• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 5
  • 2
  • Tagged with
  • 7
  • 7
  • 6
  • 6
  • 6
  • 6
  • 6
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

A practical theological study of the preacher's ethos in Korean context

Jeong, Woo-Sung 10 1900 (has links)
Thesis (DTh (Practical Theology and Missiology))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: a reasonable foundation for their authority is needed. Lastly, it is argued that within the Korean context, the preacher’s “reasonable authority” should have the Word of God as its foundation. Chapter 5 demonstrates three key aspects of the preacher’s ethos by highlighting the following: firstly, three kinds of proofs for structural principles, i.e. persuasion by moral character (ethos); persuasion by putting the hearer into a certain emotional frame of mind (pathos); and persuasion by the speech itself, when the truth or apparent truth(logos) is established. Secondly, an important rule for the preacher’s ethos, namely that listeners must trust and feel connected with the speaker. Thirdly, the attitude of the audience as an important element that influences and even constructs the speaker’s character. Chapter 6 presents four key aspects of preaching in crisis as related to the preacher’s ethos by pointing out the following: firstly, preachers cannot be separated from their preaching. Secondly, a large part of preparation for preaching is the preachers’ own personal preparation–the impact from the pulpit is indeed tied to their own moral character and ethos. Thirdly, the most importance aspect of the preachers’ ethos in preaching is the danger of their possible inconsistent lifestyle .Preachers’ talk should be supported and balanced by their walk. Lastly, the key point of the preachers’ ethos related to their congregations is that, in their minds during reparation of the sermons, there should always be recognition of the reality of a listening audience. Chapter 7 focuses on ethos related to two areas: firstly, the development of the preachers’ ethos. Secondly, some suggestions for the development of their ethos concern five aspects, such as their vocation, spirituality, reading, prayer and “glory”. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om die belangrikheid van predikers se etos in prediking uit te lig. Oor prediking bestaan daar baie hedendaagse kritiek. Die kwynende invloed van prediking word deur sommige aan die deur van die prediker se eie persoonlike etos gelê. Dus, wat beteken etos met betrekking tot die prediker? Hierdie vraag vorm deel van die kern van hierdie navorsing. Die verhouding tussen etos en prediking is duidelik van groot belang. Hoofstuk 2 ondersoek die basiese konsep van ‘n prediker met betrekking tot vyf sleutel aspekte: Eerstens, die definisie van “prediker” is dat hy/sy ‘n dienaar van die Woord en van God is. Tweedens, die betekenis van die prediker se roeping is soos dié van Jesus Christus en die uitgangspunt is dat die prediker woorde lei tot die gemeente se verlossing. Derdens, in die praktyk word ‘n prediker dikwels as ‘n ambassadeur, profeet, getuie, herder, rentmeester, boodskapper of woordvoerder beskryf. Vierdens, in prediking is die prediker se taak dié van ‘n bemiddelaar tussen God en mens, ‘n vertolker van die Bybel vir die gemeentelede en om hulle te inspireer om ‘n meersinvolle lewe te lei. Laastens het die navorser klem gelê op die belang van prediking met betrekking tot ses areas: die prediker, die gemeente, die kerk, aanbidding, die Christendom en die wêreld. Hoofstuk 3 ondersoek sekere voorlopige navorsing op huidige prediking in krisis. In ‘n sekere sin bejeën (post)moderne mense, soos sosiale wetenskaplikes, kommunikasie kundiges, teoloë en hulle in die kerkbanke, prediking met negatiwiteit. Elke groep het sy eie fokus van kritiek, maar wat dit ookal mag wees, hulle stem almal saam dat iets ernstigs verkeerd is met vandag se preke. Hoofstuk 4 ondersoek die algemene omstandighede van die kerk en prediking, asookdie prediker in die Koreaanse konteks, met die fokus op die volgende vier aspekte. Eerstens, die Koreaanse Kerk is een van die verstommende fenomene in die Christendom se onlangse geskiedenis. Ongelukkig het dié Kerk se groei inderdaad opgehou en het selfs ‘n agteruitgang getoon sedert die middel 90s. Tweedens, ‘n noukeurige studie van Koreaanse prediking het bewys dat hierdie teologiese instelling nie sterk is nie en dat ‘n vorm van bevooroordeelde eksegese van die Bybel tans versprei. Derdens, in die Koreaanse konteks het Koreaanse predikers buitensporige outoriteit; hulle is verantwoordelik vir vele aktiwiteite en ‘n redelike basis vir hul outoriteit is nodig. Laastens word geargumenteer dat, binne die Koreaanse konteks, die prediker se “redelike outoriteit” die Woord van God as basis moet behou. Hoofstuk 5 demonstreer drie sleutel aspekte van die prediker se etos deur die volgende uit te lig: eerstens, drie soorte strukturele rigsnoere, naamlik oorreding deur morele karakter (etos); oorreding deur die hoorder in ‘n sekere emosionele gemoedstoestand (patos) te plaas; en oorreding deur die toespraak self, wanneer die waarheid of oënskynlike waarheid (logos) bepaal is. Tweedens, ‘n belangrike reël vir die prediker se etos is dat luisteraars die spreker vertrou en aan hom/haar verbind voel. Derdens, houding as ‘n belangrike element wat gehorebeïnvloed om die spreker se karakter te beoordeel. Hoofstuk 6 bied vier sleutel aspekte van krisisprediking met betrekking tot die prediker se etos, naamlik: eerstens,predikers kan nie van hul prediking geskei word nie. Tweedens, ‘n groot deel van die voorbereiding vir prediking is die predikers se eie persoonlike voorbereiding –impak vanaf die kansel is inderdaad verbind aan hul eie morele karakter en etos. Derdens is die belangrikste aspek van die predikers se etos die gevaar van hul moontlike teenstrydige leefwyse. Predikers se woorde moet ondersteun en gebalanseer word deur hul optrede. Laastens, die sleutelpunt van die predikers se etos, wat betref hul gemeentes,is dat daar tydens die preekvoorbereiding ‘n voortdurende bewussyn van die realiteit van ‘n luisterende gehoor moet wees. Hoofstuk 7 fokus op twee areas: eerstens, die ontwikkeling van predikers se etos. Tweedens, ‘n paar voorstelle vir die ontwikkeling van hierdie etos met betrekking tot vyf aspekte, naamlik predikers se roeping, spiritualiteit, leeswerk, gebed en “heeklikheid”.
2

