• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Evaluering van forensiese assesseringstegnieke tydens onderhoudsvoering van die seksueel misbruikte kind / Phillips, C.G.J.

Phillips, Cathrina Gezina Johanna January 2011 (has links)
Forensiese assesseringstegnieke wat tydens ondersoeke na kinder seksuele misbruik benut word, het in n hoë mate mettertyd ontwikkel. Navorsing het n waardevolle bydrae gelewer tot effektiewe en geskikte assesseringstegnieke. Verdere navorsing is egter nodig om die bestaande tegnieke te ondersoek. Die persoon wat by forensiese assesserings betrokke is, kan baat vind by die leiding wat navorsing bied. Op grond hiervan het die navorser ondersoek ingestel na die forensiese assesseringstegnieke wat tans in die praktyk deur forensiese maatskaplike werkers benut word. Gedurende die ondersoek is verskeie tegnieke wat tydens forensiese assesseringsonderhoude benut word, geïdentifiseer en bespreek. Die sistematiese aanrakingseksplorasie is vir die doel van hierdie studie deur die navorser uitgesonder. Hierdie tegniek is aan die hand van n gevallestudie bestudeer en bespreek. Ondersoek is ook ingestel na die menings van maatskaplike werkers wat in die forensiese veld werksaam is, asook dié van justisie–amptenare, onder wie landdroste en staatsaanklaers, wat in die hof vir seksuele misdrywe werksaam is, ten opsigte van die benutting van die sistematiese aanrakingseksplorasie. Die justisie–amptenare was aanvanklik nie vertroud met die tegniek nie. Nadat literatuur vir bestudering aan hulle beskikbaar gestel is, is vasgestel dat hulle ontvanklik is vir en positief staan teenoor die benutting van die sistematiese aanrakingseksplorasie. Die ondersoek het ten doel gehad: * Om deur middel van n literatuurstudie die forensiese assesseringstegnieke wat tans in die praktyk benut word, te identifiseer en te bespreek; en * Om die sistematiese aanrakingseksplorasietegniek aan die hand van n literatuurstudie en empiriese navorsing te evalueer. Samevattend kan gestel word dat die tegnieke, soos in hierdie navorsing bespreek, deel behoort uit te maak van die protokol van die professionele persoon wat die seksueel misbruikte kind assesseer. Hierdie navorsing het bevind dat die sistematiese aanrakingseksplorasie n waardevolle forensiese assesseringstegniek is ten opsigte van die seksueel misbruikte kind. / Thesis (M.A. (MW))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2011.
2

3

The impact of the Namibian judiciary system on the child witness

Theron, Veronica Rose 08 1900 (has links)
In this study focus is placed on the Impact of the Namibian judiciary system on the sexually-abused child witness and recommendations were made to criminal justice professionals. A literature study was undertaken to establish a grounded theoretical perspective. A single case study was done to evaluate how the Gestalt Play Therapy Process can be applied to mitigate some of the negative effects the judicial system has on the child witness. An empirical study was done and a qualitative approach was utilised. Semi-structured interviews were conducted with children, their parents and criminal justice professionals. Major findings of this study are that the Namibian criminal justice system leads to further traumatization of the sexually-abused child witness and that the Gestalt Play Therapy approach can be applied to make the court proceedings less traumatic and even therapeutic for the child witness. Recommendations were formulated for criminal justice professionals / In hierdie verhandeling is gefokus op die impak van die Namibiese regstelsel op die seksueel-misbruikte kindergetuie en daar word aanbevelings gedoen aan professionele persone in die kriminele regstelsel. 'n Literatuurstudie is gedoen om 'n grondige toeretiese perspektief daar te stel. 'n Enkele gevallestudie is uitgevoer om te evalueer hoe die Gestalt Spelterapieproses toegepas kan word om die hofverrigtinge vir die kind minder traumaties te maak. 'n Empiriese studie is gedoen en 'n kwalitatiewe benadering is gebruik. Semi-gestruktureerde onderhoude is gevoer met kinders, hulle ouers en professionele persone wat met seksueel-misbruikte kindergetuies werk. In die studie is bevind dat die Namibiese regstelsel addisionele trauma veroorsaak vir die kindergetuie en dat die Getaltspelterapiebenadering gebruik kan word om die hofervaring minder traumaties en selfs terapeuties te kan maak vir die kindergetuie. Aanbevelings is gedoen aan professionele persone wat met kindergetuies werk. / Social work / M.Diac. (Play Therapy)
4

Page generated in 0.0233 seconds