Spelling suggestions: "subject:"missionale transformasie"" "subject:"missionalen transformasie""
1 |
Die implikasies van 'n missionale transformasieproses vir die NG Gemeente Marken se voortbestaanPeens, Hannes 03 1900 (has links)
Thesis (MTh)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Small rural congregations like Marken with a member count of 60 often battle with the question if the congregation will be able to survive. This question is influenced through individuals and larger congregations' perception that bigger is better. The vitality of small congregations is being judged by a modernistic approach. According to this viewpoint a large member count is an important factor for survival. The uniqueness of small rural congregations is not taken into account when the vitality of such congregations comes under the spotlight. The style of ministry and the program approach of larger congregations is the model normally associated with success and vitality and leads to small congregations' attempt to follow that model and in the process lose its God given uniqueness.
The congregations' question of survival is addressed through a guided journey in an attempt to help the congregation realize its missional calling. A congregation like Marken must realize that a small congregation also can and should be a mirror of God's kingdom. Missional theology and Trinitarian theology cannot be discussed without taking into account the missio Dei of God. The Dutch Reformed Congregation of Marken' expression as church in and for the world must be modelled in God's missio Dei. The Trinity is the foundation for missional theology. The purpose of the study is the transformation of the Dutch Reformed Congregation of Marken who battles with a question of survival to become a missional congregation who takes part in God's mission.
The history of the congregation, her identity and culture plays an important role. In the history of the congregation it became evident that a number of factors, the long absence of a minister, shortage in funds and a schism in the congregation lead to the question of survival. A pattern became evident in which the congregation described herself as small. This became part of the identity and culture of the congregation and is confirmed in the ethnographic research. All of these factors contributed to the single deepest question in the hearts of the congregation: How can the Dutch Reformed Church in Marken survive?
To be able to understand these questions, one must underline the importance of the context in which the congregation finds herself. The congregation is situated in Limpopo province and form part of the Mogalakwena municipality which consists of roughly 300,000 Pedi speaking people. Realities like demography and migration patterns in the contextual analysis are indications that the congregation can't rely on growth through birth rate. The contextual analysis was also a step to open the blinded eyes of the congregation to the realities around the congregation. This was done to motivate the congregation to take part in the missio Dei.
The congregation's involvement in the missio Dei can be described as a journey. In the study the first steps of Marken on this missional road is also researched. It shows that the Spirit of God is already transforming Marken and it can be seen in normal, natural experiences which helped people to recognize the work and the intention of the Spirit (Marais, 2007:120)
This should give hope to a congregation who battled with a question of survival in the past. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Klein plattelandse gemeentes soos Marken met ʼn lidmaattal van 60 worstel baie keer met die vraag of die gemeente sal kan voortbestaan. Hierdie vraag word beïnvloed deur individue en ander groter gemeentes se persepsie oor klein gemeentes en dat klein gelykstaande aan minderwaardigheid is. Die lewensvatbaarheid van klein gemeentes word na aanleiding van ʼn modernistiese vertrekpunt beoordeel. Hiervolgens is ʼn groot lidmaat getal ʼn belangrike norm vir bestaansreg. Die eiesoortigheid van klein plattelandse gemeentes word meesal nie in berekening gebring wanneer oor die lewensvatbaarheid van sulke gemeentes gedink word nie. Die bedieningstyle en programbenaderings in groot gemeentes word dikwels ook voorgehou as die ideaal en dit lei daartoe dat klein gemeentes hulle daaraan meet en hulle eie Godgegewe uniekheid uit die oog begin verloor.
Die voortbestaansvraag van die gemeente word aangespreek deur die gemeente te begelei om haar missionale roeping te ontdek. ʼn Gemeente soos Marken moet besef dat ʼn klein gemeente ook ʼn spieëlbeeld van God se koninkryk kan en moet wees. Missionale teologie, trinitariese teologie en die missio Dei is in mekaar gevleg. NG Gemeente Marken se uitdrukking as kerk in en vir die wêreld moet gemodelleer word in God se drie-enige uitdrukking van sy sending in die wêreld deur die geskiedenis soos dit gereflekteer word in die Bybelse getuienis. As sending dan essensieel God se sending is, dan is die Triniteit die fondasie vir missionale teologie. Die transformasie van NG Gemeente Marken wat worstel met ʼn voortbestaansvraag na ʼn missionale gemeente is dus die doelwit van die studie.