Preaching as discipling in an authoritarian Korean context : towards a hermeneutics of hearing

Kim, DaeJin 03 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The ministry of preaching is related not only to speaking, but also to hearing, as faithful preaching is dependent on faithful listening, which means listening to both the Scripture and a sermon. Although faithful listening is very important, the field of homiletics seems to focus more on the study of speaking than on the study of listening. However, through the rapid development of the communication technology, contemporary hearers’ way of hearing is changing as never before. Thus, contemporary preachers need to consider the changed way of hearing and faithful listening to the ministry of the Word. The new hearing or contemporary people’s new way of communication is caused by the secondary orality or audiovisual culture. Contemporary people, especially the younger generation, are affected by the secondary orality culture rather than by the Gutenberg system or the print culture. However, most Korean preachers belong to print culture era as regards communication because of a synergy between the Korean authoritarian context and the characteristics of cognitive propositional preaching. On the other hand, contemporary hearers’ patterns of thought and ways of communication belong to the secondary orality culture. Consequently, hearers struggle to listen to a sermon. The contemporary church, especially the Korean Church, has undergone a crisis because of the problem of the hearkening to a sermon. Nevertheless, the secondary orality culture can offer contemporary preachers a good opportunity for preaching because there is a greater resemblance to the aural orality culture of the early Christian community than to the Gutenberg era. According to Romans 10:17, “Faith cometh by hearing and hearing by the word of God,” but many preachers have overlooked the importance of this “hearing.” As a result, preachers’ readings of Scripture concentrate on self-centred information and human selfish experience. Preachers would preach without hearing the Word of God, thus, from time to time, hearers cannot hear the word of God in the preaching. In order to solve the problem, the preachers’ text readings need to move toward a hermeneutics of hearing so that they can learn from the early Christian community and the Reformation. Moreover, contemporary hearers, as individual consumers, need to change from hearers of a sermon to hearers as disciples, who have Christopraxis in the community of Christ. Hearers, as disciples, need to be trained in holistic small groups as the framework of cultural linguistic preaching, so that they may listen faithfully to a sermon as the words of God. Furthermore, hearers’ faithful listening can lead to good preaching, so that the listening and preaching mutually edify each other. Thus, contemporary preachers need the integration of preaching and discipling for faithful listening to the words of God. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die preekbediening staan nie slegs in verband met die spreek van woorde nie, maar ook met die hoor daarvan, want gelowige prediking is afhanklik van ‘n gelowige gehoor, wat beteken die luister na die Woord asook na ‘n preek. Alhoewel gelowige luister baie belangrik is, blyk dit dat die veld van die hermeneutiek meer op ‘n spreek van woorde fokus as op ‘n studie van luister. Maar, deur die snelle ontwikkeling van die kommunikasie-tegnologie, verander vandag se luisteraars se manier van hoor soos nog nooit tevore nie. Dus, hededaagse predikers moet die gewysigde manier van luister, asook die gelowige luister na die bediening van die Woord, in ag neem. Die nuwe luister, of huidige mense se nuwe manier van kommunikeer, word veroorsaak deur die sekondêre oraliteit, of audiovisuele kultuur. Moderne mense, veral die jonger geslag, word eerder geraak deur die sekondêre oraliteitskultuur as deur die Gutenberg stelsel of die drukkerskultuur. Die meeste Koreaanse predikers behoort egter tot die drukkers-kultuur in soverre dit kommunikasie behels vanweë ‘n sinergie tussen die Koreaanse autoritêre konteks en die eienskappe van kognitiewe, voorskriftelike prediking. Daarenteen, hoort moderne luisteraars se patrone van denke en wyses van kommunikeer by die sekondêre oraliteitskultuur. Dus sukkel toehoorders om na ‘n preek te luister. Vandag se kerk, veral die Koreaanse Kerk, beleef ‘n krisis as gevolg van die probleem van die luister na ‘n preek. Nietemin, die sekondêre oraliteitskultuur kan aan predikers ‘n goeie geleentheid bied vir prediking, want daar is ‘n groter ooreenkoms met die gehoorkultuur van die vroeë Christen gemeenskap, as met dié in die Gutenberg era. Romeine 10:17 lees: “Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus,” maar baie predikers misken die belangrikheid van hierdie “hoor.” Gevolglik konsentreer predikers se lees van die Woord op self-gesentreerde inligting en ervaring. Predikers preek dus sonder om die Woord van God te hoor; daarom kan toehoorders soms nie die Woord van God in die prediking hoor nie. Om dié probleem op te los, moet die predikers se lees van ‘n teks beweeg na ‘n hermeneutiek van hoor, sodat hulle kan leer van die vroeë Christengemeenskap en die Hervorming. Verder, moet moderne hoorders, as individuele verbruikers, verander van luisteraars na ‘n preek, na hoorders as dissipels wat die Christen praktyk in die gemeenskap van Christus beoefen. Hoorders, as dissipels, moet in holistiese klein groepe opgelei word om as die raamwerk van kultureel-linguistiese prediking te dien, sodat hulle gelowig kan luister na ‘n preek, as God se woorde. Bowendien, hoorders se gelowige luister kan lei tot goeie prediking, sodat die luister en prediking mekaar opbou. Dus, vandag se predikers benodig die integrasie en ook navolging van prediking vir die gelowige luister na God se woorde.
3

