Spelling suggestions: "subject:"slum -- diseases anda tests"" "subject:"slum -- diseases anda pesar""
1 |
Cloning and identification of genes involved in the interaction between the bacterial stone fruit pathogen Pseudomonas syringae pv. syringae strain NV and plum treesAppel, Maryke 03 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Bacterial canker of stone fruit, caused by Pseudomonas syringae pv. syringae, is one of
the most destructive crop diseases in South Africa. Chemical control has failed completely
and effective long-term management strategies will have to rely on the breeding of
resistant host trees. To assist in such breeding programmes, investigations into the
molecular basis of the interaction between P. s. pv. syringae and stone fruit trees have
been undertaken in collaboration with the ARC-Fruit, Wine and Vine Research Institute in
Stellenbosch.
The aim of this dissertation was to clone and identify genes that are involved in interaction
between the bacterial canker pathogen and stone fruit trees. In the first part of the study,
the harpin encoding gene of a local strain of the pathogen, P. s. pv. syringae NV, was
amplified in a polymerase chain reaction (PCR) strategy with primers based on the
hrpAZB sequences of the bean pathogen, P. s. pv. syringae 61. Sequencing of this
hrpZpssNvgene revealed a high degree of homology (96%) between the harpin encoding
genes and harpin proteins of the two strains. The hrpZpssNvgene was subsequently cloned
into the pMAL-c2 expression vector and expressed in Escherichia co/i. This system was
used for the production of purified, biologically active, recombinant HrpZpSSNV protein.
In the second part of the study, differential display (DD) technology was used to identify
genes that are induced in stone fruit trees in response to P. s. pv. syringae and/or its
harpin elicitor. For this purpose, actively growing shoots of two Prunus sa/icina cultivars,
the moderately resistant cv. 'Laetitia' and the highly susceptible cv. 'Songold' were treated
with recombinant harpinpssNvprotein or live P. s. pv. syringae NV bacteria. An untreated
control and wounding control was included in the experiment. Total RNA was isolated for
comparative mRNA analysis 24 hours after treatment. DD profiles were generated with
fifteen primer combinations. Eight candidate bands were re-amplified, cloned and
sequenced. Reverse transcription PCR was employed to verify the expression patterns of
the cloned bands in the original RNA sample set. Two bands, DDc and DD4 were shown
to be differentially expressed between treatments and/or cultivars, while no differences in
the expression levels of the remaining six bands (DDa, DDe, DD3, DD5, DD6 and DD7)
were observed. BLAST similarity searches yielded significant matches for DDe, DD4 and
DD7 with plant defense-related genes. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Bakteriese kanker van steenvrugte, wat deur Pseudomonas syringae pv. syringae veroorsaak
word, is een van die mees verwoestende siektes van landbougewasse in Suid-Afrika.
Chemiese beheermaatreëls het geheel en al misluk en effektiewe langtermyn
beheerstrategieë sal op die teling van weerstandbiedende gasheerbome moet staatmaak.
Ondersoeke na die molekulêre basis van die interaksie tussen P. s. pv. syringae en
steenvrugbome is in samewerking met die LNR-Vrugte-, Wyn- en Wingerdnavorsingsinstituut
in Stellenbosch van stapel gestuur om tot sulke telingsprogramme by te dra.
Die doelwit van hierdie proefskrif was om gene wat betrokke is in die interaksie tussen die
bakteriese kanker patogeen en steenvrugbome te kloneer en te identifiseer. In die eerste
gedeelte van die studie is die harpien-koderende geen van 'n plaaslike ras van die patogeen,
P. s. pv. syringae NV, geamplifiseer in 'n polimerase kettingreaksie (PKR)-strategie met
peilers wat op die hrpAZB-geenopeenvolgings van die boontjiepatogeen, P. s. pv. syringae 61,
gebaseer is. Volgordebepaling van hierdie hrpZpssNv-geen het 'n hoë vlak van homologie (96%)
tussen die harpien-koderende gene en harpien proteïene van die twee rasse getoon. Die
hrpZpssNv-geen is vervolgens in die uitdrukkingsvektor pMAL-c2 gekloneer en uitgedruk in
Escherichia coli. Hierdie sisteem is vir die produksie van suiwer, biologies-aktiewe,
rekombinante HrpZpssNv-proteingebruik.
In die tweede gedeelte van die studie is die differensiaalvertoon (DD) tegniek gebruik om gene
te identifiseer wat deur P. s. pv. syringae en/of sy harpien elisitar in steenvrugbome
geïnduseer word. Vir hierdie doel is aktief-groeiende lote van twee Prunus sa/icina kultivars,
die matig weerstandbiedende kv. 'Laetitia' en die hoogs vatbare kv. 'Songold', met
rekombinante harpienpssNvproteïen of lewende P. s. pv. syringae NV bakterieë behandel. 'n
Onbehandelde- en verwondingskontrole is in die eksperiment ingesluit. Totale RNA is 24 uur
na behandeling vir vergelykende mRNA-analise geïsoleer. DD-profiele is met vyftien
peilerkombinasies gegenereer. Agt kandidaatbande is geheramplifiseer en gekloneer, waarna
hul DNA-opeenvolgings bepaal is. Trutranskriptase-PKR is gebruik om die ekspressiepatrone
van die gekloneerde bande in die oorspronklike RNA monsters na te gaan. Daar is vasgestel
dat twee van die bande, DDc en DD4, differensieel tussen kultivars en/of behandelings
uitgedruk is, terwyl geen verskille in die ekspressievlakke van die oorblywende ses bande
(DDa, DOe, 003, DOS, 006 en DO7) waargeneem is nie. BLAST-soektogte het betekenisvolle
ooreenkomste vir DDe, DD4 en DD7 met plant weerstandsgeassosieerde gene opgelewer.
|
Page generated in 0.0616 seconds