Spelling suggestions: "subject:"orrelwerke"" "subject:"orgelwerke""
1 |
'n Historiese perspektief op musikale ontlening met spesifieke verwysing na tematiek in die vrye orrelwerke van Buxtehude en Bach / Henriëtte van Rensburg (née De Vries)Van Rensburg, Henriëtte January 2010 (has links)
OPSOMMING: 'n Literatuurstudie is onderneem oor musikale ontlening soos dit in verskillende tydperke in die verlede gemanifesteer het. 'n Literatuurstudie is ook onderneem oor die historiese verband tussen Buxtehude en Bach, musikaal en andersins. 'n Indringende ondersoek na ooreenkomste in melodiese openingsformasies in die vrye orrelwerke van Buxtehude en Bach is gedoen. Die resultate is gesistematiseer deur dit in kategorieë in te deel. Repertoriums uit voorafgaande tydperke is betrek, om daaruit gemeenskaplike historiese spore, wat verband hou met die ooreenkomste in tematiese materiaal in die vrye orrelwerke van Buxtehude en Bach, aan te dui. Vroeëre repertoriums wat betrek is, sluit byvoorbeeld Middeleeuse cantus plani, Joodse melodieë soos opgeteken deur Idelsohn, die Geneefse Psalter en vroeë klawerbordliteratuur in.
Die resultate van die ontleding is gesistematiseer in 'n nuut-ontwerpte model wat gebaseer is op ooreenkomstige melodiese aanvangspatrone in die vrye orrelwerke van Buxtehude en Bach. Hierdie sistematiese model is nie slegs op die tematiese materiaal van Buxtehude en Bach van toepassing nie, maar ook op tematiese materiaal wat veer verder in die verlede teruggevind kan word, tot sover as die Delfiese himnes van 127 v.C.
In hierdie studie is insig in musikale ontlening verkry uit die merkbare ooreenkomste tussen die melodiese aanvangspatrone in die tematiek van Bach se vrye orrelwerke en die van Buxtehude. Die insig is verdiep deur die sistematiese ordening van hierdie ooreenkomste, en die vasstelling dat die ooreenkomste op gemeenskaplike historiese spore teruggaan.
In die tradisionele studie van musiektekstuur is harmoniese progressies gesistematiseer met die vier kadense aan die eindes van frases as uitgangspunt. 'n Ooreenkomstige sistematisering van melodiese patrone wat aan die begin van frases voorkom, is egter, sover vasgestel kon word, nog nie voorheen onderneem nie. 'n Nuwe bydrae tot die musiekwetenskap is dus gelewer deurdat die melodiese openingspatrone volgens 'n nuut-ontwerpte model gesistematiseer is. / SUMMARY: Musical borrowing in Western music is a vast field, the history of which, according to J. Peter Burkholder, still has to be written. The main objective of this study is to provide a historical perspective on musical borrowing to serve as a background for a comparative study of thematics in the free organ works of Buxtehude and Bach. However, to provide a more comprehensive perspective on the phenomenon of musical borrowing and traces from the past, one requires a historical consciousness which goes further than Bach's immediate past.
The research includes a study of literature on musical borrowing as it has manifested itself in various eras. This literature study also includes an investigation into the historical connection between Buxtehude and Bach, musically and otherwise. Similarities in melodic opening formations in the free organ works by Buxtehude and Bach are pointed out. The results are systematicised by the classification into categories. The classification draws on repertoires from previous eras in order to indicate common historical traces relating to correspondences of thematic material in the free organ works by Buxtehude and Bach. Earlier repertoires include Medieval chants, Jewish melodies recorded by Idelsohn, the Genevan Psalter and early keyboard literature.
The results of the analysis are systematised in a newly designed model which is based on corresponding melodic opening patterns in the free organ works by Buxtehude and Bach. This systematic model applies not only to thematic material of Buxtehude and Bach but also to thematic material which can be traced back far further into the past, in fact, as far back as the Delphic hymns of 127 BC.
