• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 4
  • 1
  • Tagged with
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Model vir die implementering van streshanteringsprogramme deur maatskaplike werkers / A model for the implementation of stress management programmes by social workers

Steyn, Pieter V. 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Na aanleiding van die vraag of die ldientsisteem aan wie die maatskaplike werker hulp verleen, stres ervaar en hoe die klient in hierdie verband deur die maatskaplike werker gehelp kan word, is die doelwitte van die studie geformuleer. Die doel van die studie was om (1) 'n teoretiese stresmodel vir die maatskaplike werk daar te stel, (2) die stresverskynsel by 'n geselekteerde klientsisteem te beskryf, (3) die daarstelling van 'n praktykmodel vir die implementering van streshanteringsprogramme deur maatskaplike werkers en (4) die loodsimplementering en -evaluering van die voorgestelde model. Die studie is ondemeem binne die raamwerk van die ontwikkelingsnavorsings- en -benuttingsmodel. Daar is hoofsaaklik van 'n beskrywende navorsingsontwerp gebruik gemaak en kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes van datainsameling is aangewend. 'n Stresmodel wat deur maatskaplike werkers benut kan word om stres by klientsisteme te beskryf en te verklaar, is daargestel. Hierdie model berus grootliks op die model van ekologiese kongruensie en is versoenbaar met die ekologiese sisteembenadering in maatskaplike werk. In die empiriese ondersoek na die voorkoms van stres by die klientsisteem, is gevind dat die betrokke kliente nie alleen meer stres as nie-kliente ervaar nie, maar ook dat kliente op hulp met betrekking tot die bantering van hulle stres aangewese is. Ten einde maatskaplike werkers in staat te stel om kliente op 'n doelgerigte wyse met die hantering van stres te help, is 'n praktykmodel, gebaseer op die model van stres-inokulasieopleiding, ontwikkel. Hierdie model vir die implementering van streshanteringsprogramme deur maatskaplike werkers, is kongruent met maatskaplikewerk-waardes en die - hulpverleningsproses. Hoewel die bevindings van die loodsondersoek nie veralgemeen kan word nie, is daar tot die gevolgtrekking gekom dat die model moontlik maatskaplike werkers in staat kan stel om klientsisteme met stresverwante probleme te help. Daar word voorgestel dat die model aan meer omvangryke en intensiewe evaluering blootgestel moet word. / The goals of this study were formulated in response to the question of whether the client system to whom the social worker directs help, experiences stress and to the question of how the client can be assisted in this regard by the social worker. The aims of the study were to ( 1) create a theoretical stress model for social work, (2) describe the stress phenomenon in a selected client system, (3) create a practice model for the implementation of stress management programmes by social workers and (4) execute the trial implementation and trial evaluation of the proposed model. The study was undertaken within the framework of the developmental research and utilization model. A research design which was chiefly descriptive, was used and qualitative and quantitative methods of data collection were applied. A stress model. which can be utilized by social workers to describe and explain stress within client systems was created. This model is based on the model of ecological congruence and is compatible with the ecological systems approach in social work. In the empirical investigation of the prevalence of stress in the client system, it was found that clients not only experience more stress than non-clients, but also that clients are in need of help in managing their stress. To enable social workers to help clients purposefully in the management of stress, a practice model, based on the model of stress inoculation training, was developed. This model for the implementation of stress management programmes is consistent with social work values and the helping process in social work. Although the findings of the trial investigation cannot be generalised, it was concluded that the model could enable social workers to help client systems with stress related problems. It is recommended that the model be subjected to more extensive evaluation. / Social Work / Ph. D. (Maatskaplike Werk)
2

3

Die voorkoming van organisasieverwante stres by maatskaplike werkers deur maatskaplikewerkbestuurder

