• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Sintese van amino-arielaldehied verbindings / Marlene Prinsloo

Prinsloo, Marlene January 2015 (has links)
Die soeke na sterk hoë-verrigtingspolimere het gelei tot die idee om ʼn volledig gekonjugeerde polimeer te ontwikkel vir moontlike gebruik in die motorindustrie. Hierdie polimeer moet soortgelyke eienskappe as dié van Kevlar besit, aangesien die beoogde polimeer vir die bakwerk van battery-aangedrewe voertuie gebruik sou kon word. Die selfpolimerisasie van 4,6-diaminobenseen-1,3-dikarbaldehied is as die gewenste gekonjugeerde polimeer beskou. Tydens die studie is daar gefokus op die sintese van die monomeer 4,6-diaminobenseen- 1,3-dikarbaldehied. Die sintese van monomere wat beide funksionele groepe wat aan die polimerisasie deelneem, op dieselfde molekuul besit, was uitdagend, omdat hierdie monomere baie maklik selfpolimerisasie kan ondergaan. Hierdie studie het ook na groener en korter sinteseroetes om 4,6-diaminobenseen-1,3-dikarbaldehied of derivate daarvan te sintetiseer gekyk, aangesien die sintese van 4,6-diaminobenseen-1,3-dikarbaldehied in die verlede met baie lang sinteseroetes en gevaarlike chemikalieë uitgevoer is. Sintese van 1,5-dibromo-2,4-dimetielbenseen (1), 1,5-dibromo-2,4-bis(dibromometiel)- benseen (2), 4,6-dibromobenseen-1,3-dikarbaldehied (3) en 1,3-bis([1,3]dioksolaan)-4,6- dibromobenseen (5) is suksesvol uitgevoer, maar tydens die koper-gekataliseerde Ullmanntipe reaksies om 4,6-diaminobenseen-1,3-dikarbaldehied (4) te sintetiseer, het slegs poeiers gevorm wat nie oplosbaar in organiese oplosmiddels is nie. Om die selfpolimerisasie moontlikhede van 4 uit te skakel is 5 gesintetiseer. ʼn Poging om 1,3-bis([1,3]dioksolaan)- 4,6-diaminobenseen (6a) vanaf 5 te sintetiseer het egter tot geen reaksie gelei nie. Molekuulmodellering van die Ullmann-tipe reaksies om 6a en 4,6-dimetielbenseen-1,3- diamien te sintetiseer is gedoen om die reaksie te ondersoek. Daar is gevind dat ʼn 1,3- diketoonligand wat aan die koperkatalisator bind, nodig is om die reaksie te verbeter. Vanuit die resultate van die studie is ook gevind dat ʼn Ullmann-tipe reaksie nie met 5 sal plaasvind nie, aangesien dit energeties nie so voordelig is nie. Spektroskopiese analise van die poeiers wat tydens die sintese van 4 gevorm het, bevestig dat die poeiers polimere is. Dit blyk egter dat dit nie die voorgestelde rigiede polimeer is wat gevorm het nie, maar dat dit eerder ʼn amorfe kinasolientipe produk is. / MSc (Chemistry), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.0204 seconds