Christian communication in Korea : a homiletical assessment

Lim, Chae-Bong 12 1900 (has links)
Thesis (MTh (Practical Theology and Missiology))--University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis is intended to assess Christian communication in the light of the conundrum of sermonic language originating from Korean pulpits. In Korea, preaching is valued highly: almost everyone is aware that preaching is a crucial issue in Christian communication. In the light of communicative preaching, a sermon is composed of three “languages,” namely the language of God, the preacher, and the congregation. The language of the sermon is an important locus of effective communication through preaching. In spite of this point, many Korean preachers preach their sermons regardless of what influence the sermonic language exercises on communicative preaching, without recognizing the change of the context of preaching. In this thesis, the contention is that we should reconsider the relevance of the sermonic language conveyed from the pulpit. It should be reiterated that revisiting and appropriating the language of the sermon is a corollary of its revival and renewal. In order to ensure the relevant usage of sermonic language, it is necessary that we scrutinize communication theories within the framework of homiletical reflection. In Chapter 2 some principles of communication with regard to preaching are outlined. The influence of communicative noise which takes place in the preaching process is illustrated. This chapter also highlights the importance of the relationship between communication and preacher, and between preacher and congregation. This analysis offers a compendium of relevant sermonic language in communicative preaching. The third chapter elaborates on three major causes that have evoked the noises which may affect the conveying of sermonic language: the preacher, the congregation, and the environment. Disclosing these causes of irrelevant sermonic language will help us explore and develop theories, models, and applications. Theologically, preachers should consider three major aspects in view of the language of the sermon when they prepare, deliver, and end their sermons: Christ, the Holy Spirit, and the Church. In Chapter 4 these three perspectives on sermonic language are studied and elucidated. Christology, pneumatology, and ecclesiology are cornerstones in the language of the sermon. In this chapter, it has been concluded that, for the language of the sermon to be aptly used, these theological approaches should be actively applied to the reality of preaching. In the fifth chapter I suggest several proposals for a more effective usage of sermonic language in the Korean church. In view of rampant irrelevant elements in Korean sermonic language, this chapter examines the importance and necessity of biblical role models for recovering the identity and the reality of sermonic language: prophets, Jesus Christ and Paul. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die bedoeling van hierdie tesis is om Christelike kommunikasie vanaf Koreaanse kansels te evalueer in die lig van die krisis waarin preektaal tans is. In Korea word prediking hoog aangeslaan: feitlik almal is bewus daarvan dat prediking 'n wesenlike onderdeel vorm van Christelike kommunikasie. Gesien as kommunikatiewe prediking, word „n preek saamgestel deur drie “tale”, naamlik die taal van God, die prediker en die gemeente. Die taal van die preek is 'n belangrike lokus van effektiewe kommunikasie tydens prediking. Desnieteenstaande lewer baie Koreaanse predikers hulle preke sonder om die invloed van taal op hulle preke in berekening te bring. In hierdie tesis is die uitgangspunt dat ons die relevansie van taal vir die prediking in heroorweging moet neem. Dit word benadruk dat 'n herwaardering van taal noodsaaklik is vir die vernuwing van prediking. Met die oog daarop word sekere kommunikatiewe teorieë binne die raamwerk van homiletiese refleksie ondersoek. In Hoofstuk 2 word sekere beginsels van kommunikasie met die oog op prediking bespreek. Die invloed van kommunikatiewe “geraas” tydens die preekproses word geïllustreer. Hierdie hoofstuk lig ook die belang van die relasie tussen kommunikasie en prediker, asook tussen prediker en gemeente uit. Hierdie analise bied 'n samestelling van voorbeelde van relevante preektaal in kommunikatiewe prediking. Die derde hoofstuk brei uit op drie primêre oorsake van geraas wat die taal van prediking mag beïnvloed: die prediker, die gemeente, en die konteks. Openbaarmaking van hierdie oorsake van irrelevante preektaal stel ons in staat om teorieë, modelle en toepassings te ondersoek en ontwikkel. Teologies gesproke behoort predikers drie primêre faktore in ag te neem met die oog op die voorbereiding en lewering van hulle preke: Christus, die Gees, en die Kerk. In Hoofstuk 4 word hierdie drie perspektiewe op preektaal aan die orde gestel. Christologie, pneumatologie, en ekklesiologie vorm hoekpilare van preektaal. In hierdie hoofstuk word die konklusie bereik dat daar 'n daadwerklike toepassing van hierdie beginsels in terme van preektaal noodsaaklik is vir Christelike kommunikasie in prediking. In die vyfde hoofstuk word 'n aantal voorstelle vir meer effektiewe gebruikmaking van taal in prediking in die Koreaanse Kerk gemaak. In die lig van sekere wangestaltes in Koreaanse preektaal, ondersoek hierdie hoofstuk die belang en noodsaaklikheid van Bybelse rolmodelle vir die herontdekking van die wese van preektaal: die profete, Jesus Christus en Paulus.
4

