Spelling suggestions: "subject:"educationization colicy studies"" "subject:"educationization bpolicy studies""
1 |
An interpretive study of high school dropouts in the context of a former disadvantaged communitySnyders, Jacoba Sylvia 12 1900 (has links)
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study was to understand and to interpret the complex array of factors that contribute to the phenomenon of learners dropping out of school. This investigation highlights the phenomenon of high school dropouts in particular. Whilst I am not entirely comfortable with the term “dropout”, I have decided to use it based on its use in a report of the Ministerial Committee on Learner Retention in the South African Schooling System that was published in October 2007. This report provides various understandings of the term, and I use the term with reference to said report.
The research methodology for the study is interpretive analysis, and the purpose thereof is to provide “thick description”, which means a thorough description of the characteristics, processes, transactions, and contexts that constitute the phenomenon being studied. The analysis is couched in a language not alien to the phenomenon, and takes into account the researcher’s role in constructing the description.
The research data have identified a number of factors within families, within schools, and within communities that affect whether learners are likely to drop out, or to graduate, from high school. These are: poverty, almost all the parents of the participants were school dropouts themselves (did not complete their schooling), teenage pregnancy, substance abuse, the lack of home and school stability, social behaviour, rebellion, peer pressure, and a sense of caring. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie was om die legio faktore wat bydrae tot die verskynsel van leerders wat by skole uitval te verstaan en te intrepreteer. Hierdie ondersoek lê veral klem op die hoë uitvalsyfer van hoërskoolleerders. Hoewel ek nie gemaklik voel met die term “drop out” of uitval nie, het ek besluit om die term te gebruik aangesien die woord “drop out” gebaseer is op 'n Ministeriële Komitee verslag oor die behoud van leerders in die Suid Afrikaanse Skoolstelsel, wat in Oktober 2007 gepubliseer is. Die verslag dui op verskillende interpretasies van diè term, en ek gebruik diè term met verwysing na diè verslag.
Die navorsingsmetodologie vir die studie is interprevistiese analise, en die doel daarvan is om 'n uitgebreide beskrywing te verskaf, waarmee bedoel word 'n deeglike beskrywing van die eienskappe, prosesse, ooreenkomste en die konteks wat die verskynsel verteenwoordig. Die analise word aangebied in 'n taal wat nie vreemd is tot die verskynsel nie, en poog ook om die navorser se rol in die konstruksie en samestelling van die beskrywing uit te beeld.
Die navorsingsbevindinge het menige faktore binne families, binne skole en binne gemeenskappe geïdentifiseer wat leerders affekteer wat waarskynlik sou uitval of verhoed om hul hoërskoolloopbaan te voltooi. Dit is: armoede, ouers wat self skool vroeg verlaat het (“drop out”), tienerswangerskappe, dwelmmisbruik, gebrek aan huislike en skool stabiliteit, sosiale gedrag, rebelsheid, groepsdruk en omgee.
|
2 |
Forms of discipline practised at two rural schoolsLapperts, Desmond Michael 03 1900 (has links)
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The study aims to research discipline in schools and I explored alternative forms of discipline. The literature indicates that alternative forms of discipline exist to the canings that were inflicted in the past, which have now been outlawed. However, effective alternatives to corporal punishment are not obvious. Before deciding on alternatives, it is advisable that teachers go through an experimental phase, and be prepared to make adjustments along the way. The literature also shows that classes with fewer behavioural problems have teachers who tend to use non-violent and child-centred approaches to classroom discipline. Studies show that the vast majority of disciplinary problems result from the circumstances in which such learners find themselves, which are characterised by problems at home, learning barriers, trauma, and ineffective teaching methods. I conclude that the application of corporal punishment aggravates such problems, rather than solving them.
