• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Uitdagings wat vaders beleef in hulle verhouding met hul leergestremde kind / Natasha van Dyk

Van Dyk, Natasha January 2014 (has links)
Doel: Die studie het gepoog om vaders se persepsie en ervaring van uitdagings in hulle verhouding met hul leergestremde kind te verken en te beskryf. Agtergrond: Leergestremdheid is ’n baie algemene probleem by kinders en is bekend vir die negatiewe effek wat dit op die kind self en op die ouers van die kinders uitoefen. Dit blyk dat ’n leergestremde kind addisionele spanning op die ouers plaas. Hierdie studie fokus alleenlik op die vader van ’n leergestremde kind omrede die meeste studies slegs op die moeder-kind-verhouding fokus, aangesien die moeder as die primêre versorger van die kind beskou word. Die navorsingsmetode wat vir hierdie studie gebruik is, was ’n kwalitatiewe navorsingsontwerp. Die populasie het bestaan uit vaders met leergestremde kinders in die ouderdomsgroep van 13 tot 18 jaar en wat as gevolg van intrinsieke oorsake leergestremd is. Die data is aan die hand van semigestruktureerde onderhoude met vyf vaders, asook met ’n groepsgesprek bekom. Die doel was om die vaders se ervaring van hulle verhouding met hul leergestremde kind te ondersoek, waarna tematiese analises gebruik is om data saam te stel. Die elemente van kwalitatiewe verkennende en beskrywende teorie het as breër raamwerk vir die studie gedien. Bevindings: Die vaders het hulle verhouding met hul leergestremde kind as baie frustrerend beskryf en gesê dat hulle ook nie ’n goeie verhouding met hul kind het nie. Gevoelens van teleurstelling het primêr betrekking op die onvoldoende verwagtinge wat die vaders vir hulle kind koester. Hulle gevoel dat hulle geen ondersteuning van die skole en van die breër gemeenskap ontvang nie, het ook tot ’n negatiewe ervaring met die leergestremde kind gelei. / MA (Psychology), North-West University, Potchefstroom Campus, 2014
2

Page generated in 0.0782 seconds