Employing sense-appealing images in sermons for the younger generation in South Korea

Seo, Yun 12 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: This research began because of a concern that most Korean churches are not applying sense-appealing images in sermons. Only a number of Korean churches make use of sense-appealing images in sermons and this context promotes many problems. The applying of the sense-appealing images in sermons would be able to remedy the problem that the Korean preachers have, as it could be a solution to using a method when preaching to the younger generation. Presently, many youth group leaders of preachers have a challenging experience because of the communication difficulty between them and the youths. The younger generation finds the sermons tedious and uninteresting because of the preacher‘s monotonous pattern and traditional format of the sermons. These traditional types of sermons cause various issues between the preachers and the younger generation. / AFRIKKANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing het begin uit die kommer dat meeste Koreaanse kerke nie beelde in preke ontplooi wat die sintuie aangryp nie. Slegs enkele Koreaanse kerke maak gebruik van sintuiglike-aanlokkende beelde in kerke en hierdie tipe konteks lei tot vele probleme. Die toepassing van sintuiglike-aanlokkende beelde in preke sal die probleem wat Koreaanse predikers het oplos, aangesien dit die oplossing kan wees met die oog op 'n metode om vir die jonger generasie te preek. Baie leiers van jeuggroepe of predikers beleef vandag die uitdagende ervaring vanweë die problematiese kommunikasie tussen hulle en die jeug. Die jonger generasie vind die preke vervelig en oninteressant as gevolg van die prediker se monotone aanbieding en die tradisionele formaat van die preke. Hierdie tradisionele tipe preke lei tot verskeie twispunte tussen die predikers en die jonger generasie.
5

Prophetic preaching within the Korean Presbyterian Church? A practical-theological investigation

