• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

The interplay between shame and religious pathology in Korean culture : a pastoral and anthropological assessment within the Korean Presbyterian Church

Jung, Yeun Chul 12 1900 (has links)
Thesis (DTh)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The difficulties attending our understanding of the experience of shame are widely recognized. This work is concerned with the interplay between the experience of shame and religious pathology in Korean culture, especially regarding theological anthropology. Religious pathology implies the sick or distorted faith when people’s belief system or contents, particularly inappropriate God-images and negative self-identity, becomes negatively influenced due to painful experiences of shame. It was hypothesis that the phenomenon of shame in Korean culture needs to be understood in terms of multidimensional perspectives including psychological, sociological, socio-cultural and a theological perspective as well. It was argued that parishioners’ biased understanding of, and response to the experience of shame, is associated with inappropriate God-images and negative selfidentity which hamper spiritual maturity and spiritual growth. The empirical research reported in chapter 5 shows that the parishioners’ experience of shame is associated with disharmony between values and expectations in a specific community. This phenomenon has a huge impact on position (habitus; attitude; aptitude) within cultural contexts. The study proposes the use of a pneumatological model of understanding of God, based on Louw’s four-stage counselling model, in order to respond constructively to an existential problem such as shame within the Korean Presbyterian Church. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die ingewikkeldhede verbonde aan ons verstaan van die belewing van skaamte word wyd erken. Hierdie werk is gemoeid met die wisselwerking tussen die belewing van skaamte en godsdienspatologie binne die Koreaanse kultuur, veral met betrekking tot fn teologiese antropologie. Godsdienspatologie impliseer die siek of verwronge geloof wanneer mense se oortuigingsisteem of -inhoude, in die besonder onvanpaste Godsbeelde en negatiewe selfidentiteit, destruktief beinvloed word as gevolg van 'n pynlike en lydingsvolle belewing van skaamte. Daar is gehipotetiseer dat die verskynsel van skande in die Koreaanse kultuur verstaan moet word in terme van multidimensionele benaderings, te wete sielkundige, sosiologiese, sosio-kulturele en teologiese perspektiewe. Daar is geargumenteer dat lidmate se eensydige verstaan van en reaksie op die belewing van skande geassosieer is met onvanpaste Godsbeelde en negatiewe selfidentiteit wat geestelike volwassenheid en spirituele groei belemmer. Die empiriese navorsing waaroor in hoofstuk 5 verslag gedoen is, toon aan dat die lidmate se belewing van skaamte verband hou met diskrepansie tussen waardes en verwagtinge in 'n spesifieke gemeenskap. In die verband speel die kultureel-religeuse agtergrond van Korea 'n deurslaggewende rol. Hierdie verskynsel het fn fundamentele impak op mense se posisie (habitus; hauding; wees-funtsie) binne kulturele kontekste. Die studie stel die gebruik van 'n pneumatologiese model, gebaseer op die vierfase beradingsmodel van Louw, vir die verstaan van God voor om konstruktief te reageer op die eksistensiele probleem van skaamte binne die Koreaans-Presbiteraanse Kerk.

Page generated in 0.0704 seconds