Die gemeente se geskiedenis, haar identiteit / kultuur speel ewe-eens ʼn belangrike rol. In die geskiedenis van die gemeente kan duidelik gesien word dat verskeie gebeure soos die lang afwesigheid van ʼn eie leraar, ʼn tekort aan finansies en ʼn kerkskeuring aanleiding gegee het tot die voortbestaansvraag van die gemeente. Die gebeure het ʼn tendens na vore laat tree waarin die gemeente haarself as klein beskryf. Hierdie identiteit is ook bevestig met die etnografiese navorsing en dit het deel geword van die kultuur van die gemeente. Al hierdie faktore het ʼn invloed op die mees prominente of diepste vraag wat in die harte van die 60 lidmate leef. “Hoe kan die NG Gemeente Marken voortbestaan?”
Om hierdie vrae te verstaan en te begin antwoord is dit belangrik om die gemeente in haar konteks te verstaan. Die gemeente is geleë in Limpopo provinsie en vorm deel van Mogalakwena munisipaliteit waar ongeveer 300,000 hoofsaaklik Pedi sprekende mense woon. Demografiese realiteite en die migrasie patroon in die kontekstuele analise toon aan dat die gemeente nie kan staat maak op die normale manier van groei deur geboorte en bevolkingsaanwas nie. Die kontekstuele analise is gedoen as ʼn stap in die proses om die fokus van Marken op oorlewing aan te spreek en die gemeente se oë oop te maak vir die werklikheid rondom die gemeente en sodoende dan te kan deelneem aan God se missio Dei.
Die gemeente se deelname aan God se missio Dei kan beskryf word as ʼn reis. In die studie word die eerste treë van Marken in hierdie missionale reis ook nagevors. Dit toon aan dat die Gees van God besig is om Marken te transformeer en dit kan soos wat Frederick Marais (2007:120) dit stel waargeneem word in die “gewone, natuurlike ervarings wat mense tot die oortuiging laat kom van die werk en die bedoeling van die Gees.”
Dit moet hoop gee aan Marken wat in die verlede met die vraag geworstel het of die gemeente kan voortbestaan.
|
2 |
Missionale transformasie in die Nederduitse Gereformeerde gemeente Eloffsdal : ‘n terdoodveroordeelde gemeente herleefBotha, Jan Adriaan 12 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This research has been conducted from a post modern, practical theological point of view. The focus of the research is on the question: How was it possible for Eloffsdal Dutch Reformed Church as a congregation with a death penalty on it to experience new life and hope?
I share a couple of introductory ideas and concepts in Chapter 1. The focus is on the research question mentioned above, the historical background and the unique context of the congregation. Concepts are clarified to explain the meaning of certain concepts in the study. Concepts include missional, missional transformation, stories/narratives, identity, capacity, new borders, a new church concept and God stories of Hope are clarified.
Chapter 2 deals with the importance of considering the congregation's story and the context in which it played and still plays out. The micro, meso and macro contexts are also taken into account. In Chapter 3 Eloffsdal's members tell the story of the congregation through the use of the nominal group technique as well as the use of the ethnographic reading report. The congregation is then described according to ethnographic interviews, missional conversations and relevant nominal questionnaires. Chapter 4 focuses on the theology, practical theology and the narrative practical theology. The identity of the congregation, the re-discovery of the initiative of the Trinity, the discovery to be send out or be missional as well as the development of new capacities are described.
In Chapter 5 there is a search for a possible paradigm shift where the congregation itself needs to discover and develop various levels and different contexts in their missional journey. This will involve that new borders will be crossed. The processes and factors which turned the members' minds to contribute to their new concepts of the church (ecclesiology) are also discussed. Together with my co-researchers we searched for possible stories of Hope.
Chapter 6 is a critical reflection on the research process and the possible missional transformation that contributed to a congregation's experience of new life and hope in spite of a death penalty being spoken out over it. Possible limitations of the research as well as topics for further research are mentioned. The end of any process is and always will be open and always leads to further questions and problems to be discovered. This research does not end with a full stop, but with a comma,…. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hoe het Eloffsdal NG Gemeente as ʼn terdoodveroordeelde gemeente nuwe lewe en hoop gekry? Dit is die navorsingsvraag wat in die navorsing aan die orde gestel word.