Present-day educators are required to fill a greater pastoral role than they did in the past, as learners nowadays tend to face many more difficult challenges than they used to do in the past and also are likely to experience less support outside the school. Most educational psychologists recommend that educators place learners, in cases of them suffering from emotional problems, child abuse, sexual abuse, HIV/AIDS, or alcohol and drug abuse, in an intensive process of counselling, with them being referred to experts in the fields of reference (Porteus et al., 2001:45). I conclude that attempts to improve classroom discipline can be effective if the whole school community is involved. One of the ways in which the whole school community can become involved in attaining a better discipline system is through the adoption of a code of conduct that is arrived at by means of consultation, persuasion and agreement with all role-players concerned. The maintenance of such a code is, however, only likely to be successful if it is strictly enforced and the appropriate sanctions are imposed against those who violate it. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie doen navorsing oor dissipline in skole, en spesifiek alternatiewe vorme daarvan. Die literatuur dui op die bestaan van alternatiewe vorme van dissipline na die afskaffing van lyfstraf in Suid-Afrikaanse skole. Alternatiewe vorme van dissipline is egter nog nie duidelik sigbaar nie. Voordat daar besluit kan word oor alternatiewe vorme is dit egter raadsaam dat onderwysers eers eksperimenteer en die haalbaarheid van alternatiewe vorme probeer vasstel. Die literatuur dui aan dat klaskamers met min of geen dissiplinêre probleme, onderwysers het wat nie-geweldadige en kindergesentreerde benaderings volg. Studies dui aan dat kinders met dissiplinêre probleme uit huise kom met leerprobleme, trauma, en oneffektiewe onderrig metodes. My gevolgtrekking is dat lyfstraf sulke problem vererger, eerder as om dit op te los.
Daar word van hedendaagse onderwysers verwag om meer as ooit tevore 'n pastorale rol te vervul. Sielkundiges adviseer dat leerders met ernstige dissiplinere problem eerder na deskundiges verwys behoort te word in plaas daarvan om dit in die klaskamer te probeer oplos. My gevolgtrekking is dat klaskamer dissipline kan effektief toegepas kan word indien die hele skool, ouers en gemeenskap betrokke word. Dit kan slegs geskied met 'n gedragskode wat deur wye konsultasie, beraadslaging en in ooreenstemming met al die rolspelers daar gestel word. Die handhawing van so ʼn kode kan slegs slaag indien dit streng toegepas word en indien daar strafmaatreëls in plek is vir diegene wat die kode verbreek.
|
3 |
Youth discourses of achievement at a school in Cape TownMatope, Jasmine 03 1900 (has links)
Thesis (MEd) -- Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: This study explored the views of thirteen youth at Victoria High School about what they
regarded as achievement and how this influenced their lives and what they thought about their
futures. The starting premise of the study was that all learners think about achievement. The
goal of the study was thus to show how different learners connect this understanding of
achievement with their respective aspirations and the kinds of social and schooling worlds
they inhabit.
The key contribution of the study is the ways it links the social, cultural, and economic worlds
of each of the thirteen learners to what they say about what they do and what they want to do,
who they are and who they want to be, and what they think they do and what they think they
want to do. The study shows that the life-worlds of each of the learners are significantly
different yet the ways they go about making sense of that world are fairly similar. In that
regard it is shown that the school, and what learners, parents and educators think it is and
does, plays a crucial role in the sense-making process. As Berkhout (2008) notes, the different
contexts that shape the lives of individuals are not simply external forces but rather are
integral parts of their identity-making process.
The study used the work of Pierre Bourdieu and Arjun Appadurai to bring together a
framework by which to understand what learners said about their worlds and their aspirations,
as well to develop a narrative that showed the rich and complex ways in which learners
engaged with their realities.
The study followed an interpretive qualitative approach to explore the issue of achievement
and based its arguments on interviews conducted with thirteen youth between the ages of
fifteen and seventeen years old. In this regard, a key finding was that learners approached the
notion of achievement in developmental, cumulative, and progressive ways.
These views included wanting to be popular, gaining new knowledge, preparing for future
material acquisition, developing skills to lead decent lives, acquiring happiness, developing
the ability to overcome their challenges and circumstances, and gaining skills and recognition
that set up their futures. Five staff members at Victoria High school were also interviewed for
their views of the schooling context and the kinds of cultures and legacies that framed their
practice. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die tesis is gefokus op die denke van dertien studente van Victoria Hoërskool aangaande die
nosie van prestasie, en hoe hierdie denke hul lewens beïnvloed sowel as wat hulle dink van
hul toekoms. Die vertrekpunt van die verbande studie was dat alle leerders oor prestasie dink.
