• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Vlak van ooreenstemming tussen die "Movement Assessment Battery for Children-2" en die "Little Developmental Coordination Disorder Questionnaire" vir breë sifting by kinders onder 5 jaar / Amné Venter

Venter, Amné January 2014 (has links)
Verskeie navorsers het bevind dat motoriese agterstande by drie- tot vyfjarige kinders voorkom en dat daar 'n beperkte hoeveelheid siftingsmeetinstrumente beskikbaar is om die moontlikheid van motoriese agterstande by die kind jonger as vyf jaar te identifiseer. Sommige faktore wat navorsers meen ‘n invloed op die motoriese agterstande van kinders het, is ouderdom, ras, geslag en sosio-ekonomiese status. Hierdie motoriese agterstande kan tot ontwikkelingskoördinasieversteuring (DCD) aanleiding gee wat op 'n vroeë ouderdom geïdentifiseer moet word ten einde effektiewe hulp te verleen. Hierdie studie se doel was tweedoelig. Dit was eerstens daarop gemik om die aard en omvang van motoriese uitvalle gegrond op sosio-ekonomiese klas, geslag, ras en ouderdom by 'n geselekteerde groep drie- tot vyfjarige Suid-Afrikaanse kinders te bepaal. Die tweede doel was om die geskiktheid van die “Little DCDQ” vraelys vir die identifisering van DCD by 'n geselekteerde groep drie- tot vyfjarige kinders te bepaal. Vir die eerste doel is 53 kleuters (N=53) by die studie betrek. Die proefpersone is volgens hulle chronologiese ouderdom in twee oudersdomsgroepe verdeel, naamlik 3.0-3.11 jaar (n=24) en 4.0-4.11 jaar (n=29). Een en twintig seuns (n=21) en twee en dertig dogters (n=32) is ingesluit. Twee rasgroepe, blankes (n=20) en swartes (n=33), is in die ondersoekgroep verteenwoordig. Die groep is ook verdeel in twee sosio-ekonomiese klasse, gebaseer op inkomste van die gesin, naamlik laag (n=31) en hoog (n=22). Die proefpersone is met die “Movement Assessment Battery for Children-2 (MABC-2)” getoets om die aard van hulle motoriese agterstande te bepaal. Die “Statistica for Windows 2013” Statsoftrekenaarprogrampakket is gebruik vir data-ontleding. Vir doelstelling 1 is data eerstens vir beskrywende doeleindes deur middel van rekenkundige gemiddeldes ( X ), standaardafwykings (sa) en minimum en maksimum waardes ontleed. Frekwensieverdelings is verder gebruik om die DCD status van die groep te ontleed. Verskille met betrekking tot sosio-ekonomiese klas, geslag, ras en ouderdom is vergelyk deur van onafhanklike t-toetsing gebruik te maak, waar p≤0.05 as betekenisvol aanvaar is. Uit die resultate wat bestudeer is, blyk dit wel die geval te wees dat motoriese uitvalle by drie- tot vyfjarige kinders voorkom en dat sosio-ekonomiese klas, geslag, ras en ouderdom 'n rol speel. Resultate toon dat 11.3% van die groep met ernstige DCD geïdentifiseer is. Die hoë sosio-ekonomiese klas (22.7%), meisies (15.6%), swart kinders (18.2%) en die drie jaar ouderdomsgroep (12.5%) het die meeste kinders in die ernstige DCD klassifikasie gehad. Geen betekenisvolle ouderdomsverskille het tussen die twee ouderdomsgroepe voorgekom nie, buiten vir die gooi- en vangvaardighede waar die driejarige groep betekenisvol beter (p≤0.05) as die vierjarige groep gevaar het. Wit kinders het beter as swart kinders in die fynmotoriese vaardighede presteer en seuns het betekenisvol beter (p≤0.05) as dogters in die gooi- en vangvaardigheid presteer. Geen statistiese verskille met betrekking tot die veranderlikes wat getoets is, is tussen die verskillende sosioekonomiese klasse gevind nie. Vir doelstelling 2 het 110 kleuters se ouers die “Little Developmental Coordination Disorder Questionnaire (Little DCDQ)” voltooi. Volgens die toetstotaal is die kleuters in ‘n rangorde geplaas, waarna elke tweede kleuter op die rangorde met die MABC-2 getoets is om die vlak van ooreenstemming tussen die twee meetinstrumente te bepaal (N=53). Betroubaarheid is ontleed deur Chronbach Alpha-waardes vir die twee toetsbatterye te bepaal. Geldigheid van die “Little DCDQ” is ontleed deur eerstens van Spearman korrelasiekoëffisiënte gebruik te maak waarna kruistabulering gebruik is om vas te stel hoeveel kinders in die onderskeie DCD kategorieë ooreenstemmend deur die vraelys en toetsbattery geklassifiseer is om sodoende die sensitiwiteit en die spesifisiteit van die vraelys te bepaal. Die “Little DCDQ” en die MABC-2 toon goeie betroubaarheid vir al die veranderlikes wat 'n Cronbach Alpha van hoër as r=0.8 getoon het. Die “Little DCDQ” het matige korrelasie getoon met twee van die vier veranderlikes van die MABC-2, waar die vang- en gooi afdeling van die MABC-2 korrelasie van r=0.3 met die algehele koördinasie afdeling van die “Little DCDQ” en die totaal van die MABC-2 'n korrelasie van r=0.29 met die totaal van die “Little DCDQ” getoon het. Die “Little DCDQ” se sensitiwiteit en spesifisiteit het egter nie aanvaarbare resultate getoon nie (r=57,1% en r=81,2%) in vergelyking met die MABC-2 vir die totale van die “Little DCDQ”. Samevattend kan uit die resultate gerapporteer word dat ras en geslag wel 'n rol speel in die aard en omvang van motoriese uitvalle by drie- tot vyfjarige kinders. Uit die huidige studie het dit egter geblyk dat sosio-ekonomiese omstandighede nie so 'n groot rol speel nie. Dit het ook duidelik geword dat die “Little DCDQ” as 'n moontlike siftingsmeetinstrument vir die identifikasie van DCD by kinders jonger as vyf jaar woonagtig in Suid-Afrika oorweeg kan word, maar met aanpassings. Die “Little DCDQ” moet in meer diepte ondersoek word vir gebruiksmoontlikhede om DCD by kinders jonger as vyf jaar te identifiseer ten opsigte van die uitdagings wat die Suid-Afrikaanse kultuur en grootword omstandighede vir kinders se ontwikkeling inhou. / MSc (Kinderkinetics), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.0943 seconds