In Hoofstuk 1 hanteer ek enkele inleidende gedagtes en konsepte. Die soeklig val kortliks op die navorsingsprobleem, die konteks van die gemeente en historiese agtergrond wat ondersoek word in die res van die navorsing. Die begripsverheldering help om van die kernbegrippe in die navorsing uit te lig. Begrippe soos missionaal, missionale transformasie, verhale/narratiewe, identiteit, kapasiteit, nuwe grense, nuwe kerk begrip en God stories van Hoop word omskryf.
Hoofstuk 2 handel oor die noodsaaklikheid om die gemeenteverhaal en die konteks waarbinne dit oor jare afgespeel het, te verreken. Die mikro, meso en makro kontekste word ook verreken. In Hoofstuk 3 word Eloffsdal se lidmate aan die woord gestel om deur middel van die nominale groep tegniek asook die bevindinge uit die etnografiese leesverslag, die navorsingstorie van die gemeente te vertel. Die gemeente word met behulp van die etnografiese onderhoude, missionale gesprekke en toepaslike nominale vraelyste beskryf. In Hoofstuk 4 val die fokus op die teologie, praktiese teologie en narratiewe praktiese teologie. Die identiteit van die gemeente, die herontdekking van die insiatief van die Drie-enige God, die ontdekking van gestuurd wees asook die ontwikkeling van nuwe kapasiteite, word in dié hoofstuk verreken en ontgin.
In Hoofstuk 5 word na 'n moontlike paradigmaskuif gesoek waar die gemeente self die verskillende vlakke en kontekste in hulle unieke konteks gaan ontgin. Nuwe grense word ook oorgesteek. Die prosesse en faktore wat in die mense se koppe gedraai het en sodoende meegehelp het om 'n nuwe kerkbegrip (ekklesiologie) te laat ontwikkel word ondersoek. In samewerking met my medenavorsers word daar gesoek na moontlike stories van hoop.
Hoofstuk 6 handel kortliks oor 'n kritiese refleksie oor die navorsingsproses en die moontlike missionale transformasie wat meegehelp het om 'n terdoodveroordeelde gemeente te laat herleef. Moontlike leemtes in die navorsing en voorstelle oor gepaste onderwerpe vir verdere navorsing, word ook hier hanteer. Die einde is en bly altyd 'n oop proses en ontlok altyd weer nuwe vrae vir verdere navorsing. Daar is nie 'n punt aan die einde van die navorsing nie, wel 'n komma, ……..
|
3 |
Kerkbegrip en rolverwagtinge in die NG Gemeente MurraySmith, Louis 03 1900 (has links)
Thesis (MTh)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The central problem with which this research is working is: has there been a shift in the members of the Dutch Reformed Congregation Murray (De Doorns) concept of the church, and, if so, how did it affect the role expectation of the ministers? The purpose of the study is to determine the church concept and role expectation of the members of the congregation and to help the congregation to discover their missional identity. It is important that the congregation will learn spiritual discernment.
For the purpose of the study the work was done within the field of practical theology on the basis of the cross methology as found in Studying Congregations in Africa ( Hendriks 2004). This practical theology methology works with a constant correlation-hermeneutic between the Word of God and the world, between context and identity. This correlation is called spiritual discernment and when this happens it will lead to a certain strategy, a way of life in which the members of the congregation do not think institutionally (regarding the role of the minister), but where the members themselves stand before God and are open for his guidance to be light and salt for the world.
The theological foundation of missional theology on the basis of the doctrine of the Trinity and the practical implications for the church are discussed in Chapter 2. This is normative for missional theology.
Chapter 3 is a discussion of the context of the congregation with regard to the current situation in the world, the wider community and the congregation. It is common knowledge that the world is currently in a time of major, fast and unpredictable change. It is important that the congregation will use the change in the way identity is formed in a positive manner by creating an alternative identity in Christ Jesus.
The role expectations of the ministers are central to the research problem. In Chapter 4 the researcher gives what he believes to be the normative role of the minister should a congregation want to learn to live with spiritual discernment. For this to happen the ministers need to establish certain faith-forming habits. Without these faith-forming habits it will be impossible for the minister to lead the congregation to live with spiritual discernment.