Die doel van die tesis (daaruitvoortspruitend) was dus om aan te toon hoe verskillende
leerders ʼn verband aanlê tussen hul beskouing van prestasie, hul aspirasies en die
maatskaplike- en skoolwêrelde wat hul beleef.
Die kern bydrae van die tesis is die verbande wat gemaak is in die verbande studie tussen die
sosiale, kulturele en ekonomiese wêrelde van elkeen van die dertien leerders ten opsigte van
hul beskouing aangaande wat hulle doen en wil doen, wat hulle is en wil wees, en wat hulle
dink hulle doen en wil doen. Die tesis toon aan dat die leefwêreld van elk van die leerders
merkbaar verskillend is, maar dat die wyse waarop hulle betekenis gee aan hul leefwêreld tog
redelik ooreenstem. In hierdie verband is dit getoon dat die skool, en wat leerders, ouers en
onderwysers daaromtrent dink, ʼn kardinale rol speel in hul betekenisvormingsproses.
Berkhout (2008) voer in hierdie verband aan dat die verskillende kontekste wat die lewens
van individue vorm nie slegs eksterne magte is nie, maar eerder integrale dele van hul
identiteitsvormings proses is.
Die studie maak gebruik van die werk van Pierre Bourdieu en Arjun Appadurai om ʼn
raamwerk te ontwikkel om leerders se beskouinge van hul wêrelde en aspirasies te verstaan,
sowel as om ‘n narratief te ontwikkel wat die ryk en komplekse wyses waarop leerders met
hul realiteite omgaan, aan te toon.
Die tesis, en verbande studie, het ʼn interpretatiewe, kwalitatiewe benadering gevolg om die
idee van prestasie te verken en het die tesis argumente baser op onderhoude met dertien
leerders tussen vyftien tot sewentienjaar oud. ʼn Kernbevinding in hierdie verband was dat
leerders die idée van prestasie op ontwikkelings-, kumulatiewe- en progressiewe wyses
benader. Beskouinge van leerders in die verband sluit onder andere in, die behoefte om
populêr te wees, die verkryging van nuwe kennis, voorbereiding om materiële goedere in die
toekoms te bekom, die ontwikkeling van vaardighede noodsaaklik vir ʼn ordentlike lewe, die
strewe na geluk, die ontwikkeling van die vermoë om hul uitdagings en omstandighede te
oorkom, en die ontwikkeling vaardighede en erkenning noodsaaklik vir hul toekoms.
Onderhoude is ook gevoer met vyf personeellede van Victoria hoërskool om hul beskouinge
ten opsigte van die skoolkonteks en die soort kulture en erfenisse wat hul praktyk informeer te
bepaal.
|
4 |
Die aard van jeugdiges se subjektiwiteite by 'n skool in 'n diverse plattelandse mynbou-omgewingGroenewald, Emma 03 1900 (has links)
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study was to determine the nature of the youths` subjectivity at a school in a diverse rural mining environment. The study was done in an isolated rural mining environment.
Space is an important point of departure and a thorough background of the contextual factors are given. The participants in this study are daily confronted with challenges such as long distances, poverty, unemployment and alcohol and substance abuse. Space, subjectivity and cultural capital are used to understand youth development and youth experience.
The main premise of the study is that the environments of these youth greatly overlap. There is a dynamic relationship between their living and school environment. Distinctive processes, social networks, relationships and cultural groups are found in each of these environments. Another focus of this study was to determine how these young people bridge their different lived spaces, negotiate and adapt within these environments.
Qualitative reseach methods were used in formal and informal interviews. Participants had the opportunity to present their experiences in storyline. A narrative-based, interpretive, -descriptive research paradigm was the most appropriate research method of capturing the wide variety of living experience.
The study demonstrates how these youth are positioned within their environments in order to embody their space subjectivity. By making use of their own resources, networks and interactions, they navigate their overlapping spaces and thereby lead meaningful lives. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorsing in hierdie studie wou die aard van jeugdiges se subjektiwiteite by `n skool in `n diverse plattelandse mynbou-omgewing vasstel. Die studie vind plaas op `n afgeleë plattelandse mynbou-omgewing.
