Spelling suggestions: "subject:"gamtoos river halley (south africa)"" "subject:"gamtoos river halley (south affrica)""
1 |
'n Praktiese-teologiese ondersoek na die menswaardigheid en roeping van lidmate in die VGKSA GamtoosvalleiJonas, Stephen Wilhelm 03 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The introduction deals with the research proposal. The thesis is a practical-theological study dealing with human dignity and the missional vocation of the Gamtoosvalley Uniting Reformed Church in Southern-Africa. The research question asks: How do you guide members of a typical small, poor, rural congregation, caught in maintenance to discover human dignity in Christ and how are they transformed to focus missionally on God’s agenda for their community?
Chapter 2 is a context-analysis where demographic information confirms poverty. The question is asked whether members can stay positive and develop hope for an alternative reality for themselves and their community.
Chapter 3 is an identity analysis describing how the identity and culture of the congregation and its community was shaped in history.
Chapter 4 outlines the present profile of the congregation. In this chapter the secret to hope and human dignity is described in what happened in the community when some members through the power of the Holy Spirit became missionally engaged.
The fifth chapter is a literature study that outlines the theological theory about God as a Trinity that serves as a template for ecclesiology and anthropology. The chapter proves the importance of the imago Dei concept for human dignity and the importance of relationships. When people experience a living relationship with God and discover their vocation in and through Jesus Christ, human dignity is restored.
Chapter 6 deals with transformation. It links to the missio Dei concept and describes a strategy for the transformation process.
The last chapter focuses on leadership development for the pastor and church council and how they and the church members should be take on a missional journey. The conclusions confirm the hypothesis. When some of the members discovered a missional calling and experienced the powerful guidance of the Holy Spirit in their lives, they got involved in reaching out to “the stranger” in their midst. This led to the affirmation of their dignity and created hope for a new and better future. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In die inleidende hoofstuk word die navorsingsvoorstel uiteengesit. Dit is ʼn prakties-teologiese studie wat handel oor die menswaardigheid en missionale roeping van die VGKSA Gamtoosvallei se lidmate. Die navorsingsvraag lui: Hoe begelei ʼn mens lidmate in ʼn tipiese plattelandse gemeente, wat in armoede en ʼn instandhoudingsbediening vasgevang is, om hul menswaardigheid in Christus te ontdek, en om die lidmate te transformeer na ʼn missionale gemeente wat fokus op God en sy agenda vir hulle en hul gemeenskap?
Hoofstuk 2 is ʼn konteksanalise wat, uit die demografiese gegewens, die omvang van armoede in die omgewing toon. Die vraag wat gevra is: Kan lidmate in dié konteks werklik positief bly en hoop en nuwe lewe in die gemeente en die gemeenskap bring?
Hoofstuk 3 is ʼn identiteitsanalise en toon watter omstandighede ʼn besondere rol in die vorming van die identiteit en kultuur van die VGK Gamtoosvallei gespeel het.
Hoofstuk 4 belig die profiel van die gemeente in sy huidige konteks. Dié hoofstuk bring nuwe hoop wanneer dit fokus op lidmate wat hul menswaardigheid in Christus ontdek het en wat hul missionale roeping onder leiding van die Heilige Gees begin uitleef het.
Hoofstuk 5 is ʼn literatuurstudie wat ʼn prakties-teologiese basisteorie uiteensit waarvolgens die navorser te werk gaan om te toon wie God is en hoe die Triniteit ʼn teologiese templaat vir die ekklesiologie en antropologie bied. Dié hoofstuk toon hoe die herstel van die imago Dei menswaardigheid herstel en hoe belangrik verhoudings is. Wanneer die mens in verhouding met God begin leef en sy missionale roeping in Christus begin uitleef, vind herstel van menswaardigheid vanself plaas.
In Hoofstuk 6 gaan dit oor hoe die transformasie in die gemeente kan plaasvind. Dit vind aanknoping by die missio-Dei konsep en spel die strategie van transformasie uit. Hoofstuk 7 ondersoek die rol van die leierskapsontwikkeling van die predikant en kerk-raad, asook die gemeente, op die reis na missionale transformasie. Die gevolgtrekking bevestig die hipotese synde dat sommige lidmate hulle missionale roeping ontdek het en die kragtige werking van die Heilige Gees in hul midde ervaar het toe hulle, weg van hulself, op ander se nood gefokus het. Dit kan die sleutel bied tot die herontdekking van hoop en ʼn nuwe lewe.
|
Page generated in 0.0662 seconds