• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die ekstrinsieke getuienis-reel in die Suid-Afrikaanse kontraktereg

Bekker, Petrus Marthinus 02 1900 (has links)
Die ekstrinsieke getuienis-reël word in die algemeen beskou as een van die mees problematiese areas van die Suid-Afrikaanse bewysreg. Die Suid-Afrikaanse Regskommissie het dan ook redelik onlangs ondersoek ingestel na die wenslikheid van die behoud of afskaffing van die reël. Ondersoek word ingestel na die ware aard van die ekstrinsieke getuienis-reël en of die reël op ’n korrekte wyse in die Suid-Afrikaanse reg ingevoer is. ’n Deeglike kritiese ontleding word verder gedoen van die twee komponente waaruit die ekstrinsieke getuienis-reël bestaan, naamlik die integrasiereël en die interpretasiereël, met behoorlike verwysing na relevante regspraak en die standpunte van akademiese skrywers op hierdie gebied. Kritiese ondersoek word verder ingestel na die verslag en aanbevelings van die Suid-Afrikaanse Regskommissie ten aansien van die ekstrinsieke getuienis-reël. Die impak van die 1996 Grondwet, asook die moderne ontwikkeling van die rekenaar en elektroniese dokumente op die ekstrinsiekegetuienis-reël word ook kortliks ondersoek. Daar word verder grondig ondersoek ingestel na die ekstrinsieke getuienis-reël in ’n regsvergelykende perspektief met spesifieke verwysing na die Engelse, Amerikaanse, Kanadese, Nederlandse, Duitse, Franse en Switserse reg, asook die moontlike waarde wat sodanige benaderings kan toevoeg tot die reël in ’n Suid-afrikaanse konteks. Die gevolgtrekking waartoe gekom word in hierdie proefskrif is dat die ekstrinsieke getuienis-reël aansienlik gemodifiseer moet word in die Suid-Afrikaanse reg deur middel van die promulgering van spesifieke wetgewing op hierdie gebied. Die essensie van hierdie wetgewing moet daaruit bestaan dat alle relevante ekstrinsieke getuienis toegelaat behoort te word ten einde die ware bedoeling van die kontrakspartye vas te stel, behalwe waar dit blyk dat hulle ooreengekom het om hulle algehele ooreenkoms in die skriftelike kontrak te integreer. Daar behoort egter terselftertyd ’n aansienlike bewyswaarde aan die skriftelike dokument, asook die terme daarin vervat, geheg te word ten einde die onskendbaarheid van die skriftelike dokument te preserveer. / Criminal and Procedural Law / LL.D.
2

Page generated in 0.0743 seconds