Ruimte is `n belangrike vertrekpunt en `n deeglike agtergrond van die kontekstuele faktore word gegee. Die deelnemers in die studie word daagliks gekonfronteer met uitdagings soos ver afstande, armoede, werkloosheid, tienerswangerskappe en drank-en dwelmmisbruik. In die studie word die lense ruimte, subjektiwiteit en kulturele kapitaal gebruik om jeugwording en jeugmeemaking in `n plattelandse mynbou-omgewing te verstaan.
Die hoofuitgangspunt was dat die omgewings waarin die jeugdiges hulle bevind, veelvuldig oorvleuel. Daar bestaan `n dinamiese verwantskap tussen die jeugdiges se woon- en skoolomgewing. Binne elke ruimte is daar eiesoortige prossesse, sosiale netwerkverhoudinge en kulturele groepe. Die studie fokus ook op die maniere hoe hierdie jeugdiges hul verskeie beleefde ruimtes oorbrug en hoe onderhandeling en aanpassing binne die ruimtes plaasvind.
Kwalitatiewe navorsingsinstrumente: formele en informele onderhoude is gebruik om my navorsingsvraag te beantwoord. Die deelnemers is geleentheid gegee om hulle ervaringe in storielyn te weergee. `n Narratiewe interpretatiewe beskrywende navorsingsparadigma was die toepaslikste om die ryke verskeidenheid van geleefde ervaringe oor te dra.
Die studie toon hoe die deelnemers op spesifieke maniere deur hulle omstandighede geposisioneer word ten einde vergestalting aan hul jeugsubjektiwiteite te gee. Deur gebruik te maak van hul eie bronne, netwerke en interaksies navigeer hierdie deelnemers hul oorvleuelde ruimtes om sodoende sinvolle lewens te leef.
|
5 |
Ouerbetrokkenheid in hulle kinders se opvoedingJonas, Maria 03 1900 (has links)
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2013. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Ouers se betrokkenheid by hulle kinders se opvoeding binne ’n vennootskap tussen die huis en die skool het in Suid-Afrikaanse onderwys sedert 1996 toenemend belangrik geword. Ouers is hulle kinders se primêre opvoeders en lê dus die basis vir hul kinders se formele opvoeding. Dit is dus belangrik dat die huis en die skool moet saamwerk as vennote aan die opvoedkundige ontwikkeling van die kind.
Die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, bevestig die belangrikheid van ‘n vennootskap tussen die huis en die skool, sowel as die noodsaaklikheid dat ouers ‘n bydrae moet lewer tot hulle kinders se opvoeding.
Ten spyte van die waarde wat ouerbetrokkenheid bied, blyk dit asof daar tans steeds min of geen sprake van ouerbetrokkenheid by sommige ouers is nie, veral diegene wie se kinders voorheen-benadeelde primêre plattelandse staatskole bywoon.
Hierdie studie het die navorsing van die mate van ouerbetrokkenheid van veral ongeskoolde, semi-geskoolde en arm, werklose ouers in die opvoeding van hul kinders ten doel. / ENGLISH ABSTRACT: Parental involvement in learners’ education in the form of a partnership between the home and the school has become very important in South-African education since 1996. Parents are the primary educators of their children and thus lay the foundation for their formal education. It is therefore important that the home and school work together as partners in the learners’ educational development.
The South-African Schools’ Act 84 of 1996 confirms the importance of the partnership between the home and the school as well as the necessity of parents to make a contribution to their children’s’ education.
Despite the value of parental involvement, there still seems to be no or a limited degree of involvement of some parents whose children attend former disadvantaged, primary schools in rural areas.
This study aims to research the levels of parental involvement of especially illiterate, semi-literate, poor and unemployed parents in the education of their children.