Jeon, Dong-Hyun 12 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: This research begins from the concern of the Korean Presbyterian Church about the tension between affirming and rejecting attitudes toward the world. The tension between these two attitudes regarding the world is also evident in the homiletical situation. The affirming attitude secularizes the message of the gospel through “positive-thinking” and “possibility-thinking”. Contrary to this, the attitude of rejecting the secular minds makes moral instruction or societal reform the primary focus of the message. However, congregants who hear the message are not only in the church, but also live in a secular society. To Christians, a balanced perspective on the world is required in the sense of that to deny the world is to deny the grounds of their life, and to affirm the world is to lose their distinctive identity. In chapter 1, this research states the problems faced by the Korean Presbyterian Church. It is described in terms of the tension between keeping the church‟s distinctive identity and performing God‟s command. On the one hand, preachers must enter deeply into Korean culture in order to preach the gospel. On the other hand, the church must be distinguished from the surrounding culture to display its distinctive identity. Chapter 2 depicts contemporary people living in the world in terms of three notions: individualism, the pursuit of happiness, and consumerism. In chapter 3, this researcher describes the coming together of these characteristics and narrative preaching. In the development process of narrative preaching, the core motive is popularity. In the religious market, the main interest of the church has been popular satisfaction. Today‟s sermon has fallen into consumerism through being ruled by the notion of congregational preference. When people come to the church they want to hear the hopeful message from the pulpit. The pulpit has been moralized through ignoring congregations‟ needs, and secularized with a consumer ideology. Preachers should restore the eschatological perspective in order to overcome consumerism and deliver true hope to congregations. In chapter 4, the researcher portrays Christians as resident aliens on a journey through the world, and their gathering as a colony helping pilgrims to complete their journey. This world is not home to Christians who are living as resident aliens. Christians are those who are journeying toward the Promised Land. Their gathering as a colony has covenantal, communal, and alternative characteristics. To Christians as resident aliens living in this world, hope is to proclaim that God is ruling this world and Jesus will come again with the Promised Land. Therefore, in chapter 5, the researcher suggests to the Korean Presbyterian preachers that prophetic preaching is the best way to deal with the tension between “the already and not yet” of the kingdom of God. Prophetic preaching has simultaneously both prophetic and pastoral functions. Preachers cannot be prophetic without fulfilling their pastoral function, and vice versa. Because of this, the prophetic voice is the language of hope, and also the language of compassion. Prophetic preachers offer hope to people in despair, and change the apathetic world through the language of compassion. Therefore, prophetic preaching delivers hope in a paradoxical situation, deals with ethical issues from an eschatological perspective, and heals the church from amnesia through repeatedly and continuously speaking about the covenant and the shared memory and story of the faith community. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing begin met die besorgdheid van die Koreaanse Presbiteriaanse Kerk rakende die spanning tussen die houdings van bevestiging en verwerping jeens die wêreld. Die spanning tussen hierdie twee verskillende houdings teenoor die wêreld is ook sigbaar binne die homiletiese situasie. Die bevestigende houding sekulariseer die boodskap van die Evangelie deur te fokus op “positiewe denke” en “moontlikheidsdenke”. Hierteenoor maak die houding wat sekulêre idees verwerp, morele onderrig of maatskaplike hervorming die primêre fokus van die boodskap. Gemeentelede wat die boodskap aanhoor is egter nie net in die kerk, maar ook deel van die sekulêre samelewing. Christene benodig ʼn gebalanseerde perspektief op die wêreld in die opsig dat die ontkenning van die wêreld, die ontkenning van die rede vir hul bestaan is, en die bevestigende houding jeens die wêreld die verloor van hul eiesoortige identiteit veronderstel. In hoofstuk 1 word die probleme wat die Koreaanse Presbiteriaanse Kerk in die gesig staar bespreek. Dit word beskryf in terme van die spanning tussen die behoud van die kerk se eiesoortige identiteit en die uitvoer van God se opdrag. Aan die een kant moet predikers diep in die Koreaanse kultuur indring om die evangelie te verkondig. Aan die ander kant moet die kerk van die omringende kultuur onderskei word ten einde sy eiesoortige identiteit te vertoon. Hoofstuk 2 stel kontemporêre mense wat in die wêreld leef in terme van deur drie fases voor: individualisme, die nastrewing van geluk, en verbruikersgesindheid. In hoofstuk 3 beskryf die navorser die verband tussen hierdie eienskappe en narratiewe prediking. In die ontwikkelingsproses van narratiewe prediking is gewildheid die kern-motief. Vanuit ʼn godsdienstige perspektief was populêre tevredenheid vir die kerk van wesenlike belang. Vandag neig prediking tot ʼn verbruikersgesindheid wat deur die idee van gemeentelike voorkeur oorheers word. Wanneer mense kerk toe kom wil hulle die boodskap van hoop vanaf die kansel hoor. Prediking word egter ʼn morele les, en met ʼn verbruikersideologie gesekulariseer omdat gemeentes se behoeftes geïgnoreer word. Predikers moet die eskatologiese perspektief herstel ten einde die verbruikersgesindheid te oorkom en ware hoop aan gemeentes te verkondig. In hoofstuk 4 word Christene as vreemdelinge op reis deur die wêreld beskryf, en hul samekoms as ʼn kolonie wat pelgrims help om hul reis te voltooi. Hierdie wêreld is nie Christene, wat as vreemdelinge woon, se huis nie. Christene is mense wat op reis is na die Beloofde Land. Hulle vergader as ʼn kommunale en alternatiewe kolonie wat binne ʼn verbond bestaan. Vir Christene, wat as vreemdelinge in die wêreld leef, is hoop die verkondinging van God se heerskappy in die wêreld, en Jesus se wederkoms met die Beloofde Land. Derhalwe het die navorser in hoofstuk 5 voorgestel dat Koreaans Presbiteriaanse predikers op profetiese prediking moet fokus om die spanning tussen “die alreeds en die nog nie” van die koninkryk van God te hanteer. Profetiese prediking het gelyktydig beide profetiese en pastorale funksies. Predikers kan nie profetiese wees sonder om „n pastorale rol te vervul nie, en omgekeerd. As gevolg hiervan is die profetiese stem die taal van hoop en medelye. Profetiese predikers bied hoop aan mense in wanhoop, en verander die apatiese wêreld deur die taal van medelye. Profetiese prediking bring daarom hoop in ʼn paradoksale situasie, fokus op etiese kwessies vanuit ʼn eskatologiese perspektief, en genees die kerk van geheueverlies deur herhaaldelik en aanhoudend die verbond, en die gedeelde herinneringe en storie van die geloofsgemeenskap te beklemtoon.
6