The Dutch Reformed congregation of Murray (De Doorns) which was the focus of the study, was researched by using a qualitative questionnaire and ethnographic research.
The results were discussed by triangulation and it thus became clear that there are clear differences with regard to the church model of choice and the role expectations for the ministers. The research shows that there has been a definite shift in the church concept of the members of the congregation. This shift, however has not had a major effect on the role expectations for the ministers. There is thus some degree of conflict between the church concept of the members of the congregation and their role expectations for the ministers. If this conflict is not addressed and the role expectations of the ministers cleared anew, the congregation will not learn to live with spiritual discernment and will not be able to join the missio Dei. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die sentrale probleem waarmee daar in hierdie navorsing gewerk word, is die volgende: Het daar 'n skuif in die kerkbegrip van lidmate in die NG gemeente Murray (De Doorns) gekom en hoe beïnvloed dit hulle rolverwagting van hulle leraars? Die doel van die studie is om die kerkbegrip en rolverwagtinge van die lidmate van die gemeente vas te stel en om die gemeente te help om sy missionale identiteit te ontdek. Die gemeente moet dus geleer word om in die geloof te kan onderskei.
Vir die doel van die navorsing word daar binne die veld van Praktiese Teologie aan die hand van die kruis metodiek van Hendriks se Studying Congregations in Africa (2004) gewerk. Die prakties-teologiese metodologie wat gebruik word, sê dat daar die hele tyd ʼn hermeneuties sensitiewe korrelasie tussen Woord en wêreld moet wees; met ander woorde tussen konteks en identiteit. Hierdie korrelasie word geloofsonderskeiding genoem en as dit gebeur, loop dit uit op ʼn bepaalde strategie, 'n manier van lewe waar lidmate se dink nie institutêr is nie (betreffende die rol van die dominee), maar waar hulle self voor die Here staan en oop is vir sy leiding om in hulle konteks lig en sout te wees. Dit is die ideaal waarna gewerk word.
In hoofstuk 2 word die teologiese fondasie van die missionale teologie aan die hand van die leer van die Triniteit gelê en word die praktiese implikasies daarvan vir die kerk bespreek. Hierdie is die normatiewe van die missionale teologie.
In die derde hoofstuk word die konteks van die gemeente bespreek aan die hand van die huidige situasie in die wêreld, die veranderinge binne die breë gemeenskap en die huidige situasie in die gemeente. Daar word op gewys dat die wêreld tans groot, vinnige en onvoorspelbare veranderinge beleef. Die gemeente sal die impak van hierdie veranderinge op 'n positiewe wyse moet benut deur 'n alternatiewe identiteit in Jesus Christus te skep.
Die rolverwagtinge van die leraars staan sentraal in die navorsingsprobleem en om dié rede word daar in hoofstuk vier gefokus op wat die navorser beskou as die normatiewe rol van leraars, indien hulle die gemeente wil leer om geloofsonderskeidend te leef. Leraars behoort bepaalde geloofsvormende gewoontes as prioriteit in hulle bediening te beskou. Sonder die geloofsgewoontes sal die leraar nie die gemeente kan lei om geloofsonderskeidend te leef nie.
Die NG Gemeente Murray (De Doorns), wat die fokus van die navorsing was, is by wyse van 'n kwalitatiewe vraelys en deur etnografiese studie nagevors. Die resultate is deur middel van triangulasie bespreek en daaruit het dit duidelik geword dat daar duidelike verskille is wat betref die kerkmodel van voorkeur en die rolverwagting van die leraars. Dis egter duidelik dat daar wel 'n skuif gekom het in die kerkbegrip van die lidmate. Hierdie skuif in kerkbegrip het egter nog nie so 'n groot effek op die rolverwagting wat lidmate van die leraars het nie. Daar is dus 'n mate van konflik tussen kerkbegrip van lidmate en hulle verwagting van die leraars. Indien dit nie aangespreek word en die rolle van die leraars nuut uitgeklaar word nie, sal die gemeente nie leer om geloofsonderskeidend te leef nie en kan die gemeente nie aansluit by die missio Dei nie.
|
Page generated in 0.1121 seconds