14; 1 Ts 5:8 en Ef
6:11-15. Hierdie teksgedeeltes word eksegeties ontleed met ’n spesifieke fokus
op die teologiese betekenis wat die “beklee-” metafore het in Paulus se teologie.
Die gebruik van die “beklee-” metafoor word ook oorweeg in buite-Pauliniese en
buite-Bybelse tekste, asook die sosiale en kulturele konteks waarin die metafore
gebruik word. Die vernaamste betekenisse van die “beklee-” metafoor wat vanuit
die semantiese, eksegetiese en kontekstuele studies na vore kom, kan soos volg
saamgevat word: 1) dit staan meestal in ’n noue verband met die doop, 2) dit het
meestal ’n wederkerige funksie as gevolg van die mediumvorm waarin dit
hoofsaaklik gebruik word, en figureer binne ’n teologiese imperatiewe konteks
waarby die subjek van die handeling persoonlik en bewustelik betrokke is, 3) dit
word gebruik as metafoor om weerstand teen die bose te bied, 4) dit word in ’n
eskatologiese konteks gebruik, 5) dit staan in ’n noue verband met die
aktualisering van die nuwe identiteit in Christus, en 6) die sosiaal deelnemende
karakter van die doopkandidaat tydens die doop word deur die “beklee-” metafoor
gekonstitueer. Die betekenis van die “beklee-” tekste lewer nie net ’n bydrae om
die doop by Paulus beter te verstaan nie, maar ook om die verstaan van die doop
vanuit die perspektief van die belydenisdoop-tradisie sterker toe te lig. Die
voorstelle wat gemaak word ten opsigte van die gesprek oor die doop fokus op
die dieper teologiese betekenis van die doop, ’n beter begrip vir die vertrekpunte
in die onderskeie dooptradisies, en die bydrae wat die studie van die “beklee-”
metafoor by Paulus tot die debat maak.
|
4 |
Paul and empire : patronage in the Pauline rhetoric of 1 Corinthians 4:14-21Van Wyk, Roelof Reinout 12 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: In reading the letters of Paul to the community in Corinth, it becomes apparent that Paul
communicated from a position of authority. Given the existence of the mighty Roman Empire at
the time of Paul’s writings, it raises questions regarding the ways such Empire would have
affected Paul. This study assesses the possibility that Paul was influenced, not only by the
material Roman world, but also by the socio-political and social-cultural dynamics of the Roman
order. Paul may have utilised such order, but as spiritual leader, he could also have opposed it
to his own ends and aims. The purpose of this study is to investigate such dynamism.
The point of departure is, firstly to briefly discuss the nature of the Roman Empire that filled the
ancient Roman world with coinage, statues, temples, poetry, song and public rhetoric. The
ubiquitous Roman Empire enforced itself through power dynamics constituted in physical force,
rhetoric, the patronage system and the Imperial Cult. Patronage operated in tandem with other
aspects of the imperial system as a means of social control. It leads, therefore, to a more
focussed investigation of patronage as one of the significant dimensions of Empire. Honour,
prestige and status disparity governed social relations through complex, reciprocal relationships.
No one was immune to the social tug-of-war, and within this context, Paul engaged in his
Corinthian correspondence.
Paul’s first Corinthian correspondence, specifically 1 Cor 4:14-21, is then comparatively
investigated in the light of patronage as dimension of Empire. Paul integrated values such as
honour and shame, and used the system of patronage in order to achieve his objectives with the
Corinthian community. The socio-rhetorical analysis of this section of Paul’s correspondence
investigates socio-cultural, intertextual and ideological aspects of the text. 1 Cor 4:14-21 is the
culmination of the first part of Paul’s argument for ὁμόνια (concord), and he empowers his
deliberation through patronage. He positions himself uniquely as father of the community, which
empowers him with patria potestas (absolute authority). He also describes the way the
Corinthians should bestow honour upon themselves. Paul’s use of a challenge-riposte and
encomium brings all the weight of his argument to bear, upon his mimetic command to μιμηταί
μου γίνεσθε (be imitators of me).
The findings of this study indicate that Paul also opposes Empire in various ways. He opposes
patronage, when he champions allegiance to an alternative Κύριος (Lord) that represents an
alternative kingdom. He acts as a broker between Christ and the community, but the reciprocal
relationship consists of shameful behaviour. Paul’s application of patronage does not serve to
enhance his social position and poses a significant challenge to the norms of patronage in the
Empire. The patent and unresolved tension within his rhetoric stretches between liberal use of
patronage, and his opposition of aspects of the imperial order, such as patronage and the abuse
of power. This leads to the conclusion that Paul still subjected the attributes of Empire to his
own objectives. He had more than a purely political or merely spiritual agenda in mind and
ultimately this remains the power and mystery of his argument. / AFRIKAANSE OPSOMMING: By die lees van die sendbriewe van Paulus aan die jong Christelike gemeente in Korinte val dit
op dat Paulus, hoewel in herderlike trant, vanuit ’n gesagsposisie tot die gemeente spreek.