|
6 |
An investigation of multigrade teaching at three primary schools in the Kavango region, NamibiaHaingura, Steven Shindimba 12 1900 (has links)
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Multigrade teaching has been used in Namibia since the introduction of formal education; however, it became more prominent after independence, when the government proposed it to be the norm. Yet, regardless of its prevalence in rural schools – as high as 40% – qualified teachers are still not trained to teach multigrade classes. The primary aim of the research study therefore was to investigate multigrade teaching at three rural primary schools in the Ncuncuni circuit in the Kavango region. By employing a phenomenological methodology, the study explores the experiences and challenges as encountered in multigrade classrooms by six teachers. While a number of the challenges are common to experiences in typical monograde classrooms in Namibia – such as shortages of resources, poor parental involvement, and high rates of learner attrition – there are others that are specific to a multigrade setting. Given the growing number of multigrade schools in Namibia, particularly in rural settings, where infrastructure is already poor, the urgency for properly trained multigrade teachers can no longer be ignored. Among the key recommendations made by this study is that appropriate and sufficient teaching and learning materials, such as self-instructional and self-learning materials, should be provided to schools offering multigrade teaching. In acknowledging that the introduction of professional training will take time, and that the current teachers in multigrade classrooms are in dire need of support, the study would also like to recommend support from regional offices in the form of specialist advisers. There are numerous teachers in multigrade classrooms – many of whom will never receive any formal training. These teachers require immediate and on-going support if the Ministry of Education hopes to provide quality teaching and learning to learners.
|
7 |
Examining the potential of an ethics of care for inclusion of women in African higher education discoursesShanyanana, Rachel Ndinelao 04 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: This dissertation argues that women on the African continent experience moments of internal exclusion in higher education discourses. Although women are statistically represented in higher education discourses, they remain subjected to internal exclusion on the grounds that their contributions are evidently unsubstantive. Through a conceptual analysis of women’s experiences of African higher education, the study reveals that internal exclusion can be attributed to patriarchy, male chauvinism, authoritarianism and a gendered view of equality, mostly generated in people’s social, political and cultural practices. I contend that a ‘non-gendered’ ethics of care can undermine the debilitating effects caused by the internal exclusion of women in higher education discourses. By examining the implications of a reconstituted ethics of care for teaching and learning at higher education institutions on the continent, the study offers some ways in which exclusionary higher education practices can be remedied. This dissertation contends that, if higher education in Africa were to halt the dilemma of internal exclusion and move towards engendering a reconstituted ethics of care, both conceptually and pragmatically, then it stands an authentic chance of cultivating compassionate, imaginative and responsible citizens who can reason, not only for themselves, but for humanity as well. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif argumenteer dat vrouens op die vasteland van Afrika momente van interne uitsluiting ondervind. Alhoewel vrouens statisties goed verteenwoordig is in hoër onderwys diskoerse, bly hulle steeds onderhewig aan interne uitsluiting op grond daarvan dat hulle bydrae nie genoegsaam geag word nie. Gegrond op 'n konseptuele analise van die wedervaringe van vrouens in hoër onderwys in Afrika, bevind hierdie studie dat interne uitsluiting van vrouens toegeskryf kan word aan patriargie, manlike chauvinisme, outoritarisme, en 'n geslagsblik van gelykheid wat meestal aanslag vind in mense se sosiale, politieke en kulturele praktyke. Ek voer aan dat 'n nie-geslagtelike etiek van sorg die verlammende effekte van interne uitsluiting van vroue in hoër onderwysdiskoerse kan ondermyn. Die studie stel maniere voor hoe uitsluitende hoër onderwys praktyke beredder kan word deur 'n ondersoek van die implikasies van 'n rekonstruksie van 'n etiek van sorg aan hoër onderwys instansies op die vasteland. Hierdie proefskrif voer aan dat as hoër onderwys in Afrika die dilemma van interne uitsluiting wil stuit en dan konseptueel en pragmaties wil beweeg na 'n rekonstruksie van 'n etiek van sorg, daar dan 'n outentieke kans kan bestaan om verantwoordbare burgers te kweek wat deernisvol is, wat verbeeldingryk is, en wat nie alleen vir hulleself kan redeneer nie, maar ook vir die mensdom.
|
8 |
Consequences of staff deployment in public primary schools in Cape TownBougardt, Abraham Deon 12 1900 (has links)
Thesis (MEd )--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This qualitative study explores the effect that staff deployment has on the morale and
professional attitudes of educators who have been identified as being in excess at their
schools. The study was done by doing interviews with teachers who have been affected by
rightsizing and redeployment and principals who have had to manage the process.
The Department of Education goes through an annual process of determining the school‘s
staff establishment for the next academic year. This determination is based on the number of
learners enrolled at the institution. The CEMIS statistics are used to determine the number of
learners enrolled at the school and the schools‘ staff establishment for the next academic year.
