• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Verhoudingsbestuur met bestuurders van die landswye takke van SEESA : 'n gevallestudie / Tersia Landsberg

Landsberg, Tersia January 2014 (has links)
Strategiese korporatiewe kommunikasie en sterk verhoudings met werknemers kan in die vorm van hoë werknemerbetrokkenheid bydra tot organisatoriese prestasie en uitnemendheid omdat dit organisasies help om organisatoriese doelwitte te bereik. Dit word bereik deur verhoudingsbestuur met strategiese belangegroepe in organisasies met ʼn simmetriese wêreldbeskouing en tweerigtingkommunikasiemodel, in die korporatiewe kommunikasiepraktisyn se rol as strategis. Sterk verhoudings met belangegroepe word gekenmerk deur vertroue, wederkerige beheer, verhoudingsbevrediging en toewyding. Binne die konteks van organisasies wat geografies wyd verspreid is, speel die bestuur van organisatoriese kultuur en sentralisering/desentralisering ʼn rol in die mate waartoe hoë werknemerbetrokkenheid gevestig kan word en uiteindelik kan bydra tot organisatoriese uitnemendheid. Om hierdie onderwerp te ondersoek in die nasionale organisasie SEESA, is daar semigestruktureerde onderhoude gevoer met sleutelrolspelers in SEESA se kommunikasiebestuur en ʼn kwalitatiewe inhoudsanalise gedoen van SEESA hoofkantoor se kommunikasie aktiwiteite. Self-toegediende vraelyste is gebruik om bestuurders van landswye SEESA se takke se persepsies oor verhoudingsbestuur vanaf die hoofkantoor te bepaal. Hierdie studie het bevind dat die SEESA hoofkantoor daarin slaag om sterk verhoudings te vestig met bestuurders van landswye takke en dat verhoudingsboustrategieë manifesteer op ʼn informele wyse. Die uitkomste van sterk verhoudings is tot ʼn meerdere mate teenwoordig in hierdie verhoudings, maar by gebrek aan ʼn formele kommunikasiestrategie kan die korporatiewe kommunikasiefunksie nie optimaal bydra tot organisatoriese uitnemendheid nie. Organisatoriese kultuur speel egter ʼn rol om tweerigtingkommunikasie te fasiliteer wanneer daar geen formele verhoudingsboustrategieë implementeer word nie. / MA (Communication Studies), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.0944 seconds