Nortjé, Vasti 03 December 2013 (has links)
Organisasieverwante stres onder maatskaplike werkers is ‘n internasionale verskynsel (Shweta & Siebert, 2007). Maatskaplike dienslewering gaan gewoonlik gepaard met organisasieverwante eise wat ‘n negatiewe uitwerking op die maatskaplike werker sowel as die kwaliteit van dienslewering kan hê indien dit nie vroegtydig geïdentifiseer en voorkom word nie (Werner, 2007:320). Ten spyte van die feit dat maatskaplike werk as een van die mees stresvolle beroepe beskryf word, het organisasieverwante stres binne die maatskaplike diensveld eers in die laaste paar jaar aandag begin geniet (Dillenburger, 2004:213). In die literatuur word daar na drie vlakke van intervensie verwys, naamlik primêre, sekondêre en tersiêre intervensie (Departement van Arbeid, 2003:14; Cooper, Dewe & O’Driscoll, 2001:189). Sekondêre en tersiêre intervensies word as die mees algemene strategieë vir die bestuur van stres in ‘n organisasie geïdentifiseer (Cooper et al., 2001:190; Grobler, Wärnich, Carrell, Elbert & Hatfield, 2002:441). Kritiek op die genoemde vlakke van intervensie sluit in dat die verantwoordelikheid op die maatskaplike werker alleen geplaas word om sy/haar stres te hanteer. Primêre intervensie behels dat die oorsprong van die probleem voorkom word, in plaas daarvan dat die simptome behandel word nadat dit reeds voorgekom het (Satcher, 1999). Hierdie navorsingstudie plaas die fokus op die primêre-intervensiestrategie, nadat daar ‘n leemte in die literatuur in hierdie verband geïdentifseer was. Die doel van die navorsing was om die aard van voorkoming van organisasieverwante stres onder maatskaplike werkers, deur middel van primêre-intervensiestrategieë deur maatskaplikewerkbestuurders, te verken en te beskryf ten einde ‘n voorkomingsriglyn te ontwikkel. Ten einde die navorsingsdoel te kon bereik is die kwalitatiewe navorsingsbenadering in hierdie studie gebruik, aangesien dit die mees geskikte wyse sou wees om die verkennende en beskrywende aard van die studie te ondersteun (Creswell & Plano Clark, 2007:12). Die populasies vir hierdie kwalitatiewe studie was: • Alle maatskaplikewerkbestuurders wat by regerings- of nie-regeringsorganisasies werksaam is. • Alle maatskaplike werkers wat by regerings- of nie-regeringsorganisasies werksaam is. Binne die raamwerk van die kwalitatiewe navorsingsbenadering is daar van ‘n nie-waarskynlikheidsteekproefmetode en die doelgerigte en sneeubal steekproeftegnieke gebruik gemaak. Die navorser wou gebruik maak van haar eie oordeel oor wie die navorsingsvraag die beste sou kon beantwoord. Die steekproefgrootte was bepaal deur data-versadiging wat waargeneem was na nege onderhoude met maatskaplike werkers en nege onderhoude met maatskaplikewerkbestuurders. Die navorser het by beide populasies semi-gestruktureerde onderhoude as die metode van data-insameling benut. Tesch soos aangehaal in Creswell (2009:186), se agt stappe vir kwalitatiewe data-analise het die navorser ondersteun om die data op ‘n sistematiese wyse tot temas en sub-temas te kodeer. Die data is na afloop van die identifisering van die temas en sub-temas beskryf en gekontroleer met bestaande literatuur. Guba het (in Krefting, 1991:214-222) ‘n model saamgestel om met die verifikasie van kwalitatiewe data te help. Hierdie model is op die volgende vier aspekte gegrond en in hierdie studie benut: geldigheid van die waarheid, toepasbaarheid, bestendigheid en neutraliteit. Die volgende etiese aspekte is tydens die beplanning en uitvoering van hierdie studie in ag geneem: Vermyding van skade; vrywillige deelname; ingeligte toestemming en anonimiteit en konfidensialiteit. Die benutting van bovermelde metodologie het die navorser in staat gestel om voorkomingsriglyne te ontwerp en om gevolgtrekkings en aanbevelings te maak. / The goal of this research was to explore and describe the nature of prevention of organisation-related stress among social workers through primary intervention strategies by social work managers to develop a prevention guideline. The qualitative research approach, together with the case study, contextual, explorative and descriptive research designs were used in the study. The two populations included a) all social work managers and b) all social workers that work for government or non-government organisations. Samples from the populations were obtained through the non-probability sampling method and the purposive and snowball sampling techniques. Data was collected through semi-structured interviews. Tesch’s framework for qualitative research analysis supported the researcher to identify themes and sub-themes, while Guba’s model was used to assist with the verification of qualitative data. The empirical findings provided the foundation for the development of a prevention guideline. / Prevention of organisation-related stress amongst social workers by social work managers / Prevention of organisation related stress amongst social workers by social work managers / Text in Afrikaans, with abstract and title in Afrikaans and English / Department of Social Work / Ph. D. (Social Work)
4

Die voorkoming van organisasieverwante stres by maatskaplike werkers deur maatskaplikewerkbestuurder / The prevention of organisation-related stress amongst social workers by social work managers