Authority in Korean Presbyterian preaching : a practical theological investigation

Kim, Dong-Choul 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Korean society has experienced more severe changes in the last 50 years than in the last 500 years. The pulpit has also faced the challenges created by the socio-cultural revolution following the collapse of Korean traditional values, while authoritative and hierarchical cultures are rapidly changing as a result of westernization and political transformation. This situation has led to an acute crisis in the relationship between the hearer and the preacher in Korean services, where the Korean Presbyterian preachers still pursue an authoritarian style of preaching based on hierarchical, logical or proposition-centred preaching and argumentcentred preaching. Since the 1990s Korean Presbyterian homileticians have accepted narrative preaching as an alternative to the traditional manner. However, this narrative preaching aggravates the problematic relationship - extending the gap, falling into theological relationalism, and neglecting the identity of Jesus Christ - between the preacher and the hearer. The preaching should propose the face-to-face relationship, a participatory role in the preaching process, and interactive persuasion. In order to overcome both authoritarianism and subjectivism in the authority of preaching, this research studies the theology and homiletics of three homileticians, namely Rose, McClure and Campbell, who propose the functional community as an alternative, suggesting face-to-face relationships, fostering the congregation to participate in the whole process of preaching, and support to interpret the truth being the task of the whole community. Afterward, preaching is defined to explore the blending of the four elements (God, Bible, preacher and audience) to create a living voice, so that the four elements of preaching are reassessed and re-interpreted in terms of the “Spirit-guided community authority” in the Korean Presbyterian homiletics. Hence, Korean Presbyterian preaching, lastly, needs to consider the purpose of the preaching as “building up the functional community” homiletically, applying the doctrine of the priesthood of all believers into homiletics theologically, turning from rhetoric to theo-rhetoric, and exercising the way of power that Jesus Christ practised. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Koreaanse samelewing het in die afgelope 50 jaar deur meer drastiese veranderinge gegaan as in die afgelope 500 jaar. Die preekstoel is ook uitgedaag deur die sosio-kulturele revolusie wat deur die ineenstorting van Koreaanse tradisionele waardes veroorsaak is, terwyl outoritêre en hiërargiese kulture vinnig verander vanwëe verwestering en politieke transformasie. Hierdie omstandighede het ‘n ernstige krisis veroorsaak in die verhouding tussen die luisteraar en die prediker in Koreaanse dienste, waar predikers steeds ‘n outoritêre preekstyl handhaaf wat op ‘n hiërargiese, logiese of proposisie-gesentreerde prediking gebaseer word en argument-gesentreerde prediking. In hierdie sin het Koreaanse homiletici narratiewe prediking sedert die 1990s aanvaar as ‘n alternatief tot die tradisionele manier. Dit vererger egter die problematiese verhouding – verleng die gaping, verval in teologiese relasionalisme en verwaarloos die identiteit van Jesus Christus – tussen die prediker en die luisteraar. Die prediking behoort ‘n aangesig-totaangesig verhouding, ‘n deelnemende rol in die predikingsproses en interaktiewe oorreding voor te stel. Om beide outoritarisme en subjektivisme in die outoriteit van prediking te oorkom, bestudeer hierdie navorsing die teologie en homilitiek van drie homiletici, naamlik Rose, McClure en Campbell,wat die outoriteit op die funksionele gemeenskap as ‘n alternatief plaas. Hulle stel voor aangesig-tot-aangesig verhoudings, die bevordering van die gemeenskap om in die hele proses van prediking deel te neem, en ondersteuning om die waarheid te interpreteer as die taak van die hele gemeenskap. Hierna word prediking gedefinieer deur die vermenging van die vier elemente (God, Bybel, prediker en gehoor) te ondersoek om ‘n lewende stem te skep, sodat die vier elemente van prediking herbesin en herinterpreteer word in terme van die “Gees-geleide gemeenskapsoutoriteit” in Koreaanse homiletiek. Dus behoort Koreaanse prediking laastens die doel van die prediking homileties te heroorweeg as die “opbou van die funksionele gemeenskap”, die leer van die priesterdom van alle gelowiges teologies toegepas in homiletiek, van retoriek te verander na teo-retoriek en
7

