• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Aspalathus linearis (Rooibostee) : die invloed van oespraktyke op sekere vegetatiewe en fisiologiese aspekte

Stassen, Pieter Jacobus Cornelius January 1987 (has links)
Aspalathus linearis vorm deel van die Fabaceae familie. Die plant is n bladboudende, stikstofbindende naalddraer waarvan die naalde en dunner stingels geoes word vir bemarking as rooibostee. Die inbeemse plant, wat natuurlik in die Seder- en Olifantsrivierberge voorkom, word vandag reeds deur meer as 400 produsente kommersieel verbou. Die gewas word normaalweg verbou onder lae en wisselvallige reenval- en stremmende grondtoestande. Lae produksie is daarom een van die belangrikste knelpunte. Hiermee saam dra progressiewe terugsterwing by tot wisselende produksietendense. Hierdie situasie lei tot onstabiele markvoorsiening en het n beperkende uitwerking op die ontwikkeling van markte. Daar het dus n beboefte aan veral inligting oor die uitwerking van oespraktyke op produksie en terugsterwing asook basiese inligting oor aspekte van groei, koolbidraatreserwes en voedingselemente bestaan. Die doel van die buidige studie was dan ook daarop toegespits om bogenoemde inligting te bekom. Resultate verkry het daarop gedui dat die oes van rooibosteeplant die jaarlikse wegneem van 50 tot 60% van die droe massa van die bos bebels het, indien eenmalig geoes word. Oorblywende blaarmassa van plante wat op n konstante boogte gesny is, bet toegeneem met toenemende frekwensie van oes. Waar eenmalig, tweemalig of driemalig geoes is, was respektiewelik 5%, 21% of 52% van die totale blaarmassa voor oes aanwesig. Dit is duidelik dat groot boeveelbede fotosintetiserende materiaal asook droemassa met oes verwyder word. Resultate het getoon dat lengte- en massagroei van die oesbare gedeelte boofsaaklik tussen Augustus- en Meimaand plaasgevind het. co2 -opname het saam met die ontwikkeling van groei toegeneem gedurende die seisoen, totdat die volwasse blaar op n stadium as stoororgaan van koolbidrate begin funksioneer en fotosinteties blykbaar minder aktief geraak het. Die beste tyd van oes was wanneer die koolbidraatreserwes in alle bosdele relatief boog was. Indien te vroeg in die groeiseisoen geoes is, was verdwerging die meeste en terugsterwingsprobleme was groter as gedurende die midseisoen. Indien te laat gedurende die groeiseisoen geoes is, het daar nie weer bergroei voor die lente plaasgevind nie en die bos was onbedek, met groot wonde en laag in fisiologiese aktiwiteit gelaat. Dit skep moontlik ideale infeksietoestande vir swamme wat terugsterwing bevorder. Veldproewe het aangetoon dat die boogste produksie verkry is waar eenmalig tydens ongeveer Maartmaand geoes is. 'n Hoër frekwensie van oes het wel die leeftyd van rooibosteeplante aansienlik verleng, maar dit het nie opgeweeg teen die verliese in opbrengs nie. Daar word voorgestel dat bosse wat gedurende die periode geoes word, se naalde weer fotosinteties aktief is voor die dormante rusperiode en moontlik selfs tydens die winter. Hierdie aspek verdien verdere navorsing. Dit wil ook voorkom asof bosse wat later gedurende die groeiseisoen geoes word minder en vir korter periodes afhanklik van reserwes in die volgende vroeër lente was. Beide suiker- en styselreserwes kon egter dien as substrate vir energie en onderhoud van groei tot ongeveer Desembermaand. Uit resultate verkry is bereken dat 18,4 g N, 1,2 g P, 4,6 g K, 4,1 g Ca en 4,1 Mg benodig word vir elke 1 kg bemarkbare tee wat later in die groeiseisoen geproduseer is. Omdat die rooibosteeplant stikstofbindende knoppiesbakteriee bevat, beboort dit ten opsigte van N selfvoorsienend te wees. Daar word aanbeveel dat P, Ca en Mg met grondvoorbereiding reeds voorsien word vir die leeftyd van n aanplanting. K moet egter jaarliks toegedien word. / Thesis (DSc Agric)--University of Pretoria, 1987. / gm2015 / Agricultural Economics, Extension and Rural Development / Unrestricted

Page generated in 0.0752 seconds