Nortjé, Vasti 02 1900 (has links)
Text in Afrikaans, with abstract and title in Afrikaans and English / Organisasieverwante stres onder maatskaplike werkers is ‘n internasionale verskynsel (Shweta & Siebert, 2007). Maatskaplike dienslewering gaan gewoonlik gepaard met organisasieverwante eise wat ‘n negatiewe uitwerking op die maatskaplike werker sowel as die kwaliteit van dienslewering kan hê indien dit nie vroegtydig geïdentifiseer en voorkom word nie (Werner, 2007:320). Ten spyte van die feit dat maatskaplike werk as een van die mees stresvolle beroepe beskryf word, het organisasieverwante stres binne die maatskaplike diensveld eers in die laaste paar jaar aandag begin geniet (Dillenburger, 2004:213). In die literatuur word daar na drie vlakke van intervensie verwys, naamlik primêre, sekondêre en tersiêre intervensie (Departement van Arbeid, 2003:14; Cooper, Dewe & O’Driscoll, 2001:189). Sekondêre en tersiêre intervensies word as die mees algemene strategieë vir die bestuur van stres in ‘n organisasie geïdentifiseer (Cooper et al., 2001:190; Grobler, Wärnich, Carrell, Elbert & Hatfield, 2002:441). Kritiek op die genoemde vlakke van intervensie sluit in dat die verantwoordelikheid op die maatskaplike werker alleen geplaas word om sy/haar stres te hanteer. Primêre intervensie behels dat die oorsprong van die probleem voorkom word, in plaas daarvan dat die simptome behandel word nadat dit reeds voorgekom het (Satcher, 1999). Hierdie navorsingstudie plaas die fokus op die primêre-intervensiestrategie, nadat daar ‘n leemte in die literatuur in hierdie verband geïdentifseer was. Die doel van die navorsing was om die aard van voorkoming van organisasieverwante stres onder maatskaplike werkers, deur middel van primêre-intervensiestrategieë deur maatskaplikewerkbestuurders, te verken en te beskryf ten einde ‘n voorkomingsriglyn te ontwikkel. Ten einde die navorsingsdoel te kon bereik is die kwalitatiewe navorsingsbenadering in hierdie studie gebruik, aangesien dit die mees geskikte wyse sou wees om die verkennende en beskrywende aard van die studie te ondersteun (Creswell & Plano Clark, 2007:12). Die populasies vir hierdie kwalitatiewe studie was: • Alle maatskaplikewerkbestuurders wat by regerings- of nie-regeringsorganisasies werksaam is. • Alle maatskaplike werkers wat by regerings- of nie-regeringsorganisasies werksaam is. Binne die raamwerk van die kwalitatiewe navorsingsbenadering is daar van ‘n nie-waarskynlikheidsteekproefmetode en die doelgerigte en sneeubal steekproeftegnieke gebruik gemaak. Die navorser wou gebruik maak van haar eie oordeel oor wie die navorsingsvraag die beste sou kon beantwoord. Die steekproefgrootte was bepaal deur data-versadiging wat waargeneem was na nege onderhoude met maatskaplike werkers en nege onderhoude met maatskaplikewerkbestuurders. Die navorser het by beide populasies semi-gestruktureerde onderhoude as die metode van data-insameling benut. Tesch soos aangehaal in Creswell (2009:186), se agt stappe vir kwalitatiewe data-analise het die navorser ondersteun om die data op ‘n sistematiese wyse tot temas en sub-temas te kodeer. Die data is na afloop van die identifisering van die temas en sub-temas beskryf en gekontroleer met bestaande literatuur. Guba het (in Krefting, 1991:214-222) ‘n model saamgestel om met die verifikasie van kwalitatiewe data te help. Hierdie model is op die volgende vier aspekte gegrond en in hierdie studie benut: geldigheid van die waarheid, toepasbaarheid, bestendigheid en neutraliteit. Die volgende etiese aspekte is tydens die beplanning en uitvoering van hierdie studie in ag geneem: Vermyding van skade; vrywillige deelname; ingeligte toestemming en anonimiteit en konfidensialiteit. Die benutting van bovermelde metodologie het die navorser in staat gestel om voorkomingsriglyne te ontwerp en om gevolgtrekkings en aanbevelings te maak. / The goal of this research was to explore and describe the nature of prevention of organisation-related stress among social workers through primary intervention strategies by social work managers to develop a prevention guideline. The qualitative research approach, together with the case study, contextual, explorative and descriptive research designs were used in the study. The two populations included a) all social work managers and b) all social workers that work for government or non-government organisations. Samples from the populations were obtained through the non-probability sampling method and the purposive and snowball sampling techniques. Data was collected through semi-structured interviews. Tesch’s framework for qualitative research analysis supported the researcher to identify themes and sub-themes, while Guba’s model was used to assist with the verification of qualitative data. The empirical findings provided the foundation for the development of a prevention guideline. / Department of Social Work / Ph. D. (Social Work)
5

