• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Video data collection method for pedestrian movement variables & development of a pedestrian spatial parameters simulation model for railway station environments

Hermant, Laurent Fernand Leon 14 March 2012 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The design of railway station environments in South Africa and to a certain extent internationally, is based on rules of thumb. These rules, using general macroscopic principles for determining peak passenger loads are inadequate and misleading for detailed design purposes. The principles advocated in local design guideline documents are erroneous and ignore the highly variable flow nature or “micro-peaking” effects that typically occur within railway station environments. Furthermore, there are no procedures proposed in these guideline documents, which leads to ambiguous assessment techniques used by practitioners in the determination of pedestrian spatial areas. It is evident that the knowledge in the area of pedestrian movement contained within the design guidance is far from comprehensive. Without a reliable method for estimating pedestrian levels-of-service and capacities, design of new facilities does not follow a uniform process, resulting in high levels of uncertainty in determining if the time, money and resources invested in upgrading facilities will actually cater to the demand. The situation is further exacerbated by current industry thinking towards pedestrian modelling in South Africa, where it is perceived by both clients and practitioners to be more cost effective to use macroscopic techniques and designing infrastructure according to a “one-level-up” level-of-service method. Working with architects confirmed that the area of circulation design was lacking in data and guidance and that associated quantified assessments of pedestrian movement was rarely, if ever, carried out. Towards addressing these issues, the development of a Spatial Parameter (SP)-model spreadsheet application became the main objective of the study. The model contributes towards addressing the needs of individual station users based on the trade-off between level-of-service and infrastructure costs. The output of the model allows the designer to avoid the under-provision (detrimental to operations) and oversizing of railway station infrastructure (with obvious financial implications). The author recognised the lack of pedestrian movement data in South Africa and addressed this by conducting extensive video-based pedestrian observations aimed at exploring the macroscopic fundamental relationships and the ways in which these relationships might be influenced by the various personal, situational and environmental factors that characterise the context in which pedestrians move. The movement trajectories of 24,410 pedestrians were investigated over three infrastructure environments at Maitland and Bonteheuwel stations in Cape Town, carefully selected to incorporate the cultural diversity common in South Africa. Tracking of pedestrians was achieved via the use of an in-house developed “video annotator” software tool. Boarding and alighting rates of 7,426 passengers were also observed at these stations incorporating contributory attributes such as age, gender, body size, encumbrance, group size, time of day, and location. The research makes a number of significant advances in the understanding of pedestrian flow behaviour within railway station environments and provides recommendations to industry of what issues to consider. The empirical study has provided comprehensive pedestrian movement characteristics incorporating the relationships between density, speed and flow including the effect of culture and other context factors unique to the local South African environment. New methods for determining spatial requirements are proposed, together with new and unique empirical data for use by the local industry. A calibrated spreadsheet SP-model for assessing the design of concourse type railway stations is developed and presented in the study. The advance in local pedestrian flow knowledge, together with the SP-model, is shown to be practical through application to two real railway station case study projects. The results of this study constitute an important contribution to local pedestrian flow knowledge and is considered a valuable resource for those developing pedestrian models in practice. It is expected that the results will be useful in the planning and design of pedestrian environments in South African railway stations and can be applied to other African metro railway stations with similar pedestrian characteristics. Overall, this research has succeeded in advancing the approach to railway station design, empirical data, knowledge and methods held within the local engineering industry. However, the contribution of this study and associated conference papers is an early step in changing the perceptions in this country towards ensuring fully informed and appropriate performance-based spatial designs. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die ontwerp van areas binne Suid-Afrikaanse spoorweg stasies en ook tot ‘n sekere mate internasionaal, is gebaseer op historiese ondervindings asook riglyne wat tans in die praktyk gebruik word. Die riglyne gebruik algemene makroskopiese beginsels om die spits passasiersvrag te bepaal vir gedetaileerde ontwerp doeleindes. Hierdie riglyne is egter ongeskik en misleidend aangesien dit nie die hoogs wispelturige natuur van vloei en mikrospits effekte wat binne die stasies plaasvind, in ag nie. Die riglyne ontbreek ook van prosedures wat gevolg moet word vir die bepaling van ruimtelike areas vir voetgangers wat die gevolg het dat dubbelsinnige beramingstegnieke deur praktisyne gebruik word. Die kennis oor voetganger bewegings in die ontwerp riglyne is nie omvattend genoeg nie. Sonder ‘n betroubare beramings metode vir die bepaling van voetganger diensvlak en kapasiteit kan daar nie bepaal word of die tyd, geld en hulpbronne wat in die fasilitieit geinvesteer word, aan die behoeftes gaan voldoen nie. Die situasie word verder vererger deur die huidige persepsie oor voetganger modellering in Suid-Afrika, waar dit deur beide kliënte en praktisyne, as ‘n meer koste effektiewe oplossing gesien word om makroskopiese tegnieke te gebruik en om infrastruktuur te ontwerp volgens ‘n metode waar ‘n hoër diensvlak as die teiken diensvlak gebruik word. In samewerking met argitekte is dit bevestig dat die area van sirkulasie ontwerp ‘n tekort het aan data en riglyne en dat die kwantitatiewe skattings verbonde aan voetganger beweging selde, indien ooit, uitgevoer word. Die ontwikkeling van ‘n Spatial Parameters (SP)-model om die bogenoemde problem te oorkom, is die hoofdoel van hierdie tesis. Die model poog om die behoeftes van individuele stasie gebruikers aan te spreek gebaseer op die wisselwerking tussen diensvlak en infrastruktuur kostes. Die uitsette van die model stel die ontwerper in staat om ondervoorsiening en oorvoorsiening van spoorweg stasie infrastruktuur te voorkom wat nadelige vir die bedryf is en ook ooglopende finansiële implikasies tot gevolg het. Die skrywer het die tekort aan data aangaande voetganger bewegings in Suid-Afrika geidentifiseer en dit aangespreek deur omvattende video gebaseerde voetganger waarnemings te maak met die doel om die basiese makroskopiese verhoudings te ondersoek asook in hoe ‘n mate hierdie verhoudings beinvloed word deur verskeie persoonlike, liggings- en omgewingsfaktore wat die konteks waarin voetgangers beweeg, karakteriseer. Die bewegingsprofiel van 24,410 voetgangers is ondersoek by drie infrastruktuur omgewings by Maitland en Bonteheuwel stasies in Kaapstad. Die stasies is noukeurig uitgesoek om Suid-Afrika se kulturele diversiteit te verteenwoordig. Die voetgangers is nagevolg deur gebruik te maak van ‘n selfontwikkelde video-annoteerder sagteware. Waarneming van die opklim- en afklimspoed van 7,426 passasiers is gemaak by hierdie stasies en faktore soos ouderdom, geslag, liggaamsgrootte, mobiliteit, grootte van groepe, tyd van die dag en ligging was ingesluit by die waarnemings. Hierdie navorsing maak belangrike bydraes tot die begrip van die vloei van voetgangers binne spoorweg stasies en aanbevellings word aan die industrie gemaak oor die faktore wat in ag geneem moet word by ontwerp van fasilitieite. Die empiriese studie het omvattende voetganger beweging karakteristieke uitgewys wat die verhoudings tussen digtheid, spoed en vloei inkorporeer asook die effek van kultuur en ander faktore wat verband hou met die unieke konteks van die plaaslike Suid-Afrikaanse omgewing. Nuwe metodes om ruimtelike-vereistes te bepaal word voorgestel, saam met nuwe en unieke empiriese data vir gebruik deur die plaaslike industrie. ‘n Gekalibreerde en gevalideerde SP-model is ontwikkel om die ontwerp van spoorweg stasies te assesseer en word in hierdie tesis beskyf en aangebied. Die studie toon dat akkurate data en kennis oor plaaslike voetganger vloei met die SP-model verkry kan word, soos bewys uit twee spoorweg stasie studiegevalle. Die resultate van hierdie tesis dien as ‘n belangrike bydrae tot die kennis van plaaslike voetganger vloei en word geag as ‘n waardevolle hulpbron vir die ontwikkeling van voetganger modelle in die praktyk. Hierdie resultate mag nuttig wees gedurende die beplanning en ontwerp van voetganger-areas in Suid-Afrikaanse spoorweg stasies. Dit kan ook toegepas word vir spoorweg stasies in die res van Afrika wat soortgelyke voetganger karaktereienskappe het. Die navorsing het daarin geslaag om die benadering tot spoorweg stasie ontwerp te verbeter, asook om empiriese data, kennis en die metodes wat binne die plaaslike ingenieurs industrie voorgehou word, te verbeter. Let egter daarop dat die bydrae wat hierdie tesis maak, asook bydraes deur relevante konferensie verhandelinge, ‘n vroeë stap is in die verandering van persepsies in Suid-Afrika om geskikte prestasie-gebaseerde ruimte ontwerpe te verseker.