Gesien die tyd waarin Paulus geleef het, ’n tydperk van die bestaan van die magtige Romeinse
Ryk, rys die vraag onwillekeurig of Paulus as geestelike leier van opkomende gemeentes nie
enigermate deur die heersende Romeinse maatskaplike orde beïnvloed is nie. In die
onderhawige studie word die moontlikheid van nader betrag dat die sosiaal-politieke en sosiaalkulturele
aspekte van die Romeinse bestel Paulus wel kon beïnvloed het. Die wyse waarop
Paulus sodanige orde sou kon aanwend of moontlik teëstaan word ondersoek.
Die vertrekpunt is dus om allereers die aard van die Romeinse Ryk - gekenmerk deur ‘n eie
muntstelsel, tallose standbeelde, tempels, digkuns, sang en openbare retoriek - in hooftrekke
uiteen te sit. Die uitgebreide Ryk het sy mag gevestig en gehandhaaf deur middel van
kragdadigheid, retoriek, weldoenerskap en die Keiserkultus.
Ter verdieping van die ondersoek word weldoenerskap as onderdeel van die Romeinse sosiaalpolitieke
orde in fyner besonderhede beskou. Daaruit blyk dat beskermheerskap ter
ondersteuning gedien het ten einde doeltreffender maatskaplike beheer uit te oefen. ‘n Verfynde
wisselwerking het - deur middel van die dinamiek van eer, aansien en mag - sosiale
verhoudings en gedrag beheer: niemand was teen die woelinge van die sosiale stryd gevrywaar
nie. Dit was teen hierdie agtergrond van die werklikheid van die magtige Romeinse imperium
dat Paulus met die Korintiërs gekorrespondeer het.
Paulus word daarna vergelykenderwys ondersoek aan die hand van die gedeelte uit sy brief
aan die Korintiërs soos gevind in 1 Kor 4:14-21. Daarin beroep hy hom op waardes soos eer en
skaamte, terwyl hy die stelsel van weldoenerskap aanwend ten einde sy oogmerke met die
gemeente te bereik. Die sosio-retoriese analise van hierdie gedeelte van Paulus se sendbrief
ondersoek sosiaal-kulturele, intertekstuele en ideologiese aspekte van die brief. 1 Kor 4:14-21 is
die hoogtepunt van die eerste gedeelte van Paulus se betoog vir ὁμόνια (eenheid) en hy
versterk sy argument deur middel van weldoenerskap. Op uitsonderlike wyse posisioneer hy
hom as vader van die gemeente: in sy betoog beklee hy hom met patria potestas (absolute
gesag). Paulus se gebruik van ‘n challenge-riposte en van ‘n inkomium verleen groter
seggenskrag aan sy direktief om hom na te volg; μιμηταί μου γίνεσθε (volg my na).
Die uitkoms van hierdie studie is dat Paulus die imperiale orde ook op verskeie wyses sterk
teëstaan. Wat Paulus verkondig het te make met ‘n alternatiewe Κύριος (Heer) en ‘n gans
andersoortige koninkryk. Hy tree op as ‘n bemiddelaar (broker) tussen Christus en die
gemeenskap, maar poog nie om sosiale bevordering te bewerkstellig, soos bepaal deur die
norme van die imperial orde nie. Daar is dus ‘n aanwesige spanning in Paulus se retoriek wat
dui daarop dat Paulus dimensies van die Ryk, soos weldoenerskap, ondergeskik gestel het aan
sy eie doelwitte. Die slotsom waartoe geraak word, is dat by Paulus meer as suiwer politieke
motivering enersyds, of bloot geestelike motivering andersyds, aanwesig was. Hierin is sowel
die krag as die misterie van sy betoog geleë.
|
5 |
Ephesians and Artemis : the influence of the religious climate of western Asia Minor of the first century AD on the content and terminology of Paul’s prayer in Ephesians 1:15-23Visagie, André Jacobus 03 1900 (has links)
Thesis (MTh (Old and New Testament))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis interacts with the generally held view that Ephesians is a general
epistle with no concrete historical context and contingency, by arguing that this
letter addresses particular religious concerns and beliefs of the believers of
Ephesus and surrounds. A focussed literary survey of the religious-historical
material of the western Mediterranean region in the first century AD is conducted,
with particular attention paid to the cult of the Ephesian Artemis and the
prevalence of magic. Special focus is placed upon Ephesians 1:15-23, which is
exegeted using both grammatical-historical and socio-rhetorical methods of
interpretation to gain insights into how the author employed and reformulated
contemporary terms and concepts to demonstrate the lordship of Jesus Christ.