The divine presence in preaching : a homiletical analysis of contemporary Korean sermons

Lee, Seung-Jin 12 1900 (has links)
Thesis (DTh)--Stellenbosch University, 2002 / ENGLISH ABSTRACT: The presence of God in preaching is one of the most important Reformed homiletical themes. However, contemporary homiletics and preaching ministry do not pay due attention to this theme. More specifically speaking, contemporary Korean preaching also asks for a more comprehensive homiletical foundation for the homiletically appropriate witness of the divine presence in preaching. Based upon Dingeman's practical theological methodology, this study thus aims to describe and examine the practical realities of the witness of the divine presence in contemporary Korean preaching, and to make further some comprehensive normative and strategic suggestions on this homiletical theme. In chapter 1, in order to prepare to analyze and explain the practical reality of the witness of the divine presence in Korean preaching, we constructed an appropriate sermon analysis frame that consists of the following three components: analysis norms (God, the preacher, the Scriptures, and the audience), analysis targets (the five representative Korean preachers and their sermons - Yune-Sun Park, Yong-Gi Cho, Sun-Hee Kwak, Han-Hum Oak, and Dong-Won Lee), and analysis variables (the religio-sociological background of the Korean corporate personality in relation to the four indigenous Korean religions - Shamanism, Taoism, Buddhism, and Neo-Confucianism). Based upon this analytical frame, from chapter two till six, this study analyzed in detail five sermons of representative Korean preachers with the guidance of the analytical questions: Yune-Sun Park (ch. 2), Yong-Gi Cho (ch. 3), Sun-Hee Kwak (ch. 4), Han-Hum Oak (ch. 5), and Dong-Won Lee (ch. 6), and observed several homiletical aspects of the witness of the divine presence in contemporary Korean preaching. Through this detailed analysis of the five representative Korean preachers' sermons, we noted the fact that God-images implemented by the preacher cannot help being confined by the specific pastoral interests or theological emphasis that the preacher has in mind, as raised from the existential experience of the preacher, the theological emphasis, or pastoral context. However, without an appropriate consideration of the four components of preaching, the witness of the divine presence cannot achieve the desirable sermonic results. With this homiletical necessity in mind, we discussed the normative foundation of the witness of the divine presence in relation to the four components of preaching: God (ch. 8), the Scriptures (ch. 9), the preacher (ch. 10), and the audience (ch. 11). After establishing a normative understanding of how each component is to be involved in the witness of the divine presence, we have also made several strategic suggestions in relation to Korean preaching. In chapter 8, based upon the pneumatological dimension of preaching, we confirmed that the witness of the divine presence should be rendered in a linguistic and ecclesial frame, and suggested that God-images should be used based upon Christian narrative that brings about a linguistic and ecclesial collision between the identity narrative of the Christian community and the individual's narrative in preaching. In chapter 9, in connection with the question of how the voice of the Bible can be involved in the witness of the divine presence, we discussed the sacramental character of the Bible to mediate the divine presence to the Christian reader, and suggested that the reading of the Bible should make the transformative encounter with God happen to the reader. In chapter 10, we examined the question of how the voice of the preacher can be harmoniously involved in the witness of the divine presence, and paid attention to the three factors which the preacher is aware of in preaching: God (spirituality), the audience (integrity), and self (subjectivity and conviction). In chapter 11, we tackled the question of how the audience can be involved in the witness of the divine presence. Here we firstly defined the audience in relation to the other three components of preaching: in relation to God (theological, pneumatological, and eschatological being), to the Bible (hermeneutical being), and the preacher (communicative being). In addition to these definitions, we also defined the audience according to the reception axis of the Word: as an individual being (human heart and paradigmatic imagination), ecclesial and communal being (the divine presence through the pastoral ministry), and as one who is engaged in the world (socio-political responsibility to reflect the divine presence to the world). Based upon these definitions, we further suggested an appropriate communicative strategy for the witness of the divine presence, which consists of the image of God who is present in suffering, the communicative frame of the poor in spirit, and the four linguistic dimensions of confessional, evocative, hermeneutic, and imaginative witness. Through these normative and strategic suggestions, we confirmed and suggested that the witness of the divine presence should involve comprehensively all four components of preaching: God, the Scripture, the preacher, and the audience so as to sound like a sermonic symphony in which all four voices harmoniously take part in the witness of the divine presence, while retaining their own homiletical value. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die teenwoordigheid van God in die prediking is 'n belangrike Refonnatoriese tema. Hedendaagse homiletiek skenk egter nie genoeg aandag daaraan nie. Veral eietydse Koreaanse prediking kort 'n meer omvangryke homiletiese basis vir hierdie aangeleentheid. Hierdie studie is gebaseer op Dingeman se praktiese teologiese metodologie en dit beoog om die praktiese realiteite van die prediking van die goddelike teenwoordigheid in Koreaanse prediking te ondersoek en te beskryf en om verdere omvattende nonnatiewe en strategiese voorstelle ten opsigte van hierdie homiletiese tema te maak. In hoofstuk 1 ontwerp ons 'n toepaslike raamwerk vir preekanalise wat bestaan uit die volgende drie komponente: nonne vir analise (God, die prediker, die Skrif en die gehoor); teikens vir analise (vyf verteenwoordigende Koreaanse predikers en hulle preke - Yune-Sun Park, Yong-Gi Cho, Sun-Hee Kwak, Han-Hum Oak en Dong-Won Lee); en die analitiese veranderlikes (die godsdienstig-sosiologiese agtergrond van die Koreaanse samelewing met betrekking tot die vier inheemse Koreaanse godsdienste (Shamanisme, Taoisme, Buddhisme en Neo-Confucianisme). Gebaseer op hierdie analitiese raamwerk, analiseer hierdie studie vanaf Hoofstuk 2 tot 6 in besonderhede vyf preke van verteenwoordigende predikers na gelang van bepaalde analitiese vrae: Yune-Sun Park (Hf. 2), Yong-Gi Cho (Hf. 3), Sun-Hee Kwak (Hf. 4), Han-Hum Oak (Hf. 5) en Dong-Won Lee (Hf. 6), en let ons op sekere homiletiese aspekte van die getuienis van die goddelike teenwoordigheid in Koreaanse prediking. Deur middel van hierdie gedetaileerde analise merk ons dat die voorstellings van God soos getuig deur hierdie predikers beinvloed word deur spesifieke pastorale belange en teologiese beklemtoninge van die prediker self of deur die pastorale konteks. In die daaropvolgende hoofstukke bespreek ons die nonnatiewe onderbou vir die getuienis van die goddelike teenwoordigheid: God (Hf. 8), die Skrif (Hf. 9), die prediker (Hf. 10), en die gehoor (Hf. 11). Nadat die rol van elkeen van hierdie komponente bespreek is, maak ons strategiese voorstelle i.v.m Koreaanse prediking. In Hf. 8, gebaseer op die pneumatologiese dimensie van prediking, bevestig ons dat die getuienis van die goddelike teenwoordigheid plaasvind in 'n linguistiese en ekklesiologiese raamwerk, en suggereer ons dat voorstellings van God voortspruit uit die Christelike narratief. In Hf. 9 bespreek ons hoe die stem van die Bybel betrokke kan wees in die getuienis van die goddelike teenwoordigheid, Ons wys veral op die sakramentele karakter van die Bybel as bemiddelaar tussen die goddelike teenwoordigheid en die Christelike leser. In Hf. 10 gaan ons in op die vraag hoe die stem van die prediker betrokke kan wees in die getuienis van die goddelike teenwoordigheid en gee ons aandag aan drie aspekte waarvan die prediker bewus moet wees: die relasie tot God (spiritualiteit), die gehoor (integriteit), en die self (subjektiwiteit en oortuiging). In Hf. 11 bespreek ons die vraag hoe die gehoor (gemeente) betrokke kan wees in die getuienis van die goddelike aanwesigheid. Eers beskou ons die gehoor in sy betrokkenheid by die ander drie komponente: sy verhouding tot God (teologiese, pneumatologiese en eskatologiese wese), tot die Bybel (hermeneutiese komponent) en tot die prediker (kommunikatiewe komponent). Ter aanvulling van hierdie beskouinge definieer ons die gehoor as die ontvanger van die Woord, en weI as: 'n individuele wese (mens like hart en paradigmatiese verbeelding), kerklike en gemeentelike wese (die goddelike teenwoordigheid d.m.v. die pastorale bediening), en as mense wat betrokke is by die wereld (wat sosio-politieke verantwoordelikheid het om die goddelike teenwoordigheid in die wereld weer te gee). Gebaseer op hierdie definisies het ons 'n toepaslike kommunikatiewe strategie vir die getuienis van die goddelike teenwoordigheid voorgestel, bestaande uit 'n voorstelling van God wat teenwoordig is by lyding, die kommunikatiewe raamwerk van die armes in gees, en die vier linguistiese dimensies van die belydende, evokatiewe, hermeneutiese en verbeeldingryke getuienis. Met hierdie normatiewe en strategiese voorstelle bevestig ons dat die getuienis van die goddelike teenwoordigheid al vier die komponente van prediking behoort in te sluit: God, die Skrif, die prediker en die gehoor, ten einde 'n homiletiese simfonie te orkestreer.

Page generated in 0.0817 seconds