• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Maatskaplikewerk-profiel van persoonsontbering in die Swartland met spesifieke verwysing na die groter Chatsworth-gebied

Blankenberg, Jurine Henry January 2002 (has links)
Magister Artium - MA / Hierdie skripsie wil die mens en sy ervarings, of dit wat hy binne 'n bepaalde gebied beleef, blootlê. Daarmee saam kom 'n duidelike teoretiese beskouing na vore om die persoon in sy gedepriveerde gemeenskap uit te beeld. Die karakter van die gebied weerspiël die volgende kenmerke: Dit is landelik van aard, 'n beduidende afstand vanaf stedelike ontwikkeling geleë, en dit word as 'n "slaapdorp" ervaar. Histories word die gebied bykans 'n honderd jaar deur die inwoners en hul voorgeslagte bewoon, maar as gevolg van poli tieke rompslomp het ontwikkeling nooi t werklik plaasgevind nie. Die probleme wat in die gebied tydens navorsing aanwesig was, is die volgende: Onvoldoende infrastrutuur, watervoorsiening is gebrekkig, riolering kom nie voor nie, gesondheidsdienste word periodiek gelewer, en werksgeleenthede moet buite die gebied bekom word. Die haglike woonomstandighede het die inwoners se lewensverwagting geaffekteer en ongelukkigheid meegebring. Die doel van die navorsing is om 'n geheelbeeld te verkry van die gebied se probleme en behoeftes, hoe die inwoners daaroor voel en wat die mense dink gedoen kan word om, ten spyte van die heersende probleme, hul lewensomstandighede te verbeter. Dit wil sê die ondersoek poog om te bepaal wat die werklike lewensomstandighede van die mense in die Groter Chatsworthgebied (Chatsworth en Riverlands gekombineerd) is.

Page generated in 0.0491 seconds