• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Sequencing and detection of a new strain of grapevine leafroll-associated virus 3 in South Africa

Bester, Rachelle 12 1900 (has links)
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Grapevine leafroll-associated virus 3 (GLRaV-3) is the type member of the genus Ampelovirus in the family Closteroviridae and is considered to be the main contributing agent of grapevine leafroll disease (GLD) worldwide. A metagenomic sequencing study of a grapevine leafroll-diseased vineyard led to the discovery of a new variant of GLRaV-3 in South Africa. This new variant was most related to a New Zealand isolate, NZ-1. In this study, we sequenced two isolates, GH11 and GH30, of the new variant group of GLRaV-3. These isolates have less than 70% nucleotide (nt) identity to other known GLRaV-3 variants, indicating that they should be considered variants of a different strain of GLRaV-3. We propose that the GLRaV-3-like virus identified in this study be grouped together with NZ-1 and some Napa Valley isolates as Group VI of GLRaV-3. This study also provided further evidence that next-generation sequencing is an invaluable approach to identify novel viruses and variants, in that the draft sequence generated with bioinformatic tools in this study was 98% identical to the GH11 sequence generated using Sanger sequencing. The study further confirmed that the industry standard ELISA is still an effective GLRaV-3 diagnostic method and that it is able to detect all known variant groups of GLRaV-3. However, this assay is not able to differentiate between GLRaV-3 variant groups. In the current study therefore, a real-time RT-PCR was designed that is able to detect GLRaV-3 variant groups I, II, III and VI, using a single primer pair targeting the Hsp70h gene of GLRaV-3. If high-resolution melting (HRM) curve analysis is added to the real-time RT-PCR, it is possible to differentiate between variant groups based on three melting point intervals. The RT-PCR HRM assay provides a more sensitive and rapid tool to detect and differentiate between different GLRaV-3 variant groups. Finally, a multiplex RT-PCR was designed to differentiate between the variant groups present in South Africa. This multiplex RT-PCR offers a validation method for the RT-PCR HRM and provides an end-point PCR alternative for variant identification. In order to investigate the spread and impact of different GLRaV-3 variants in vineyards, sensitive diagnostic techniques are a necessity. The abovementioned tools will contribute to the understanding of the pathogenesis of GLD and aid epidemiological studies to investigate how these different GLRaV-3 variant groups are spreading, the association of specific GLRaV-3 variants to disease symptoms and the mealybug vector transmission efficiency for each GLRaV-3 variant. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Grapevine leafroll-associated virus 3 (GLRaV-3) is ’n lid van die genus Ampelovirus in die familie Closteroviridae en word beskou as die hoof bydraende faktor van wingerd-rolbladsiekte wêreldwyd. ’n Metagenomiese studie het bewys dat daar ’n nuwe variant van GLRaV-3 bestaan wat nog nie voorheen in Suid Afrika opgespoor kon word met die huidige opsporingsmetodes nie. Hierdie nuwe variant was naaste verwant aan ’n Nieu-Seelandse isolaat, NZ-1. In hierdie studie is die genoomvolgorde van twee isolate, GH11 en GH30, van hierdie nuwe GLRaV-3 variant groep bepaal. Hierdie twee isolate was minder as 70% identies aan ander GLRaV-3 variante, wat daarop dui dat hulle as variante van ’n nuwe virus-ras beskou behoort te word. Ons beveel aan dat hierdie GLRaV-3-verwante virus geklassifiseer word saam met die NZ-1 isolaat en ander isolate uit Kalifornië, as groep VI van GLRaV-3. Hierdie studie het ook verdere bewyse verskaf dat volgende-generasie volgordebepalingstegnologie ’n waardevolle benadering is om nuwe virusse en variante te identifiseer, deurdat die huidige studie gewys het dat die voorlopige volgorde, wat gegenereer is deur bioinformatika-instrumente, 98% identies was aan die GH11 volgorde wat met Sanger volgordebepaling verkry was. Hierdie studie het ook gevind dat die industrie-standaard ELISA, nog steeds ’n effektiewe GLRaV-3 diagnostiese metode is en wel infeksies, veroorsaak deur al die variant-groepe, sal kan identifiseer. Die ELISA toets is egter nie in staat om te onderskei tussen GLRaV-3 variant-groepe nie. In hierdie studie is ’n variant-identifiseerbare in-tyd tru-transkripsie polimerase ketting reaksie (PKR) ontwerp wat GLRaV-3 variant-groepe I, II, III en VI kan identifiseer deur middel van ’n enkele inleier-stel wat die GLRaV-3 Hsp70h-geen teiken. As hoë-resolusie smeltingskurwe-analise bygevoeg word by die in-tyd tru-transkripsie PKR, is dit moontlik om te onderskei tussen variant-groepe op grond van drie smeltingspunt intervalle. Die tru-transkripsie hoë-resolusie smeltingskurwe-toets verskaf meer sensitiewe en geoutomatiseerde metodes om GLRaV-3 variant-groepe te identifiseer en te onderskei. ’n Veelvuldige tru-transkripsie PKR is ook ontwerp om tussen variante wat tans in Suid-Afrika aangetref word, te onderskei en te dien as ’n valideringsmetode vir die in-tyd tru-transkripsie hoë-resolusie smeltingskurwe-toets. Sensitiewe en akkurate toetse, soos bogenoemde, is noodsaaklik vir die bestudering van die verspreiding en impak van die verskillende GLRaV-3 variante in wingerd. Hierdie metodes kan gebruik word om kennis ten opsigte van rolblad patogenese te verbreed en om by te dra tot epidemiologiese studies wat ondersoek hoe hierdie variant-groepe versprei, of daar ’n assosiasie bestaan tussen ’n spesifieke variant en siekte-simptome en of daar ’n verskil is in die witluisvektor oordragseffektiwitiet vir elke GLRaV-3 variant.
2

