Spelling suggestions: "subject:"ekologiese kennis"" "subject:"onkologiese kennis""
1 |
Ekologiese studie van 'n natuurlewebestuursplan vir die Honnet-Natuurreservaat, noordelike provinsieVisser, Nelmarie January 1995 (has links)
Vir die wetenskaplike bestuur van natuurreservate is die toepassing
van ekologiese kennis nodig om die vooraf bepaalde
doelstellings te bereik. Dit is dus noodsaaklik dat die bestuurder
die fundamentele ekologiese beginsels verstaan en kan
toepas. Die klimaat, geologie en grande van die Honnet-natuurreservaat
word aan die hand van beskikbare literatuur bespreek. Die
klimaat van die gebied kan as semi-aried beskou word. Die
belangrikste geologiese formasies is basalt, Clarenssandsteen,
doleriet, alluvium en ijoliet. Vyf grondvorme naamlik Hutton,
Glenrosa, Oakleaf, Dundee en Mispah kom op die reservaat voor.
Die plantegroei is met behulp van die Braun-Blanquet-benadering
geklassifiseer en die strukturele beskrywing deur van die Varieerbare-kwadrantperseelmetode gebruik te maak. Twaalf plantgemeenskappe
met vier variasies is onderskei en gekarteer. Ses
bestuurseenhede is op grand van kenmerkende plantgemeenskappe
1
grondvorm en topografie onderskei.
Die veldtoestand is met behulp van drie verskillende metodes
bepaall waarvan die ekologiese indeksmetode die aanvaarbaarste
resul taat gel ewer het. Die veldtoestand is swak met 1 n telling
van 360 vir die totale studiegebied. Die weikapasiteit vir die
studiegebied is 29 GVE. Die droemassa-produksie van die graslaag
is in elke bestuurseenheid bepaal en 1 n gemiddeld van
345.4 kgjha is vir die totale studiegebied verkry.
Die beskikbare blaarmateriaal vir elke bestuurseenheid en die
totale studiegebied is bepaal. Op dies 1.5 m1 >1.5-2.0 m en
>2.0-5.0 m hoogteklasse was 4 090.0 kgjha 1 2 605.2 kgjha en 8
990.6 kgjha blaarmateriaal onderskeidelik beskikbaar.
'n Regressievergelyking tussen die produksie van die graslaag
en boomdigtheid (ETBE) word met ander soortgelyke studies
vergelyk. Die positiewe korrelasie in die studiegebied teenoor
die negatiewe korrelasie deur ander navorsers gevind kan moontlik aan die oormatige oorbeweiding en vertrapping van die
reservaat toegeskryf word. Die bevolkingstruktuur, habitat- en voedselvoorkeure van die
verskillende grater soogdiersoorte is ondersoek. Die dierebevolkings
is gesond. Die gemsbok en rooihartbees kom nie natuurlik
in die gebied voor nie en 'n werklik geskikte habitat
vir die waterbok 1 bestaan nie op die reservaat nie. Dit word
aanbeveel dat die diersoorte van die reservaat verwyder word.
Vraelyste is aan besoekers uitgedeel om vas te stel aan watter
tipe aktiwiteite hulle sal deelneem 1 waarvolgens 1 n voorkeur
vir staproetes 1 wildkykritte en swem bestaan. Voorstelle vir
omgewingsopvoeding en verskillende aspekte van toerisme word
gemaak. 'n Oornagvoetslaanroete word aanbeveel en is reeds ui tgemerk. Die wei- en blaarvreetkapasiteit vir die reservaat is onderskeidelik
28.2 GVE en 180 BVE waarvolgens wildladings aanbeveel
is. Aanbevelings word· vir algemene wild- en veldbestuur,
onder andere gereelde wildtellings, monitering van
veldtoestand en oop- en toemaak van waterpunte gemaak.
Passiewe aanpassingsbestuur word aanbeveel waardeur wildgetalle
aangepas word volgens die reenval en veldtoestand. 'n Beslui tnemingsmodel
word aangebied wat as riglyn en hulpmiddel in die
neem van bestuursbesluite kan dien. / Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1995. / gm2013 / Animal and Wildlife Sciences / unrestricted
|
Page generated in 0.1306 seconds