• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Verbrokkeling van identiteitsmites in Die Jogger van Andre P. Brink.

Wiehahn, Johannes Martienus 07 December 2007 (has links)
In sy resensie van Die jogger (1997), lê Conradie (1997:31) ‘n verband tussen drie belangrike hoekstene van Afrikanerskap wanneer hy die hoofkarakter, Kilian, soos volg karakteriseer: Die verwikkeldheid van die karakter Kilian word versinnebeeld deur die relaas van grondbesitter, bywonerskap en uiteindelik amptenaar van die staat. Die siening word ook gehuldig dat bogenoemde elemente vir ‘n tyd lank die goue draad van Afrikanerskap verteenwoordig. Onderliggend aan al drie karakteriserings is die element van mag, asook die (geïmpliseerde) verband tussen mag en identiteit. In Brink se Die jogger word identiteitsmites veral die fokus van die dramatiese inhoud. Hierdie mites, wat hoofsaaklik verband hou met “mag”, “godsdiens” en “seksualiteit”, is vooropgestelde elemente in die drama. Soos Wasserman (1997:4) opmerk, is Kilian ‘n verteenwoordiger van ‘n bepaalde groep mans “met gesinne, kerkgangers, omies wat Saterdae langs jou gesit en rugby kyk het”, maar ook in die naam van ‘n politieke bestel bepaalde wreedhede gepleeg het. Van dié wreedhede word in herinnering geroep tydens Kilian se gedagtevlugte in die psigiatriese hospitaal. Binne die konteks van die drama, kan aangevoer word dat “mag”, “godsdiens” en “seksualiteit” sekerlik dié belangrikste identiteitsmerkers van die Afrikaner is. Die wyse waarop bepaalde identiteitsmites binne die dramatiese handelingsverloop van Die jogger gedemitologiseer word, lê hierdie studie ten grondslag. Kilian word in hierdie drama ‘n eksemplaar van ’n karakter wie se mag verbrokkel en waardeur die mites van die man – en magsgesentreerde bestaan - geproblematiseer word. Die probleemstelling vir hierdie studie kan dus omlyn word as die ontmitologisering van die gestalte van die man ná politieke transformasie in Suid-Afrika. As gewese kolonel in die Veiligheidspolisie, is Kilian ‘n voorbeeld van ‘n Afrikaner(man) wie se mag vanweë grootskaalse politieke magsverskuiwing gestroop is. / Dr. M.P. Beukes

Page generated in 0.0177 seconds