If a school‘s learner numbers have increased since the last survey, the school will gain some
teaching posts. Conversely, if the learner numbers have dropped a number of educators at the
institution, as determined by the education department, have to be identified and declared in
excess. Change associated with staff redeployment can have a negative impact on the morale
and motivation of teachers. A school‘s functioning and ability to supply quality education can
also be compromised as a result thereof. This is especially true when schools do not have the
financial resources to employ additional teachers out of school funds.
The problem is researched by exploring the ‗lived experiences‘ of selected teachers at primary
schools in two of the education districts that fall under the WCED. Educators who were
selected to participate in the study were individuals who had been declared in excess and who
were redeployed or who were awaiting redeployment.
Teachers were given the opportunity to relate their individual experiences. Their accounts of
the process reflect how these experiences affect behaviour, professional attitude and general
health. My discussion of their perceptions pays particular attention to their perceptions of how
their general health and well-being were affected. Two principals (who managed the process
at their respective schools) also shed some light on their experiences of the effects of
downsizing.
It seems that whilst there are cases where the process of rightsizing and redeployment is
handled with the necessary care and circumspection, this is not always the case. Too often
rightsizing and redeployment are handled in a clinical way, which creates the impression that
the principals are biased and unsympathetic. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie kwalitatiewe studie ondersoek die effek wat personeel ontplooing op onderwysers het wie oortollig verklaar word by hul skole. Dit beoog ook om vas te stel tot watter mate die
persoon se professionele gedrag en moraal geaffekteer word hierdeur. Tydens die studie was
data ingesamel deur onderhoude te voer met onderwysers wie oortollig verklaar is, en
prinsipale wat hierdie proses moes bestuur.
Jaarliks gaan die Departement van Onderwys deur 'n proses waar skole se
onderwysvoorsiening vir die volgende jaar bepaal word deur die aantal leerders wat by die
skool ingeskryf is. Die stelsel wat deur die WKOD gebruik word om leerder inskrywings by
skole te bepaal, word die Sentrale Opvoedingsbestuur en Inligting Stelsel genoem.
Fundameteel tot die proses is die feit dat indien 'n skool se leerdertal vermeerder het sederd
die vorige opname, sal die skool addisionele onderwysers win. Indien die inskrywingstotaal
egter gedaal het, word die aantal onderwysers wat aan die skool voorsien word verminder.
Verandering wat deur die onderwyser herontplooiing teweegbring word kan 'n negatiewe
uitwerking op die moraal en motivering van onderwysers het. Die funksionering van skole en
hul vermoeë om gehalteonderrig te voorsien kan ook negatief beïnvloed word daardeur. Dit is
veral skole wat dit nie kan bekostig om addisionele onderwysers aan te stel en uit skoolfonds
te besoldig nie, wat die swaarste getref word hierdeur.
Die probleem word nagefors deur te kyk na 'n paar onderwysers in primêre skole in twee
opvoedingsdistrikte wat onder die WKOD werksaam is. Onderwysers wat deel vorm van die
studie is persone wat oortollig verklaar is en verplaas is, of wie nog wag op verplasing.
Hierdie studie het onderwysers se ervaringe van die herontplooingsproses bestudeer.
Onderwysers was die geleentheid gegee om hul ervaringe met die naforser te deel en
sodoende lig te werp op hoe die proses hul gedrag, professionele houding en algemene
gesondheid geraak het.
Die naforsing het getoon dat terwyl daar gevalle is waar die proses van regstellende aksie en
herontplooing met die nodige sorg en omsigtigheid hanteer word, is dit nie altyd die norm nie.
Hierdie proses word ten tye op 'n kliniese wyse hanteer en dit skep die indruk dat die
prinsipaal onsimpatiek is en nie neutraal staan in die proses nie.
|
9 |
Wat is die invloed van skoolkultuur op die rol-identifisering van onderwysers by 'n primere skool in die Wes-Kaap?Watson, Ruby 12 1900 (has links)
Thesis (MEd)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The reseach in this study focusses on how teachers express the forming of a role-identity amid historically disadvantage circumstances. The lense used to highlight and understand the underlying relationship between role-identity and school culture, is school context. The focus is on the biography and professional training of respondents in order to determine how teachers mediate their professional roles.
