• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

"Die etiese persepsie oor die doodstraf in die Wes-Kaap streek in terme van die bybel"

Barends, Ronald. P January 1997 (has links)
Magister Theologiae - MTh / Suid-Afrika se verdedigings- en polisiehoofde het onlangs samesprekings in . Kaapstad gehou om militêre samewerking te bevorder en misdaad, wat baie algemeen in die Weskaap-streek voorkom, te beveg. Dit is beklemtoon dat samesprekings met en samewerking van alle sektore van die gemeenskap nodig is om die golf van misdaad te stuit. Pessimiste en doemprofete plaas die oorsake van die vlae misdade voor die deur van die regering en voer aan dat dit voortspruit uit die afskaffing van die doodstraf. Dit self is baie moeilik om te bewys. In Meer analitiese vraag behoort te wees: "Hoe het die vorige wet op doodstraf daaruit gesien en waarom was dit noodsaaklik om dit af te skaf?" Om hierdie vraag te beantwoord behoort ons slegs 'n oorsig van die doodstraf in Suid-Afrika te skets, aangesien die jurisdiese beoordeling daarvan ook as 'n selfstandige studie kan dien.

Page generated in 0.0602 seconds