Spelling suggestions: "subject:"literatuuronderrig"" "subject:"literatuuronderwijs""
1 |
Subjekvorming deur literatuuronderrig aan universiteite in Suid-Afrika sedert 1994 / Gerda DullaartDullaart, Anna Gertruida January 2002 (has links)
Hierdie studie ondersoek die beroepsgeleenthede vir literatuurgraduandi in postapartheid Suid-Afrika.
Die subjekvorming van literatuurstudente en -dosente word ondersoek deur
ideologie-kritiese analises van akademiese en politieke diskoers.
Uit die analises blyk 'n kloof tussen die wêreld van werk en die akademiese ivoortoring, tussen
brood en boeke. Dit blyk dat diskoers uit die beroepswêreld nie die ivoortoring deurdring en die
literêr-akademiese diskoers insemineer nie. Die kloof word toegeskryf aan akademiese
magsverhoudings wat subjekvorming reguleer, en aan die ideologiese prosesse waarmee
literatore gemarginaliseer word in die "regte wêreld".
As 'n eerste stap ondersoek die studie die akademie as 'n kerngesin en pas Luce lrigaray se
feministiese psigoanalise toe op die verhouding tussen dosente en studente. Die gevolgtrekking
is dat literatuurdosente die ekonomiese potensiaal van literatuurgraduandi uitsluit, om so hulle eie
subjek nisse as houers van simboliese kapitaal vol te staan.
Subjekvorming is 'n beweging vanaf die (akademiese) kerngesin in die wyer wêreld in. Daarom
ondersoek die studie in 'n tweede stap hoe literatuurgraduandi se subjekvorming plaasvind in die
drie ideologiese staatsapparate (ISA's) van Althusser (ekonomie, onderwys en politiek). Hieruit
spruit insigte oor identiteitsvorming in die spanningsvelde tussen kapitalisme, postkolonialisme,
neokolonialisasie en globalisasie.
Dit blyk dat literatuurgraduandi goed kan vaar in ruwe nuwe ekonomiese terreine soos
ontwikkelingswerk, omgewingsonderwys, kennisbestuur en elektroniese joernalistiek. Hulle is
egter nie bewus van hierdie beroepsgeleenthede nie, as gevolg van die kloof tussen brood en
boeke. Om die kloof te oorbrug, beveel die studie in 'n derde stap aan dat
literatuuronderrigdoelstellings eksplisiet vertaal moet word tot beroepsvaardighede.
Om literatuurdosente te help om doelstellings te formuleer wat begeerlik is op die arbeidsmark, is
'n interaktiewe rekenaarprogram ontwikkel as deel van die studie. Dit is beskikbaar op die internet
by http://www.smartt.co.za/wizz/wizz.htm
Literatuurdosente kan die kloof ook oorbrug deur studente te bemagtig deur middel van die
dialogiese onderrigmetode, soos ontwikkel deur bevrydinspedagoog Paulo Freire. Verder kan
dosente die magsverhoudings van die akademie dekonstrueer en as radikale dosent onderrig
bied in dissent en diskursiewe vaardighede.
Dissent en diskursiewe vaardighede is ook kosbaar op die arbeidsmark, en aktiveer
literatuurdosente en -studente se vryheid en verantwoordelikheid om hulle eie subjek nisse te
bepaal en etiese plekke in te neem as kritiese en revolusionêre intellektueles. / Thesis (Ph.D. (Applied Language and Literary Studies))--Potchefstroom University for Christian Higher Education, 2002
|
2 |

Page generated in 0.057 seconds