This study provides insight into musical borrowing based on the noticeable similarities between melodic opening phrases in the thematics of the free organ works by Bach and Buxtehude. This insight is enhanced by the systematic ordering of these similarities and the realisation that the similarities are based on common historical traces.
In the traditional study of musical texture harmonic progressions are systematised, using the four cadences at the ends of phrases as the point of departure. However, melodic patterns which occur at the beginnings of phrases, have not, as far as I know, been similarly systematised. This systemisation of melodic opening patterns according to a newly designed model therefore constitutes a new contribution to research in musicology. / Thesis (Ph.D. (Music))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2010.
|
2 |

3 |
Die Suid-Afrikaanse komponis Hendrik (“Henk”) Temmingh : ’n biografie en ’n katalogus van sy orrelwerke (Afrikaans)Luitingh, Willem Scholtz 12 August 2011 (has links)
AFRIKAANS : Hendrik (“Henk”) Temmingh word vandag gereken as een van Suid-Afrika se mees toonaangewende orrelkomponiste. Hy het sy veelsydigheid bewys en veral gevestig geraak as ’n noemenswaardige figuur op die gebied van musiekwetenskap, improvisasiekuns en orrelmusiek. Die doel van die studie is om aan te toon dat Temmingh se oeuvre ’n volledige katalogus van die orrelwerke regverdig en om so ’n dokument saam te stel. Om ’n volledige en juiste biografie van die komponis op te stel, word ’n verdere leemte gevul. ’n Oorsig van Suid-Afrikaanse orrelmusiek en komponiste gee ’n blik oor hoe, waar en in watter mate Temmingh funksioneer as ’n ware Suid-Afrikaanse komponis, alhoewel hy in Nederland gebore is. Addisionele inligting, veral nuwe data oor Suid- Afrikaanse orrelkomponiste soos geboorte- en sterfdatums, word in die dokument genoem. Suid-Afrikaanse komponiste word volgens herkoms en nasionaliteit in drie groepe ingedeel. Eie terminologie word hieraan toegeken. Min bronne oor Temmingh is beskikbaar. Daarom is hierdie mini-verhandeling grootliks met die hulp van die komponis saamgestel. Die gebrek aan genoeg literatuur oor Suid-Afrikaanse orrelmusiek en -komponiste het ’n uitdaging gebied vir die skrywer. Met behulp van die chronologiese katalogus van Temmingh se orrelwerke kan ’n onmiddellike oorsig van sy bydrae as orrelkomponis verkry word. Dit behoort musiekbiblioteke en orreliste te help om hulle onvolledige versamelings aan te vul. Hierbenewens sal die nuut-toegekende katalogusnommers ’n aanduiding gee van waar die betrokke orrelwerke chronologies by Temmingh se oeuvre inpas. ENGLISH : Hendrik (“Henk”) Temmingh can be regarded as one of South Africa’s leading organ composers. He showed versatility and established himself as a significant figure in the field of musicology, improvisation and organ music. The aim of the mini-dissertation is to show how Temmingh’s oeuvre justifies a complete catalogue of the organ works, and to compile such a document. Putting together an accurate biography of the composer, will fill another gap. A survey of South African organ music and composers indicate how, where and to what extent Temmingh functions as a true South African composer, although he was born in the Netherlands. Additional information, especially new data regarding South African organ composers such as dates of birth and death, is mentioned in the document. South African composers are divided into three groups according to origin and nationality. Own terminology is allocated to these. Few sources concerning Temmingh are available. Therefore this mini-dissertation was mainly compiled with the help of the composer. The scarcity of enough literature on South African organ music and composers was a challenge for the writer. An immediate summary of Temmingh’s contribution as an organ composer can be obtained with the help of the chronological catalogue of Temmingh’s organ works. This will help music libraries and organists to supplement their incomplete collections. Apart from this, newly allocated catalogue numbers will give an indication of where the works concerned fit in chronologically in Temmingh’s oeuvre. / Dissertation (MMus)--University of Pretoria, 2010. / Music / unrestricted
|
Page generated in 0.0425 seconds