Serious consideration of the religious and magical context of the first century
Greco-Roman world when interpreting this letter to the Ephesians may open
many possible avenues for future study, particularly in the area of understanding the letter in an African context. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie tree in dialoog met die algemene opvatting dat die Efesiërs-brief ’n
algemene brief of omsendskrywe was, wat geen besondere historiese konteks of
dringende saak aangespreek het nie. Die studie oordeel dat die brief spesifieke
religieuse sake en oortuigings van die gelowiges in Efese en omgewing
aangespreek het. Deur ’n literêre oorsig is daar gefokus op die religieushistoriese
materiaal van die westelike Mediterreense area in die eerste eeu nC,
met besondere nadruk op die Artemis-kultus en wydverspreide magie. Spesiale
klem is geplaas op Efesiërs 1:15-23, wat met behulp van beide grammatikaalhistoriese
en sosio-retoriese metodes geëksegetiseer is ten einde te bepaal hoe
die outeur kontemporêre terme en konsepte wat die heerskap van Jesus Christus
demonstreer, gebruik en herformuleer het. Noukeurige oorweging van die
religieuse en magiese konteks van die eerste-eeuse Grieks-Romeinse wêreld ten
tyde van die interpretasie van Efesiërs mag deure open vir moontlike verdere
areas van studie, veral met die oog op die verstaan van die brief in ’n Afrika konteks.
|
6 |
The rhetorical function of the parable discourse in Matthew 13Kim, Jae Soo 11 1900 (has links)
Thesis (DTh)--Stellenbosch University, 1996. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis deals with a reinvention of rhetorical criticism and its application to the parable discourse. The first part of this study examines the theoretical background of rhetoric, and shows that rhetoric emerged as a disciplinary discourse after mythos and logos, and was used as the first systematic hermeneutical method. Rhetoric has developed in two directions: influence and system. Influence study keeps to the tradition of classical rhetoric, while system study covers the system of rhetoric by integrating classical rhetoric with modern human and social sciences. Through this process, rhetorical criticism has been established as a theory and a method for biblical study. Its focus has shifted from rhetoric restrained to rhetoric revalued/reinvented, a shift toward social/practical criticism from hermeneutics. Moreover, rhetorical criticism has begun to treat text as a dialogic, collaborate art or social activity rather than as a mere instrument of persuasion in the monologic scheme of speaker-message-audience, and occupies a prime position in biblical studies in the mode of either one-dimensional or a comprehensive multi-dimensional approach. It is clear that there has been a shift in the application of rhetorical criticism from the performance of rhetorical discourse to its archaeology (inventio).
The second part investigates the parable discourse. I suggest that Jesus' parables are net rhetorical discourses of either the dominant Jewish or the dominant Hellenistic-Roman culture. Rather, it is a rhetorical discourse of the Christian subculture. In addition, Jesus' parables in Matthew 13 are not merely grouped but woven into a textus which has a rhetorical
structure centred on a basic unit (chreia) to be elaborated. The parable discourse thus takes the pattern of chreia elaboration, and occupies the representative position in Matthew.
Against this background, this thesis formulates dialogic rhetoric, as a mode of reinvented rhetoric which deals with invention, for studying the rhetorical function of the parable discourse in Matt 13. Dialogic rhetoric combines Burkean pentadic criticism, Bakthinean dialogic and the social scientific approach. This method differs from the recent historico-critical reading, the semiotic reading, the pragmatic reading in the study of the parable discourse, and also from the structural study carried out by discourse (colon), chiastic and triadic analysis.
Dialogic rhetorical criticism has two dimensions. Centripetal rhetoric investigates various rhetorical strategies such as chreia elaboration, figures of dialogism, honour and shame, spatial arrangement, and dyadic personality. Multiple scenes, agents, acts, agencies and purposes in the parable discourse provide a special opportunity for Burkean critique.
Centrifugal rhetoric examines the relationship between the parable discourse and two groups of discourses. The first group includes Man 12:46-50 and Matt 13:54-58 which frame the parable discourse, and the second comprises Jesus' other great discourses which, together with the parable discourse, provide key elements within the chiasm of Matthew's Gospel.
