• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die aard van pleegvaders se betrokkenheid by pleegkinders : ‘n verkennende studie binneChild Welfare Tshwane

Kirsten, Erika Christine January 2013 (has links)
Die doel van die studie was om die aard van die betrokkenheid van pleegvaders by pleegkinders te verken binne Child Welfare Tshwane. Om hierdie doel te bereik is ʼn kwantitatiewe benadering gevolg om op ʼn objektiewe wyse die aard van dié betrokkenheid te bepaal. Die studie is volgens ʼn nie-eksperimentele navorsingsontwerp uitgevoer, synde die korrelasie-ontwerp wat die konsep vaderlike betrokkenheid eenmalig gemeet en korrelasies tussen veranderlikes ondersoek het. Data is ingesamel oor drie konstrukte van vaderlike betrokkenheid, naamlike interaksie, beskikbaarheid en verantwoordelikheid. Data is deur middel van 'n self-geadministreerde vraelys ingesamel. Die bevindinge van die studie het getoon pleegvaders oor die algemeen hoë vlakke van betrokkenheid by hul pleegkinders getoon het ten opsigte van al drie die konstrukte. Die pleegvaders het beide ‘n instrumentele rol, byvoorbeeld voorsiening in die kinders se basiese behoeftes, en ‘n ekpressiewe rol, byvoorbeeld emosionele steun en aanmoeding van die pleegkinders, vertolk. Temas wat in hul eie beskrywing van hul rol as pleegvaders na vore gekom het, was diè van emosionele ondersteuning, sosialisering van die pleegkinders, die bied van ekonomiese sekuriteit en interaksie met die pleegkind en dat hul dus ‘n aktiewe byrae tot die uitvoering van die gesinsfunksies gelewer het. Hoewel die meerderheid van die pleegvaders bejaard was en bedags tuis teenwoordig was, het dit nie betekenisvol verskil van die betrokkenheid van pleegvaders wat voltyds gewerk het nie. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat maatskaplikewerkdienste ook die pleegvader behoort in te sluit en daarop fokus om pleegvaders te motiveer om betrokke te wees by die versorging van pleegkinders. Pleegvaders kan ‘n belangrike bydrae lewer tot die stabliteit van pleegplasings en tot die algehele welsyn van die pleegkinders. / Dissertation (MSW)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Social Work and Criminology / Unrestricted

Page generated in 0.0499 seconds