2

Understanding pedestrian crossing behaviour : a case study in the Western Cape, South Africa

Nteziyaremye, Pascal 03 1900 (has links)
Thesis (MScEng)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Road traffic accidents have been a global concern facing all countries. Approximately 1.2 million people are killed annually as a result of traffic accidents and 50 million are injured. More than 90 percent of road fatalities occur in the developing world which has only 48 percent of the world’s registered vehicles. Beyond the problem of road fatalities, road traffic accidents result in disability and long term injury. They also cause considerable economic losses to victims and their families and damage properties and infrastructures. In South Africa, pedestrian fatalities account for about 40 percent of all road traffic accidents. Behaviour patterns of both pedestrians and motorists at pedestrian crossings are the main influential factors of pedestrian accidents. This study investigates behaviour patterns of pedestrians negotiating different types of crossing facilities in the town of Stellenbosch, in South Africa. A total number of 17 pedestrian crossings were selected for the study on the basis of their geometric and operational characteristics. Video-based observations together with on-street interviews were used to understand crossing behaviour patterns, namely pedestrian walking speed, pedestrian delay, gaze behaviour, pedestrian-vehicle conflicts, pedestrian compliance with road traffic rules and gap-acceptance behaviour. Results of the study showed that male pedestrians walk more than female pedestrians. The 15th percentile crossing speed for all pedestrians observed while crossing was found to be 1.13 m/s whereas the mean crossing speed was found to be 1.48 m/s. Demographic variables appeared to significantly influence pedestrian walking speed. Male and younger pedestrians exhibited higher walking speeds than female and older pedestrians. Pedestrian walking speed was also found to be affected by group size, encumbrance, type of pedestrian facility and distraction while walking. However, no effects of conflicts and the presence of a pedestrian refuge on pedestrian walking speed were found in this study. A mean total delay of 5.10 seconds was found in this study. Male and younger pedestrians experienced shorter delay compared to female and older pedestrians. The type of pedestrian facility and traffic signals during which pedestrians arrived at the kerb and crossed appeared to be other influential factors of pedestrian delay. With regard to gaze behaviour, an average number of head movements ranged from 2 to 5 at the kerb and from 3 to 5 while crossing. Conflicts with motorists peaked where crossing distances were longer and traffic volume was heavy. A red light violation ranging from 82 to 87 percent was observed in this study and on-street surveys indicated that beliefs and attitudes towards traffic control devices and traffic environment significantly explained pedestrians’ unsafe crossing behaviour. The calculated critical gap and critical lag ranged from 2.19 to 3.90 seconds and the effect of crossing distance on gap-acceptance emerged in this study. Possible interventions are finally suggested. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Padongelukke is 'n wêreldwye probleem wat al die lande in die gesig staar. Ongeveer 1,2 miljoen mense sterf jaarliks as 'n gevolg van verkeersongelukke en 50 miljoen word beseer. Meer as 90 persent van padsterftes kom voor in die ontwikkelende wêreld met slegs 48 persent van die wêreld se geregistreerde voertuie. Bo en behalwe die probleem van padsterftes, het padongelukke gestremdheid en lang termyn beserings tot gevolg. Dit veroorsaak ook aansienlike ekonomiese verliese vir die slagoffers en hul gesinne en skade aan eiendomme en infrastruktuur. In Suid-Afrika is voetgangersterftes verantwoordelik vir sowat 40% van alle padongelukke. Gedragspatrone van beide voetgangers en motoriste by voetoorgange is die belangrikste bepalende faktore van voetganger-ongelukke. Hierdie studie ondersoek gedragspatrone van voetgangers by verskillende tipes kruisings in die dorp van Stellenbosch Suid-Afrika. ʼn Totale aantal van 17 voetoorgange is gekies vir die studie op die basis van hul geometriese en operasionele eienskappe. Video-gebaseerde waarnemings saam met op-straat onderhoude is gebruik om kruising-gedragspatrone, naamlik voetganger stapspoed, voetganger vertraging, kyk gedrag, voetganger-voertuig konflikte, voetganger nakoming van padverkeersreëls en gaping-aanvaarding gedrag te verstaan. Resultate van die studie het getoon dat manlike voetgangers vinniger loop as vroulike voetgangers. Die 15de persentiel kruising spoed vir alle voetgangers waargeneem binne kruisings was 1,13 m/s, terwyl die gemiddelde kruising spoed 1,48 m/s is. Demografiese veranderlikes beïnvloed voetgangers loop-spoed. Manlik en jonger voetgangers loop vinniger as vroulike en ouer voetgangers. Voetgangers loop-spoed word ook geraak deur die grootte van die groep, die dra van items, die tipe voetganger-fasiliteit en afleiding terwyl geloop word. Daar is egter geen gevolge van konflikte op voetgangers loop-spoed in hierdie studie gevind nie. 'n Gemiddelde totale vertraging van 5,10 sekondes is in hierdie studie gevind. Manlik en jonger voetgangers ervaar korter vertraging in vergelyking met die vroulike en ouer voetgangers. Die tipe voetgangerfasiliteit en verkeerseine was ander invloedryke faktore van voetganger vertraging. Vir waarneming van die verkeer is gevind dat die gemiddelde aantal kopbewegings gewissel het van 2 tot 5 teen die randsteen en van 3 tot 5, tydens die kruising. Konflikte met motoriste het ʼn hoogtepunt bereik waar kruising afstande langer en verkeersvolume hoër was. Rooi lig oortredings wat wissel van 82 tot 87 persent is in hierdie studie waargeneem en op-straat opnames het aangedui dat houdings teenoor verkeer-beheer toestelle en die verkeersomgewing die voetgangers se onveilige kruising-gedrag verduidelik. Die berekende kritiese gaping het gewissel van 2,19 tot 3,90 sekondes en die effek van die kruisinglengte op gaping-aanvaarding het in hierdie studie na vore gekom. Moontlike intervensies word voorgestel.

Page generated in 0.0603 seconds