Die toepassing van die ondersteuningsfunksie in supervisie aan maatskaplike werkers in 'n geestesgesondheidsopset

Jeftha, Ellen Magdalena 03 1900 (has links)
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This study attempts to investigate the sources of stress and burnout in the social work profession and specifically in mental health settings. In order to achieve this, a literature study is undertaken which identified the sources of stress and burnout as external and internal stresses. External stresses can be identified as the administrative function of supervision, the educational function of supervision, and the relationship between the supervisor, the social worker and the client, aspects in the social work profession and the organisation. The personality and gender of the social worker are discussed as internal sources of stress. Social workers' experiences of stress and burnout are explored against the background of the socio-economic and political changes after the first democratic election in 1994 in South Africa. The literature review also indicated that there are peculiar stresses in mental health settings due to the clients' mental conditions. An exploratory study was undertaken in which 17 social workers in the Peninsula, working in mental health settings, participated. Information on the research topic was obtained by means of anonymous questionnaires. A group interview was arranged to ensure that all the questionnaires were received. It was found that since the 1994 democratic election, social workers worked under more stressful circumstances due to limited resources, restructuring, decreased manpower, a higher caseload, deinstitutionalisation of mental patients and an increased amount of uncertainty with regard to job security. Aspects in the social work profession that caused the most stress were identified as insufficient salaries and limited opportunities for promotion. The participants revealed uncertainty with regard to their future in the social work profession. Social workers acknowledge the importance of the supportive function of supervision but are also of the opinion that individuals should take responsibility to address burnout. Strategies that can be used by the social worker, the organisation and the supervisor to address burnout, are discussed. On the basis of the results and conclusion of the study, recommendations are made to supervisors, as well as further research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word ondersoek ingestel na die bronne van stres en uitbranding in die maatskaplikewerkberoep en spesifiek in 'n geestesgesondheidsopset. Ten einde hierin te slaag, word 'n literatuurstudie onderneem en word die bronne van stres en uitbranding geïdentifiseer as eksterne stressors soos byvoorbeeld die administratiewe funksie van supervisie, die onderrrigfunksie van supervisie, die verhouding tussen die supervisor en die maatskaplike werker, die klientsisteem, aspekte in die maatskaplikewerkberoep en die organisasie, en interne stressors waaronder die maatskaplike werker se persoonlikheid en geslag bespreek is. Die sosio-ekonomiese en politieke veranderinge wat ingetree het na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 in Suid-Afrika is in ag geneem en maatskaplike werkers se belewing van stres en uitbranding is teen hierdie agtergrond verder ge-eksploreer. Die literatuurstudie dui aan dat eiesoortige stressors in 'n geestesgesondheidsopset bestaan wat hoofsaaklik verband hou met die unieke kliëntsisteem en hul siektestoestand. 'n Verkennende studie is onderneem waartydens maatskaplike werkers in die skiereiland wat in 'n geestesgesondheidsopset werk, betrek is. Inligting is bekom deur middel van anonieme vraelyste. 'n Groeponderhoud het verseker dat al die vraelyste terug ontvang is. Daar is bevind dat maatskaplike werkers onder meer stresvolle omstandighede voor die 1994 verkiesing vanwee beperkte hulpbronne, herstrukturering, verminderde mannekrag, verhoogde gevalleladings, deïnstitusionalisering van pasiënte en groter onsekerheid met betrekking tot werksekuriteit. Aspekte in die maatskaplikewerkberoep wat die meeste stres veroorsaak is onder andere onvoldoende vergoeding en beperkte bevorderingsgeleenthede. Die respondente weerspieël 'n onsekerheid met betrekking tot hul toekoms in die beroep. Maatskaplike werkers erken die belangrikheid van die ondersteuningsfunksie in supervisie, maar is ook van mening dat individue 'n verantwoordelikheid het om self uitbranding aan te spreek. Strategieë wat die maatskaplike werker, die organisasie en die supervisor kan aanwend om uitbranding aan te spreek word derhalwe bespreek. In die lig van die bevindinge van die ondersoek, word aanbevelings aan supervisors gemaak ten opsigte van verdere navorsing.

Page generated in 0.1553 seconds