Spelling suggestions: "subject:"graad 1leerders"" "subject:"graad 1aanleerders""
1 |
Die rol van die klanke, klinkers en klawersprogram op Graad 1-leerders se fonologiese bewuswording as leesgeletterdheidsvaardigheidFaber, Heidi January 2013 (has links)
Die fokus van hierdie studie is ‘n intervensie deur middel van die Klanke, Klinkers en Klawersprogram op Afrikaanse Graad 1-leerders se fonologiese bewuswording ten opsigte van leesgeletterdheidsvaardighede. Daar is gepoog om onderrig in fonologie te versterk en meer verrykend te maak deur middel van die integrering van musiekaktiwiteite. Die versterking van fonologiese bewuswording het leesgeletterdheidsvaardighede versterk. Tydens die aanleer van leesvaardighede is leerders aktief betrek deur na stories te luister, liedjies aan te leer en aan ander musiekaktiwiteite deel te neem.
Volgens internasionale en nasionale leesstatistieke word leesgeletterdheids-vaardighede oral in die wêreld as ‘n probleem beskou, maar in Suid-Afrika neem dit kritieke afmetings aan waar die gemiddelde leerder in die grondslagfase groot probleme toon ten opsigte van lees. ‘n Moontlike rede vir hierdie probleem is dat fonologiesevaardighede nie onderrig word in Graad 1 nie. Weglating van die onderrig van sekere taalvaardighede soos fonologiese bewuswording lei tot swak leesprestasie by jong leerders. Oneffektiewe onderrigmetodes het ‘n beduidende negatiewe invloed op leerders se leesgeletterdheidsvaardighede. Hierdie agtergrond het my gelei tot die ondersoek van die navorsingsvraag naamlik: Tot watter mate sal ʼn Afrikaanse fonologiemusiekprogram ʼn invloed op Graad 1-leerders se fonologiese bewuswording as leesgeletterdheidsvaardigheid hê? In hierdie navorsing is daar gebruik gemaak van ‘n konseptuele raamwerk gebaseer op Howard Gardner (1983:9) se multi-intelligensies, met die klem op musikale en linguistiese intelligensies. Gardner (1983) bevestig dat leerders baat daarby vind wanneer onderwysers verskeie intelligensies in hulle aanbiedinge betrek. Die integrasie van musiek met geletterdheid soos voorgestel deur Russell-Bowie, speel verder ook ‘n belangrike rol in die konseptuele raamwerk. Russell-Bowie (2006) beveel die integrasie van musiek en ander vakke ten sterkste aan. Musiek dra by tot die ontwikkeling van effektiewe leesvaardighede deur die deelname aan genotvolle aktiwiteite. Onderwysers met of sonder musiekkennis of -vaardighede kan musiek onderrig, maar onderwysers met gespesialiseerde vaardighede word benodig wanneer gevorderde musiekvaardighede en -konsepte vir leerders aangeleer word.
ʼn Kwalitatiewe, interpretivistiese benadering tot ʼn gevallestudie is gebruik om die intervensieprogram en navorsingsvraag te verken, te verklaar en te beskryf. Data is ingesamel deur visuele bewysstukke, dokumente, waarneming, onderhoude en ‘n navorsingsjoernaal. Die data-analise het plaasgevind deur kodering en tematiese analise naamlik: Tema 1 Geletterdheidsvaardighede; Tema 2 Musiekvaardighede en
Tema 3 Die rolspelers se ervaring van die intervensie.
Onderwysers speel ‘n noemenswaardige rol in die aanleer van fonologiese bewuswording deur die korrekte uitspraak van fonologiese spraakklanke. Bevindinge van die navorsing het getoon dat musiek wel ‘n positiewe rol speel in fonologiese bewuswording van Graad 1-leerders se leesgeletterdheidsvaardigheid. Die intervensie program het duidelik die leerders se fonologiese bewuswording versterk wat weer hulle leesgeletterdheidsvaardighed bevorder het. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2013. / 6 CDs available with the study. Kept at the Open Scholarship Office in the Embargo room. / gm2014 / Early Childhood Education / unrestricted
|
2 |
Intervensieprogram vir graad 1-leerders uit 'n lae sosio-ekonomiese omgewing / Intervensieprogram vir graad een leerders uit 'n lae sosio-ekonomiese omgewing / Intervention programme for grade 1 learners from a low socio-economic environment / Intervention programme for grade one learners from a low socio-economic environmentVan Wyk, Maria Magdalena 15 August 2012 (has links)
Abstract in Afrikaans and English / This study was initiated when the researcher became aware of the problem that learners from low socio-economic environments tend to experience barriers to learning in numeracy and literacy. These barriers were identified in a class of Grade 1 learners through extensive literature study, after which the development, teaching and learning of numeracy and literacy in grade 1 were investigated. The researcher then developed intervention programmes for literacy and numeracy, each running for a period of six weeks, in order to overcome learners’ difficulties in these learning areas. Each programme was subdivided into three shorter programmes of two weeks each, which addressed different aspects of literacy and numeracy. Each sub-programme was supplemented by a schedule of daily activities in order to reinforce learning.
Learners’ competence in literacy and numeracy was assessed before starting the programme and re-assessed at the end, using the same tests they had done at the beginning. Learners’ marks in both sets of tests were compared, which demonstrated their progress or non-progress after having participated in the intervention programmes. / Inleidend tot die studie word ‘n uiteensetting gegee van hoe die navorser bewus geword het van die navorsingsprobleem, wat as volg gestel word: Die navorser is bewus daarvan dat leerders uit ‘n lae sosio-ekonomiese milieu gewoonlik struikelblokke in leeraktiwiteite in gesyferdheid en geletterdheid ervaar. Deur literatuurstudie is die struikelblokke wat graad 1-leerders in geletterdheid en gesyferdheid ondervind, geïdentifiseer. Vervolgens is die ontwikkeling, onderrig en leer van geletterdheid en gesyferdheid volledig uiteengesit en intervensieprogramme in geletterdheid en gesyferdheid saamgestel om leerders se struikelblokke tydens leeraktiwiteite te bowe te kom.
Drie intervensieprogramme in geletterdheid en drie in gesyferdheid is saamgestel, wat elk vir twee weke gevolg is. Volledige skedules van daaglikse aktiwiteite wat by elke program uitgevoer is, is ook ingesluit. Leerders se bedrewenheid in geletterdheid en gesyferdheid is geassesseer voor daar met die programme begin is. Na afloop van die intervensieprogramme het leerders weer dieselfde toetse afgelê waardeur hulle vordering of nie-vordering bepaal kon word. Verskeie tabelle is saamgestel wat leerders se vordering aantoon. / Educational Studies / M. Ed. (Sielkundige Opvoedkunde)
|
Page generated in 0.0451 seconds