In final assessment, I define the nature of Christian culture as represented in the parable discourse in terms of response to the world. The parable discourse configures conversionist,
revolutionist and gnostic- manipulationist responses, particularly to the Hellenistic-Roman world of the first century. Therefore, I propose that the parable discourse has the function of separating the disciples from the crowds, and then promoting the building of community. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif handel oor die herontdekking van retoriese kritiek en die toepassing daarvan op die gelykenis-materiaal, en val uiteen in twee afdelings: die teoretiese agtergrond van retoriek en die navorsing van gelykenis-materiaal.
Die eerste afdeling van hierdie proefskrif behandel die teoretiese agtergrond van retoriek. Retoriek het ontwikkel as 'n dissiplinêre diskoers na mythos en logos, en het gefunksioneer as die eerste sistematiese hermeneutiese metode. Dit word tans op twee maniere nuut omskryf: die sogenaamde invloed-studie staan in die tradisie van klassieke retoriek, terwyl die
sogenaamde sisteem-studie klassieke retoriek integreer met moderne menslike en sosiale wetenskappe. Die retoriese aard van Bybelse materiaal is vroeg reeds raakgesien, maar is nou algemeen bevestig. Retoriese kritiek as teorie en metode het ontwikkel vanaf beperkte retoriek na 'n herontdekte retoriek en word daarom nou beskou as sosiale aktivisme of praktiese kritiek op meta-hermeneutiese vlak. 'n Teks word deesdae beskou as dialogise, kollaboratiewe kuns of sosiale aktiwiteit eerder as oorredingsinstrument in die monologiese skema: spreker-boodskap-gehoor. Retoriese kritiek, hetsy as 'n enkelvoudige of 'n omvattende benadering, beklee dus 'n eersterangse posisie in die
Bybelwetenskap. Dit is duidelik dat daar 'n ontwikkeling plaasgevind het in die toepassing van retoriek vanaf die performatiewe aard van die retoriese diskoers na die argeologie daarvan (inventio).
Die tweede afdeling van hierdie proefskrif ondersoek die gelykenis-materiaal. Ek meen dat die gelykenisse van Jesus nie die retoriese diskoers van die dominante Joodse of Hellenisties-Romeinse kulture is nie, maar eerder die retoriese diskoers van die Christelike subkultuur. Verder is die gelykenisse in Matt 13 nie bloot saamgevoeg nie, maar ingeweef deur middel van 'n textus met 'n retoriese struktuur wat bestaan uit 'n basiese eenheid (chreia) met uitbreidings. Die gelykenis-materiaal neem dus die vorm aan van chreia uitbreiding, en neem
die representatiewe posisie in Matteus in. Hierdie proefskrif postuleer dialogiese retoriek as 'n vorm van herontdekte retoriek, met klem op invention, vir die studie van die retoriese funksie van die gelykenisrede in Matt 13. So gesien, kombineer dialogiese retoriek Burke se vyfledige kritiek. Bakthin se dialogiese benadering en die sosiaal-wetenskaplike benadering. Hierdie metode word gekontrasteer met die onlangse histories-kritiese, semiotiese en pragmatiese benaderings in die gelykenis-navorsing, asook die strukturele benadering soos dit manifesteer in diskoers, chiastiese en triadiese analise. Dialogiese retoriese kritiek vertoon twee dimensies: sentripetaal en sentrifugaal. Sentripetale retoriek ondersoek verskeie retoriese strategieë soos chreia uitbreiding, dialogiese styl, eer en skande, ruimtelike inkleding en diadiese persoonlikheidstipes. 'n Veelvoud van plekke, agente, handelinge en bedoelinge in die gelykenis-materiaal maak die gelykenisrede besonder ontvanklik vir Burkeaanse kritiek. Sentrifugale retoriek ondersoek die verhouding tussen die gelykenisrede en twee ander diskoerse; Matt 12:46.50 en Matt 13:54-58 wat die gelykenisrede omraam, asook die ander toesprake van Jesus wat sleutelposisies binne die chiastiese struktuur van Matteus se Evangelie beklee.
As finale bevinding, word die aard van die Christelike kultuur soos aangebied in die gelykenisrede in terme van 'n antwoord aan die wêreld gedefinieer. Die gelykenisrede artikuleer bekerings-, revolusie- en gnosties-manipulasie-reaksies in terme van die eerste- eeuse HeIlenisties-Romeinse wêreld. Gevolglik, stel ek voor dat die gelykenisrede die funksie vervul om die dissipels van die skare af te sonder, en om gemeenskapsbou te bevorder.
|
Page generated in 0.1354 seconds