We must understand teachers within the boundaries of a socio-cultural context, their biography and professional training. These factors, which contribute to the forming of role-identity, can negatively affect the receiving and implementation of policy. The assumption made by this study, is that there is a gap between transformation policies and school culture, which has an influence on the role of the teacher. A better understanding of teacher circumstances can inspire a multi-dimensional approach to teaching. The result was that my thesis tried to generate empirical evidence to understand teachers in under-privilege schools more fully.
Teachers develop their self-identity within the framework of experience and expectations about themselves and their teaching. The professional identity of teachers consists of being skilled in subject area, level of training, preparedness and formal qualifications. Respondents construct their one-dimensional professional identity within an under-privilege context. The school climate hinders the simultaneous execution of the three roles that I refer to in this study. Some of the hindrance factors are the manner in which the school accepts the lack of learning area knowledge, racism and the abuse of contact time. Poor management and lack of community control, tolerates the shortcomings and one-dimensional approach of teachers.
The study makes use of a theoretical framework, supported by literature. I used qualitative indepth-investigation for the collection of data. I used semi-structured interviews as an instrument to answer the research question and to achieve the proposed outcomes.
I achieved my main finding by using empirical-interpretive techniques. The finding was that personal socialisation and professional training, together with contextual factors influence the foundation of teacher identity. The base identity is the foundation upon which teachers formulate their role-identity.
My research shows how the respondents position themselves in relation to the prescribed teacher roles. Their identity forming takes places within the context of under-privilege circumstances, moral diffusion and transformation in education. I describe the construction of their conceptual space of role-identity. I furthermore present analyses of how the respondents form their role-identity. I base the most important finding of this study on one-dimensionality. Each of the selected teachers expresses their professional mediation of their roles within the context of a specific exposed school culture. The study shows the complex variations of this one-dimensionality amongst the four teachers. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorsing in hierdie studie konsentreer op hoe onderwysers gestalte gee aan hulle identiteitsvorming te midde van histories benadeelde omstandighede. Skoolkonteks is die lens wat gebruik word om die onderliggende verwantskap tussen rol-identiteit en skoolkultuur te verstaan. Die fokus is op respondente se biografië en professionele opleiding ten einde vas te stel hoe hulle die voorgeskrewe onderwyserrolle medieër.
Onderwysers moet verstaan word binne die grense van 'n sosio-kulturele konteks, hulle biografiese verhale en professionele opleiding. Hierdie faktore is bydraende aspekte wat 'n invloed het tydens die vorming van rol-identiteit, sowel as tydens die ontvang en implementering van beleide. Die aanname wat deur hierdie studie gemaak word, is dat daar 'n gaping tussen hervormingsbeleide en skoolkultuur bestaan wat die rol-identiteit van die onderwyser beїnvloed. 'n Beter begrip van onderwyser-omstandighede, kan 'n multi-dimensionele benadering tot onderwys inspireer. Gevolglik het my tesis gepoog om empiriese bewyse te genereer wat kan bydrae tot 'n vollediger begrip van onderwysers in minder-bevoorregte skole.
Onderwysers ontwikkel 'n self-identiteit binne die raamwerk van ervarings en verwagtinge oor hulleself en hulle onderrig. Die professionele identiteit van die onderwyser bestaan uit vaardigheid op vakgebied, vlak van opleiding, voorbereiding en formele kwalifikasie. Binne die minder-bevoorregte konteks waarin hierdie respondente onderrig, konstrueer hulle 'n een-dimensionele professionele identiteit. Die skoolklimaat belemmer die gelyktydige uitvoering van veral die drie rolle waarna ek in hierdie studie verwys. Sommige van die belemmerende faktore waarna verwys word, is die skool se gelate aanvaarding van gebrek aan leerarea kennis, rasisme en die misbruik van onderrigtyd. Gebrekkige bestuur en gemeenskapsbeheer vergemaklik verder die onderwyser se tekortkominge en een-dimensionele benadering.
