• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die verband tussen nikotien-inname, kortikale geaktiveerdheid en ekstraversie by rokers

Swart, David 03 1900 (has links)
Thesis (PhD)- Stellenbosch University, 1987. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Groep ligte rokers en 'n groep strawwe rokers is met mekaar vergelyk ten opsigte van die effek van nikotien-inname op kortikale geaktieerdheid in 'n spanningsituasie en in 'n ontspanningsituasie, beide sander deprivasie van nikotien en nadat hulle daarvan gedepriveer is. Die groepe is ook met hulle onderskeie kontrolegroepe ( geen nikotien-inname tydens die eksperimentele sessie) ten opsigte van kortikale geaktiveerdheid vergelyk. Voorts is daar bepaal of daar 'n verband tussen ekstraversie, neurotisisme, kartikale geaktiveerdheid en getal sigarette gerook by die verskillende groepe rokers bestaan het. Resultate het daarop gedui dat ligte rokers deur 'n lae mate van kortikale geaktiveerdheid en strawwe rokers deur 'n hoe mate van kortikale geaktiveerdheid gekenmerk word en dat ligte rokers waarskynlik vir die stimulerende effek van nikotien rook. Geen beduidende stimulering was by die strawwe rokers te bespeur nie. Daar is 'n beduidende positiewe verband tussen getal sigarette per dag gerook en ekstraversie by die strawwe rokers wat minder as dertig sigarette per dag gerook het gevind.

Page generated in 0.0749 seconds