• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Misdaad in die nywerheid. 'n kriminologiese ondersoek

Kruger, Jan Johannes Lewis January 1979 (has links)
Aangesien misdaad in die handel- en nywerheid in die jonste tyd in omvang toeneem, het by die ondersoeker die begeerte ontstaan om vas te stel wat die aard, omvang en die gevolge van misdaad, o.a. winkeldiefstal en gapsery in die privaatsektor is. Voorts is klem gele op die basiese vereistes van sekuriteit asook die daarstelling en gebruik van die beskikbare fisiese beveiligingstelsels. In die laaste plek is aangedui watter rol sekuriteitspersoneel ten aansien van sekuriteit in die handel en nywerheid speel. In die 600 handels- en nywerheidsondernemings wat in die ondersoek betrek is, is 23 052 misdade gepleeg waarvan 18 700 (81,12%) diefstal is. Die ander misdade is bedrog, vervalsing, eiendomsbeskadiging, geweldpleging, aanranding, huisbraak (inbraak) dobbelary en die gebruik van dagga. In totaal is 17 713 van die 23 052 misdade deur die werknemers gepleeg. Twee-en-tagtig persent (14 434) is diefstal en is hoofsaaklik deur die nieblanke rassegroep gepleeg. Die meeste werknemers, naamlik 10 396 (58,69%) wat oortree is tussen die ouderdomme 17 en 25 jaar. Dit is gedurende die leeftyd dat mense tot die beroepsarbeid toetree en dikwels vanwe~ onoordeelkundige besteding van hul verdienste nie die mas kan opkom nie en dan van ongeoorloofde metodes gebruik maak om die soms karige inkomste aan te vul. Namate die ouderdom styg, in die mate neem misdaad af. Die boonste bestuur tree nie deurgaans konsekwent op teen mense wat van hul eiendom steel nie. Die redes is die volgende : In die eerste plek is hulle nie bereid om ter wille van minder ernstige oortredings kosbare ure in die howe deur te bring nie. In die tweede plek tree hulle meer simpatiek op teen die vroulike geslag as teenoor die mans. Laastens word jeugdiges wat oortree eerder aan hul ouers as aan die polisie oorhandig aangesien die boonste bestuur jeugoortreders saver moontlik van die howe probeer we~hou ten einde nie hul toekoms daardeur te benadeel nie. Winkeldiefstal en gapsery is ~ misdaad wat in die jongste tyd vir veral die kleinhandelaars, heelwat hoofbrekens besorg. Die meeste oortreders is werknemers tussen die ouderdomme 17 en 25 jaar. Nie minder nie as 53,40 persent (4 514) val in die ouderdomsgroep. Net 2 jeugdiges tussen 7 en 16 jaar is aan die polisie uitgelewer terwyl die res aan hul ouers oorhandig is. Slegs 4 754 werknemars wat hul werkgewers besteel is aan die polisie uitgelewer terwyl 9 580 nie vervolg is nie. Ten aansien van die buitestaanders is die situasie ietwat anders. In totaal het 2 591 winkeldiewe en gapsers met die gereg gebots teenoor 1 575 wat nie in die hande van die gereg geval het nie. Winkeldiefstal en gapsery het tot gevolg dat die 600 ondernemings R1 656 46o per jaar as onvoorsiene verliese afskryf. Dit is ~ bedrag wat van die verbruikerspubliek verhaal moet wod. die gevolg is dat pryse onnodig die hoogte inskiet met onvermydelike stimulasie van inflasie en benadeling van die landsekonomie. Dit het nodig geword dat elke ondernemer sy eiendom self beskerm en beveilig. Gebruikmaking van die beskikbare fisiese beveiligingstelsels soos dief- en brandalarmstelsels, geslotebaantelevisie, eenrigtingspie~ ls, interkommunikasiestelsels, sekerheidsheinings, sekerheidsbeligting, ens. sal die sekuriteitspersoneel in staat stel om op ~ doeltreffende wyse handels- en nywerheidseiendom te beveilig. Om dit moontlik te maak moet daar noue samewerking tussen die sekuriteitshoof en die boonste bestuur wees. Dit op sigself bring mee dat die boonste bestuur sekuriteitsbewus moet wees. 'n Verliesbeheerstelsel met sekuriteit as basis, behoort die boonste bestuur in staat te stel om daagliks te bepaal of die ondernemings suksesvol funksioneer al dan nie. Indien hulle daadwerklik in die verband optree, behoort deeglik opgeleide sekuriteitspersoneel met behulp van die beskikbare fisiese beveiligingstelsels dit vir die misdadiger bykans onmoontlik te maak om die handel en nywerheid te beroof. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1979. / gm2014 / Anthropology and Archaeology / unrestricted

Page generated in 0.0681 seconds