My studie word onderskraag deur 'n teoretiese raamwerk wat met behulp van literatuurwerke saamgestel is. Die proses van data-insameling is met die hulp van 'n kwalitatiewe indiepte-ondersoek gedoen. Die semi-gestruktureerde onderhoude wat gevoer was, het gedien as instrument ter beantwoording van die navorsingsvraag ten einde die beoogde doelstellings te bereik. My kern bevindinge het ek verkry vanuit empiriese-interpretatiewe tegnieke. Hiervolgens is bevind dat persoonlike sosialisering en professionele opleiding tesame met kontekstuele faktore, 'n invloed het op die samestelling van die identiteitsbasis van die onderwyser. Hierdie identiteitsbasis vorm die grondslag waarop onderwysers hulle rol-identiteit formuleer.
My navorsing wys hoe die onderwysers in my studie hulleself posisioneer in verhouding tot hulle voorgeskrewe onderwyserrolle. Hulle identiteitsvorming geskied binne die konteks van minder-bevoorregte omstandighede, morele diffusie en onderwys transformasie. Ek beskryf hierdie konstruksie as hulle konseptuele ruimte van rol-identiteitsvorming. Verder bied hierdie studie 'n analise van hoe respondente hulle rol-identiteit vorm. Die vernaamste bevinding van hierdie studie is dat die geselekteerde onderwysers elk op 'n een-dimensionele basis uiting gee aan 'n professionele medieëring van hulle rolle binne hierdie skool se kultuur. Die studie wys die komplekse variasies van een-dimensionaliteit onder die vier onderwysers.
|
10 |
Stakeholders' perceptions of an institutional quality audit : a case studyJacobsz, Johannes (Jannie) 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis briefly explores the quality phenomenon in higher education and more specifically in the university context. In addition, the experiences of stakeholders who participated in the first institutional quality audit at a merged university are explored and analysed. It is also argued that the world-wide quality phenomenon at universities, although sometimes politically driven and at times undertaken with hidden agendas, may eventually add value to a university‟ cycle of never-ending quality improvement and enhancement. University stakeholders who are either directly or indirectly involved in realising the university‟s vision and mission can provide invaluable feedback about their experience of a quality audit. Feedback by all stakeholders about a quality audit will assist the university to plan and prepare for the next cycle of quality audits. The research findings of this study indicated that a variety of differences exist in the perceptions of stakeholders that participated in the preparation and execution of the institutional quality audit. In some cases the differences may hold some limited risk for the university therefore some recommendations are also made in support of future audits. These and other recommendations emenating from the research findings will hopefully also contribute towards improved engagement between the stakeholders and members of the audit panel. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie verhandeling ondersoek kortliks die verskynsel van gehalte in hoër onderwys, en meer spesifiek in die universiteitskonteks. Voorts word die ervarings van belanghebbendes wat deelgeneem het aan die eerste institusionele kwaliteitsoudit aan ʼn saamgesmelte universiteit, ondersoek en ontleed. Daar word ook aangevoer dat die wêreldwye verskynsel van kwaliteit aan universiteite uiteindelik waarde kan toevoeg tot ʼn universiteit se siklus van ewigdurende kwaliteitsversekering en –verbetering, selfs al is hierdie verskynsel soms polities gedrewe en al gaan dit by tye gepaard met verskuilde agendas. Belanghebbendes van die universiteit wat direk of indirek betrokke is by die realisering van die universiteit se visie en missie kan uiters waardevolle terugvoer bied oor hulle ervaring van ʼn kwaliteitsoudit. Terugvoer deur alle belanghebbendes oor ʼn kwaliteitsoudit sal die universiteit help om vir die volgende siklus kwaliteitsoudits te beplan en voor te berei. Die navorsingsbevindings van hierdie studie dui daarop dat ʼn verskeidenheid verskille wel bestaan in die persepsies van belanghebbendes wat deelgeneem het aan die voorbereiding en uitvoering van die institusionele kwaliteitsoudit. In sommige gevalle hou die verskille wel ʼn beperkte risiko vir die universiteit in en daarom word aanbevelings gemaak ter ondersteuning van toekomstige kwaliteitsoudits. Hierdie, sowel as ander aanbevelings sal hopelik ook bydra tot verbeterde interaksie tussen die belanghebbendes en lede van die ouditpaneel.
|
Page generated in 0.1064 seconds