Identification and characterisation of grapevine leafroll-associated virus 3 genomic and subgenomic RNAs

Maree, Hans Jacob 12 1900 (has links)
Thesis (PhD (Genetics))--University of Stellenbosch, 2010. / Includes bibliography. / Title page: Dept. of Genetics, Faculty of Science / ENGLISH ABSTRACT: Grapevine leafroll-associated virus 3 (GLRaV-3) is the type strain for the genus Ampelovirus, family Closteroviridae. There has been only one report that claimed the complete nucleotide sequence of GLRaV-3 (isolate NY-1, AF037268). Here we report the complete sequence of the South African GLRaV-3, isolate GP18 (EU259806) and show a significantly extended 5’ end. We used RLM-RACE to determine the 5’ end of GP18 and found the 5’ UTR to be 737 nt compared to 158 nt in the NY-1 sequence. This extended UTR was found in all other South African isolates of GLRaV-3 that were tested. In two collaborative studies the existence of the extended 5’ UTR was confirmed and further investigated. In the first study (Coetzee et al., 2010), metagenomic data generated by next generation sequencing (Illumina Genome Analyzer II) was analysed for GLRaV-3 specific sequences. Sequences similar to the GP18 isolate confirmed the sequence of the extended 5’ UTR. In the second study (Jooste et al., 2010), three genetic variants were identified and their respective 5’ UTRs studied. Great diversity was observed between the 5’ UTRs of the different genetic variants, however within a variant the 5’ UTR was found to be highly conserved. Grapevine leafroll-associated virus 3 is a positive sense, single stranded RNA virus that has been shown, like other closteroviruses, to produce subgenomic (sg) RNAs during replication. These sgRNAs are deployed for the expression of the ORFs on the 3’ half of the genome. In this study a dsRNA blot confirmed the presence of three, 3’ coterminal sgRNAs species [sgRNA(ORF3/4), sgRNA(ORF5) and sgRNA(ORF6)] in GLRaV-3-infected plant material when using a probe directed at the coat protein gene. The specific 5’ terminal nucleotides for these sgRNAs as well as four additional sgRNAs [sgRNA(ORF7), sgRNA(ORF8), sgRNA(ORF9) and sgRNA(ORF10-12)] were determined by RLM-RACE for GLRaV-3 isolate GP18. The construction of a GLRaV-3 mini-replicon, analogous to RNA1 of Lettuce infectious yellows virus, for the evaluation of putative sg-promoters is also described. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Grapevine leafroll-associated virus 3 (GLRaV-3) is ‘n lid van die Closteroviridae familie en die hooflid vir die genus Ampelovirus. Tot dusver was daar net een studie wat die volledige nukleïensuurvolgorde van GLRaV-3 gerapporteer het (isolaat NY-1, AF037268). In hierdie studie rapporteer ons die volledige volgorde van ‘n Suid-Afrikaanse GLRaV-3, isolaat nl. GP18 (EU259806) wat noemenswaardig langer is aan die 5’ kant. RLM-RACE is gebruik om die 5’ eindpunt van GP18 te bepaal en daar is gevind dat die 5’ ongetransleerde streek (UTR) 737 nt lank is in vergelyking met die 158 nt van die NY-1 volgorde. Die verlengde 5’ UTR is gevind in alle Suid-Afrikaanse monsters wat getoets is. Die verlengde 5’ UTR is bevestig en verder bestudeer tydens twee samewerkingsprojekte. In die eerste studie (Coetzee et al., 2010), is metagenomiese data gegenereer deur volgende-generasie volgordebepaling (Illumina Genome Analyzer II) en geanaliseer vir GLRaV-3 spesifieke volgordes. Volgordes soortgelyk aan die GP18 isolaat het die verlengde 5’ UTR volgorde bevestig. In die tweede studie (Jooste et al., 2010), is drie genetiese variante van GLRaV-3 geidentifiseer en hulle onderskeie 5’ UTR volgordes bepaal en bestudeer. Daar is groot diversiteit tussen die 5’ UTRs van die verskillende genetiese variante gevind, maar tussen isolate van dieselfde variant is die volgordes gekonserveerd. Grapevine leafroll-associated virus 3 is ‘n positiewe-sin, enkelstring RNA virus wat al voorheen bewys is om, soos ander closterovirusse, subgenomiese (sg) RNAs te produseer tydens replisering. Hierdie sgRNAs word ingespan vir die uitdrukking van die ORFs op die 3’ helfte van die virusgenoom. In hierdie studie is ‘n dsRNA klad gebruik om die voorkoms van 3’ ko-terminale sgRNAs [sgRNA(ORF3/4), sgRNA(ORF5) and sgRNA(ORF6)] te bevestig in GLRaV-3 geinfekteerde plantmateriaal deur gebruik te maak van ‘n peiler teen die kapsiedproteïengeen. Die spesifieke 5’ terminale nukleotiedes vir hierdie sgRNAs sowel as vier additionele sgRNAs [sgRNA(ORF7), sgRNA(ORF8), sgRNA(ORF9) and sgRNA(ORF10-12)] is bepaal deur gebruik te maak van RLM-RACE op die GLRaV-3 isolaat GP18. Die konstruksie van ‘n GLRaV-3 mini-repliserings konstruk, analoog aan die RNA1 van Lettuce infectious yellows virus, vir die evaluasie van moontlike sg-promotors word ook beskryf.

Page generated in 0.0832 seconds