• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die invloed van koöperatiewe leer as onderrigstrategie op die houding van Graad 8-wiskundeleerders teenoor probleemoplossing en op hul prestasie in wiskunde / Sarita van der Lith

Van der Lith, Sarita January 2014 (has links)
Die navorsing is onderneem om die invloed van koöperatiewe leer as „n onderrigstrategie op Graad 8 wiskundeleerders se houding teenoor probleemoplossing en hul prestasie in wiskunde te bepaal. Die doelstellings van die empiriese ondersoek was: - om die houding van Graad 8 leerders teenoor wiskunde en teenoor probleemoplossing in wiskunde te ondersoek; - om die invloed van koöperatiewe leer as onderrigstrategie op die houding van graad 8 wiskunde-leerders teenoor wiskunde en teenoor probleemoplossing in wiskunde te ondersoek; en - om die invloed van koöperatiewe leer as onderrigstrategie op die prestasie van Graad 8 leerders in wiskunde te ondersoek. Deur middel van „n literatuurstudie as onderrig-leerraamwerk, is die aard van skoolwiskunde; benaderings ten opsigte van die leer van skoolwiskunde, naamlik die behavioristiese-, die kognitiewe- en die konstruktiwistiese leerbenaderings; die rol van probleemoplossing in die onderrig en leer van skoolwiskunde; asook die houding van leerders teenoor wiskunde en teenoor probleemoplossing in wiskunde, bespreek. Na aanleiding van die gebruik van direkte- en indirekte onderrigstrategieë, is die volgende elemente van koöperatiewe leer (indirekte onderrigstrategie) beklemtoon: individuele verantwoordelikheid, interpersoonlike sosiale vaardighede, positiewe persoonlike interaksie, groepvordering en positiewe interafhanklikheid. Koöperatiewe leermetodes en die implementering van koöperatiewe leer in die wiskundeklaskamer is vervolgens bespreek, asook leerders se houding teenoor koöperatiewe leer. Vir die empiriese ondersoek is „n opeenvolgende verklarende gekombineerde navorsingsmetode-ontwerp gebruik, wat bestaan het uit die insameling en ontleding van kwantitatiewe- en kwalitatiewe data in opeenvolgende fases. „n Voor-eksperimentele evaluering (voortoets) is gedoen om die eksperimentele en kontrolegroepe te vergelyk ten opsigte van hul houding teenoor wiskunde en teenoor probleemoplossing in wiskunde deur die gebruik van „n aangepaste houdingsvraelys (ATMI), asook ten opsigte van leerders se wiskundeprestasie. Die intervensie (koöperatiewe leer as onderrigstrategie) is vervolgens vir „n tydperk van sestien weke op die eksperimentele groep toegepas. Die aangepaste houdingsvraelys (ATMI) is ook tydens „n na-eksperimentele evaluering (natoets) vir beide (kontrole- en eksperimentele) groepe gebruik, asook vir die vergelyking van genoemde groepe se wiskundeprestasie. Die kwalitatiewe ondersoek is uitgevoer deur individuele gestruktureerde taakgebaseerde onderhoude met geselekteerde deelnemers van die eksperimentele groep te voer. Inligting oor leerders se houding en ervaring ten opsigte van probleemoplossing in wiskunde, hul houding teenoor koöperatiewe leer, asook hul probleemoplossingsvaardighede, is met behulp van die onderhoude bekom. Uit die resultate van die empiriese navorsing is bevind dat koöperatiewe leer as onderrigstrategie geen beduidende invloed op Graad 8 leerders se houding teenoor wiskunde en teenoor probleemoplossing in wiskunde gehad het nie. Die gebruik van koöperatiewe leer as onderrigstrategie daarenteen, het „n beduidende toename in Graad 8 leerders se prestasie in wiskunde tot gevolg gehad. / MEd (Mathematics Education), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.0787 seconds